Ouma verjaag rower met pepersproei

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Ouma van Welkom in die Vrystaat het haarself en haar kleinseun se lewens gered toe sy Vrydag in die vroeë oggendure ʼn gewapende man met pepersproei verjaag het.

Sers. Mamello Mokhuoane, polisiewoordvoerder, het gesê die ouma, Sankwela Ratje (55), was omstreeks 02:00 aan die slaap in haar huis in Newstands in Thabong toe sy wakker geword het van haar kleinseun wat skree.

“Haar kleinseun het in een van die ander kamers geslaap en ʼn onbekende man in die huis sien loop. Die man het ʼn vuurwapen by hom gehad,” het Mokhuoane gesê.

“Die vrou het opgestaan om ondersoek in te stel en die man in die gang sien loop. Sy het pepersproei gebruik en aanhoudend in die verdagte se rigting gespuit, totdat hy in die kombuis in gehardloop het. Hy het na bewering een skoot afgevuur voordat gevlug het.”

Ratjie het die Thabong-polisie ontbied en die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johannes van Staden ·

Hoe pepperspray in jou kamer kombuis en kar …kan regtig help as die nood druk

Christa ·

Gee daai Ouma ‘n Bells. Hulle moenie meer ons vrouens so voetstoots probeer aanvat nie!!

dnl ·

En as dieselfde op n plaas gebeur het was dit ‘n poging tot roof

jaco ·

Val hulle dan hulle rasgenote ook aan? Dis regtig ‘n skande.

Kaster ·

Almal Kan n les by die ouma leer. Ons moet almal wapens vir selfbeskerm kry soos pepperspry

LMF ·

Trots op ouma ek het net pepper sproei in my kar want ry nogal gevaarlike pad werk toe en terug om marabastad en sal defnitief nog moet kry en paar plekke in huis moet neersit dit kan handig gepas kom in noodgeval

Sê maar net. ·

Jare terug het Nicky van der Berg ‘n onderhoud met iemand gevoer en die persoon het toe gesê ons kan enige blikkie airesol of zeb op strategesiese plekke in ons huise aanhou en dit gebruik wanneer ons dit nodig het. Onthou om net na die gesig te spuit.
?

Jan S ·

Pepersproei werk goed, en dis goedkoop genoeg dat mens ‘n blikkie in die kar en die huis kan hou. As jy kan, lees bietjie op oor hoe om dit te gebruik en koop ‘n ekstra blikkie om mee te oefen.

Cindy ·

Almal sê hou pepersproei in die kar, nie so goeie idee nie. Het julle al gesien wat gebeur as die kar warm is binne en die pepersproei is in die paneelkissie? Ek het. Die blikkie het ontplof en die paneelkissie se deurtjie afgeruk. My sussie hulle kon amper nie asem kry toe hulle paar uur later met die kar moes ry nie. Probeer eerder om altyd die pepersproei by jou te hou, en as jy iewers heen ry, vat dit saam, moet dit nie in ‘n warm voertuig los nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.