Oupa doodgeskiet, 3-jarige sien hoe ouma gemartel word

Peet Swanepoel. (Foto: Facebook)

Drie gewapende rowers het glo gedreig om ʼn driejarige seuntjie in ʼn warm oond te druk om sy ouma, Annelize Swanepoel (52), te dwing om vir hulle kontant te gee.

Die rowers het Swanepoel en haar kleinseun, Franco, Woensdagoggend vroeg in hul huis in Del Judor in Emalahleni (Witbank) ingewag. Swanepoel het haar kleinseun vroegdag oudergewoonte by sy ma gaan oplaai, voordat die twee terug is huis toe. Sy ouma neem Franco dan later skool toe, het PC Swanepoel (23), Franco se pa, gesê.

Voor hulle tuiskoms het die rowers egter reeds toegeslaan en die huis begin plunder. Hulle het onder meer wapens uit die kluis gebuit en Annelize met ʼn dubbelloophaelgeweer in die gesig geslaan in hul soeke na kontant. Haar neus is gebreek en een van haar wangbene gekraak. Sy is ook gewurg en vasgebind, het PC gesê.

Volgens hom het die aanvallers bly vra na ʼn kluis wat glo in die huis se dak versteek is, maar dié bestaan nie. Daar was ook nie kontant in die huis nie.

Annelize se man, Peet (51), het intussen toevallig by die huis aangekom en hom in die rooftog vasgeloop. Die rowers het in dié tyd Annelize se Suzuki Swift in die oprit laat luier terwyl hulle begin het om hul buit daarin te laai. Peet het onraad vermoed toe hy buite om die huis gestap het. Hy is egter met die haelgeweer doodgeskiet voordat hy nog enigsins ʼn kans gehad het om te reageer.

“My pa is ʼn held. Dit is ʼn moeilike ding om te sê, maar hy was moontlik die engel gewees wat hulle gered het,” het PC gesê.

Volgens sers. David Ratau, polisiewoordvoerder, is ses wapens en twee televisiestelle by die gesin gebuit. ʼn Veiligheidsmaatskappy het die Suzuki-voertuig ʼn ent van die huis verlate aangetref. Daar was geen spoor van die aanvallers nie en hulle is steeds op vrye voet, het Ratau gesê.

Die Swanepoel-gesin: van links is Peet, Lené, Annelize en agter is PC en sy seuntjie, Franco (3). (Foto: Facebook)

PC, wat in ʼn woonstel op dieselfde perseel as sy ouers woon, het gesê die motor het sonder brandstof gaan staan. Sy suster, Lené (19), ʼn onderwysstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, het gister inderhaas huis toe gekom nadat sy oor die voorval ingelig is. Hulle waak sedertdien by hul ma in die hospitaal.

Annelize is intussen na die Emalahleni- private hospitaal (EPH) oorgeplaas. Sy is in ʼn bestendige toestand en moet onder meer rekonstruktiewe chirurgie aan haar gesig ondergaan, het PC gesê.

Rona Hearne, ʼn vriendin van die gesin, het gesê die gemeenskap het reeds hul harte oopgemaak en ingespring om die Swanepoels by te staan. Hearne help met fondsinsamelings vir onder meer Annelize se mediese onkoste. Sy het nie ʼn mediese fonds nie.

PC het gesê dit is danksy dié bydraes van die gemeenskap dat sy ma na die EPH oorgeplaas kon word.

‘n Verassingsdiens gaan later vir Peet gehou word. Dit gaan waarskynlik eers gebeur wanneer Annelize voldoende herstel het.

Volgens PC is klein Franco diep getraumatiseerd, maar fisiek ongedeerd. Hy sal vir traumaberading geneem word, maar is in dié stadium rustig en hou aan babbel oor die gebeure.

PC het gesê hulle is ook uiters dankbaar vir die gemeenskap wat hulle in dié tyd wonderlik ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

Johann M van Heerden ·

Janee. Ons praat en praat net. Iets gaan iewers breek en dan is dit ‘n groot gemors.

Moeggeswil ·

Die kommuniste het toe oorgevat en eier in gesig in die jasteppers wat te dom was om dit te sien kom.

pieter ·

As dit my gesin was het ek nie geslaap totdat ek elkeen van hulle gedood het nie, ek sal hulle jag en slag tot in die einde van dae.

Nic ·

Ek stem saam. Ek sal elkeen van hulle met soveel pyn en lyding moontlik die ewigheid inhelp.

Willehond ·

Ons moet nie wag tot ons eie gesinne dit oorkom nie! Ons wat die opleiding het moet pro-aktief begin optree.

Pottie ·

Ons blankes het maar net nie ore nie ek kry skaam om te se ek is blank ons is slap g…t en klaar

Pottie ·

Pieta ons kan nou maar net nie saam staan nie hierdie anc land is besig om met ons blankes te mors in alle op sigte

phillip van dyk ·

Hoe moet ons stilbly. Hoe mag ons nie haat nie. 25 jaar roep ons na God. Al wat ek weet is dat Hy sal ons dra as ons iets doen. Ek weet wragtig nie wat maar iewers moet ‘n behoorlike leier opstaan. Wat ons blankes kan unite sodat ons as een stem kan prat maar lyk my genoeg bloed het nog nie gevloei nie elkeen dink dit is random. Sla nie met my gebeur nie. Ons is ok. Word wakker ons is nie staat gaan pensioene vat dan grond dan alles. Word wakker

Anel ·

Baie erg en hartseer. Ek sou sê die regering moet die mediese kostes van die privaat hospitaal betaal. As dit nie vir die slap houding van die anc was nie sou die ouma nie al die kostes gehad het nie. Dagvaar die regering. Ek sou ook sê dat waar mense beseer word agv misdaad moet die mediese kostes in privaat hospitale, nie staat nie, deur regering of te wel anc gedra word.

GR ·

Watter regering??? ek verstaan wat jy vra maar ons het nie ‘n regering nie! die saak word ondersoek soos honderde ander sake wat sogenaamd ondersoek word deur mense wat nie weet wat die woord ondersoek beteken nie

Susan ·

Armed robbers said the exact same thing to my brother and his family back in 2007 – that they would put their 6 month old baby in the oven if they did not co-operate. They have been happily living in Perth, Australia since 2009….

aj ·

Dis nou oorlog!

Bewapen en verdedig jou SELF!

Niemand anders gaan jou beskerm nie.

Die ANC regering is jou enigste vyand!

Tanya ·

Ons raak nou moeg vir die stoorie wat gaan julle doen genoeg is genoeg

Pottie ·

Ons gaan wakker skrik die dag as dit te laat is soos gewoonlik ek is net bly die bybel se nie vir my wie is my naaste nie ons moet al die krane toe draai mense

Cherokee ·

Ek is lankal moeg vir die uitdrukking ‘genoeg is genoeg’ want selfs die eerste keer was een te veel.

minx ·

Ek sit hier en huil voor die skerm!
Mag die Liewe Vader jul gesin gesond maak en jul seer minder maak.
Mag Klein Franco ‘n goeie vreedsame lewe leef met min of geen letsels van hierdie gebeure.
Ek bid steeds dat Suid -Afrika gesond raak,terwille van almal wat moet ly,terwille van my 3 jarige wat ek so styf vashou en nie wil laat gaan nie.

Danie Theron ·

Baie sterkte aan familie. Mag die SAP die skurke vang en summier doodskiet.

Johanna Botha ·

Die land het baie siek mense honger gelaat deur die anc wat alles opgemors en opgevreet het …nou is daar niks vir niemand ….die nuwe rooskleurige SA waarna almal so uitgesien het !

Karolis ·

Ek bid eerder dat D-dag aankom sodat die kaf van die koring geskei kan word.

Boer ·

Ek stem met jou saam. Al meer as n jaar besig om my en my gesin daarvoor voor te berei.

Bert ·

Kan ons nou maar soos die taxi drywers Pretoria of Witbank leegroof en aan die brand steek?

Hanlie ·

Innige simpatie aan die familie. En nou moet arme klein Franco nog sonder ‘n Oupa ook groot word en Annelize die dood van haar man verwerk. Baie sterkte aan julle. As ek hulle in die hande moet kry, sit ek verseker agter tralies.

Josua Keys ·

Christel, ek sien julle het my kommentaar verwyder maar dit is hoe ek voel ek is nie rassisties nie net verskriklik teleur gestel omdat mense op die manier hul lewens verloor en die families wat agter bly moet sukkel die regering voel n veer en julle is die enigste platvorm wat nog help om die tipe nuus aan die publiek te verskaf anders hoor jy nooit hiervan nie, ek het ook familie lede wat vermoor, verkrag, beroof ens was en dit is waarom ek so opgewerk was, ek voel regtig jammer vir die mense en kan my nie indink wat hulle tans moet deurgaan nie maar genoeg is genoeg, en net soos die ANC en EFF ander media vorms gebruik om hul standpunte deurgaan te gee kan julle ook as die medie bly die wang draai vir die waarheid gaan die moorde nooit einde kry nie. Sterkte aan die Familie ons dink en bid vir julle.

Ig ·

Ek bly maar ook eerder stil voor ek in die moeilikheid Kim oor wat ek uiter. Iemand moet sy voet neersit maar ek wonder wie, ons regering doen absoluut niks????

Rooivlag ·

Vertel almal in die buiteland, wys hulle wat hier aangaan en raai alle toeriste af wat hier wil kom vakansie hou. Die tyd het aangebreek om iets te begin doen !

Elna ·

Ek stem saam jou. Ongelukkig voel die regering vir ons niks nie en oorsee se lande kryt ons uit as leuenaars daarom staar hulle blind teen wat ons vir hulle wys. Hulle dink dis ” gestage” so ons hoop moet wees in iemamd wat ons volk kan lei bv iemamd soos adv Gerrie Nel. Hy moet hierdie land se president word.

hercu ·

die eens mooi en vreedsame SA is in chaos en sy agbare Cyril sê of doen net mooi niks nie

die DA rep geen woord nie! dalk kop in een mus?

sterkte aan hierdie gesin!

JohanR ·

Hello Cyril. Sal jy hierdie mense gaan besoek waaneer jy land van Japan af?

Liezl ·

JohanR, nou hoekom sal hy nou dit wil doen. Hy gee nie om wat met ons mense gebeur nie. Solank hy en sy familie veilig is, is dit mos reg. Ek soek hom nie naby my nie.

Andrea ·

Verskoon my vraag, ek weet bittermin van die reg af… Kan Afriforum bv nie n saak teen die regering maak oor al die moorde nie? En dan eis dat die slagoffers vergoed word vir mediese onkostes, verlies aan inkomste, ens? Is dit onmoontlik?
Ek voel die regering moet op n manier pa-staan vir al die trauma en verlies.

Sybie ·

Daai dae wat gewere in die kluis gebere word is verby, jy dra dit by jou om jouself te verdedig.

Gert ·

Mag en byvoeg, dat die gesukkel en wettiese pogings om ‘n wapen ook lankal verstryk het. Die regering het oorlog verklaar teen sekere burgers van SA. Verdedig julself, of wag tot die terroriste jou uitvat. Kies jou opsie.

Haan ·

Jy is reg Sybie. Tog is daar baie mense wat jou kommentaar gaan lees en doodluiters sal voortgaan sonder om hul weerbaarheid te heroorweeg. Ons as mans moet aanspreeklik gehou word vir ons laksheid as dit kom by paraat wees. Om hemels naam dit IS NIE MEER Verwoerd se SA nie. Dra jou wapen en kry opleiding

Attie ·

Regeringondersteunde misdaad…maar as jy dit sê, dan word jy gesensor.

Pottie ·

Stem attie soos maroelamedai hulle sit net die komentaar op as hulle lus het praat jy te veel dan plaas hulle dit glad nie gaan hulle van my foon af haal klink vir my na n klug spil

Oujongvrou ·

Wiele is rond, en wat bo is moet weer afkom. Maar draai sal hy draai. En ek glo werklik God gaan ons help, sy kinders word deur heidene vermoor en gemartel. Hy was almagtig is sal hulle plat met die aarde vee.

Wonder ·

Ek wonder nou of die gesin n huishulp het of het hul deurmekaar geraak met n ander huis wat n kluis in die dak het? So jammer vir die gesin se verlies en hartseer

DA BO ·

Ek bid deesdae net vir verlossing uit hierdie land uit. Ek het nie geld nie, is oud maar ek glo as ek mooi genoeg vra sal God my na n ander veilige plek neem. Iewers waar ek nog buite kan loop, in die strate kan wees, en geen vrees meer te he nie.

JD ·

Ai waneer gaan dit tog end kry , ek het ń gevoel hierdie is maar net die begin van meer gemors wat kom , baie sterkte vir die familie .

Strandloper ·

Wens soms ons was Duitsland…..Sterkte aan die familie.

Piet Pompies ·

Al 19 jaar in die VSA. Die skrif was daai tyd al aan die muur. Het pad gegee toe ek die kans gehad het. My hart bloei vir die mense wat so iets deurgaan. Ek voel vir die afrikaner geskiedenis en alles wat ons gebou het van 1652, maar pad gee moes ek.

wet ·

Ek weet nie. Ek voel jammer vir die ou mense en mense wat soos ek voel. Meerderheid witmense is so by die kommuniste ingekruip dat hulle hulle buurman wat vir die minste sal gaan aangee by die polisie vir haat spraak. Tragies dat mense nie kan sien die is afrika en dan nog kommunisties ook nie

Joubert ·

Nou wat het dit jou gehelp om pad te gee Piet? Is jy gelukkig in ‘n vreemde land? Dit lyk vir my maar baie of jy nog redelik belang stel in wat hier aangaan? Mens hardloop nie weg vir jou probleme nie, jy sort dit uit. Ons moet eenvoudig ‘n manier kry om onsself weer te regeer. Die geld in SA is amper op, dan gaan die poppe begin dans…

Alex ·

Joubert, ons voorouers het dan weggehardloop uit Europa vir hulle probleme. Dink jy nie ons moet vir ons ‘n plek daar gaan uit sort nie?

Joubert ·

Ek hoor jou Alex. Maar ek is nie nou meer lus om te trek nie, en ek hou nou te veel van Afrika. Ek is wel LUS vir ‘n fight. Ek wag net dat dit nou begin…

Mieliestronk ·

Die probleem is ons regering praat nie n woord daaroor nie Kyk gister die dinge in Pretoria nie n woord gepraat nie Al wat hulle kan praat petrol pryse gaan op Ons gaan in die buiteland geld leen Waar is cr En in sy land is dinge baie lelik En alle politieke partye slaap gaan kla hom by die wereld hof aan Vir volksmoord of massamoord Die land is erger as n slagveld Ek dink die boere oorlog was nie so erg nie Tot n kind moet dit aanskou

Strandloper ·

Ja Pietman….versprei die woord dan want die kaders wil mens net laat moor….

Rubber ·

Heng ten minste sterf ons dapper. Terwyl die vyand alles doen om mense oor die K woord in die tronk te stop mag hulle ons soos vlieë dood klap. Ten minste is daar nog ‘n paar van ons oor om ook vermoor te word.

Nee ·

Ek haat Afrika, siek plek wens ek kon hier weg. Sy mense gaan mekaar nog verskeur!

Elsa Vorster ·

Dit is bitter hartseer dat die mense onskuldig vermoor word laat net een van ons die xxxxxx gebruik dan is die hel los sterkte aan die familie onthou God is die antwoord

Saartjie ·

Toe ek en my gesin destyds SA verlaat het is ons uitgekryt as “hanskakies” en “verraaiers”. Hierdie verraaier woon die afgelope 21 jaar rustig en veilig in haar aangenome land.

Eina ·

Saartjie…die meeste van ons gin jou dit!
As dit ñ beter lewe is vir jul, dan kan jy mos net dankbaar wees. Dink maar aan die van ons wat hier moet bly.

kolla ·

Het in 3 lande oorsee gebly maar is terug. Nee wat, SA bly die beste. SA het ‘n sekere “vibe” wat jy nie in ‘n “nanny state” soos Australie kry nie. En alle lande het maar hul dinge waarvan jy nie gaan hou nie.

Michael P ·

Wat se goed wil n kind in n oond druk nou moet ons net niks se ek sal hulle ook een vir een hunt en glo my ek sal nie om gee wat met my gebeur nie as ek klaar is met hulle sal al die skurke 2 keer dink om sulke dade te pleeg ek mag nou ouer wees maar ek het nooit my opleiding van daardie jare vergeet nie kom laat ek hoor wat se die manne van daardie tyd.

Eina ·

Ek begin al hoe meer dink dis maar ons eie skuld. Waar is die publiek wat help om na die gemors te soek. Almal is maar te besig met hul eie lewe. Sou dit enige ander ras wees wat aangeval was, was die skuldige al gestening.

Christa ·

Dan Moet jy saam met sulke goed lewe. Kleinlike moordenaars. EK Bly net in my hoekie dankie

Reynete ·

@Ursula. Ek het gesê wat ek wou en wat ek gedink het, en dis nie geplaas nie

Theo ·

Alle simpatie aan die familie.

Ek sukkel om die berig ten volle te verstaan.
Ek kry die indruk dat Annelize (ouma) het haar kleinseun, Franco, by die seun se tuinwoonstel wat op dieselfde erf is gaan haal en toe sy terug is in die hoofhuis toe wag die aanvallers as vir haar en hulle het sommer ook intussen die vuurwapens uit die kluis uit gekry.

Die brug meld dit glad nie van “forced entry” nie maar ek kan maklik insien dat as jy gou na die tuinwoonstel op jou erf gaan dan los jy sommer die hoofhuis te deur oop en ek kan glad nie verstaan hoe het die rowers so maklik en stil in die geweerkluis gekom nie want jy benodig tog “grinders” en groot hammers om ʼn gweerkluid ook te breuk en die geraas moes tog duidelik vanaf die tuinwoonstel gehoor kon word.

… mense ons moet weet ons is teikens en ens moet dit so moeilik as moontlik maak vir die aanvallers

Brandwag ·

Wees bewus daarvan; dit word dag vir dag net erger. Die wat nog dink dat daar omkeer is vir die land moet kyk, want al wat oor is, is ‘n eindpunt wat voorlê. Berei julself voor vir die ergste.

P'TJIE ·

BRING DIE DOODSTRAF TERUG…. hoeveel mense moet nog sterf voor daar daadwerklik
met die boosdoeners af gereken gaan word, sit vir ‘n jaar of twee en gaan net weer voort.
‘n Land soos Botswana waar die doodstraf nog ingestel is sien en hoor jy nie van sulke
geweld nie, maar ja die LEIERS is seker bang dat 90% van hulle eie familie sal dan die doodstraf moet kry nie waar nie, en ek glo dis die rede hoekom ons LEIERS nie die die doodstraf wil terug bring nie.

sterkte aan die familie en vriende mag ons Hemelse Vader julle dra in die moeilike tyd.

Se maar net ·

Ons kan praat tot ons blou is NIKS gaan verander nie wonder net as dit een CR se familie was dan was dit seker ‘n nationale vakansie dag gemaak om te rou! hulle kom lankal nie meer om net te roof nie dit gaan oor ons minder maak stadig maar seker, alles word aangevat ons taal, ons godsdiens, ons kultuur, ons geskiedenis, dit gaan nie stop nie mense maak vrede daarmee

ES ·

Al wat ons kan doen terwyl ons nog hier bly is om onsself te bewapen, ordentlike opleiding te kry en seker te maak ons gaan gereeld skietbaan toe en kondisioneer onsself om bewus te wees van wat om ons aangaan.

Die polisie kan ook nie oral wees nie, en die sekuriteitsmaatskappye ook nie. Jou veiligheid bly jou verantwoordelikheid – en jy moet seker maak jy kan reg en vinnig optree in so ‘n situasie.

Ek voel so jammer vir hierdie familie – ek sou mal raak as dit my familie was!

jakes ·

Weereens is die gemors altyd 3 of meer wat toeslaan op weerlose mense. Ek verlang sterk na my jarelange verbintenis in die ou SAW. Toe het ons wet en orde gehandhaaf. Mag hulle wel eendag hier by my kom kuier dan sal dit hul laaste kuier ooit wees.

annalie ·

So jammer vir die gesin, sterkte. Net nog ‘n moord, net nog ‘n berig in die koerant tot die volgende berig sonder enige einde. En ons as ouers sit in Suid Afrika en huil oor ons kinders wat die land verlaat…… helaas ons kan hulle nie meer veilig hou nie!!!!!!.”Ons vir jou Suid Afrika”….in ons beendere ingeent dit moet alles prys gegee word . Ons word swerflinge sonder ‘n verlede en ‘n duistere toekoms.

Maans ·

Vergeet van die doodstraf terugbring. Hierdie regering sal dit nooit doen. Een vergeet dat blankes sal saamstaan. Daar is te veel linkse liberalis wat jou sal vertel dat die paradys nou hier is sedert hulle my uitverkoop het in 95

Tinus ·

Jip – so word ons almal afgemaai , en die skuldiges bly op vrye voet !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.