Oupa en sy verloofde in hof oor kinderverwaarlosing

Argieffoto

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

ʼn Oupa en sy verloofde van Virginia in die Vrystaat staan tereg op ernstige aanklagte van kinderverwaarlosing en die aanranding van twee kinders wat in hul sorg gelaat is.

“Die polisie het op 15 Junie 2017 reageer op ʼn wenk en het met ʼn skok op die twee seuns, onderskeidelik twee en vyf jaar oud, afgekom wat nie in ʼn goeie toestand was nie,” het ao Loraine Earle, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die tweejarige het verskeie sagteweefselbeserings reg oor sy liggaam gehad. Die wonde stem ooreen met erge aanranding en vorm deel van die ondersoek. Hy is in ʼn hospitaal in Bloemfontein opgeneem en eers gister (3 Julie 2017) ontslaan,” het sy verduidelik. “Hy en sy broer is nou in ʼn plek van veiligheid. Die vyfjarige seun het nie enige sigbare wonde nie.”

Die oupa (49) en sy verloofde (42) het reeds op verskeie aanklagte in die Virginia-landdroshof verskyn vir die beweerde aanranding en verwaarlosing van die twee seuns.

“Die oupa het gister in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord, aanranding met die doel om erge liggaamlike besering aan te rig en kinderverwaarlosing. Sy aansoek om borgtog is geweier. Die saak is uitgestel tot 21 Julie 2017.”

Die verloofde het vroeër verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Kinderversorging en dat sy versuim het om die kind se mishandeling aan te meld. Sy is vrygelaat op ʼn waarskuwing en sal Woensdag (5 Julie 2017) weer in die hof verskyn op dieselfde aanklagte.

Die name van die beskuldigdes word weerhou omdat hulle familielede van die slagoffers is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hartseer ·

Ag, hoe doen ‘n mens dit? Dis genoeg om van nagmerries te kry!! Ai. Wonder waar die ouers dan is?

Daleen ·

Here, behoed en bewaar asb hierdie 2 kindertjies. Hou U hand van beskerming oor hul elke tree wat hul gee. Dankie dat U hul immer verlos het van hul situasie. Mag hulle net die beste sorg kry. Amen

Roosmaryn ·

Ek is nou 50 en kon nooit kinders he nie(te laat getrou). Maar toe ek klein was (seker so 5) het ons eenkeer gekamp iewers in Transvaal en ek het ‘n dogtertjie in die badkamer gesien huil – lyfie vol merke en blou oog. By die karavaan het ek my ouers vertel, en my Ma het die dogtertjie gaan haal, terwyl my Pa gery het en ‘n polisiekantoor gaan soek het (hy was ook ‘n Polisieman). Die dogtertjie het die nag by ons gebly terwyl haar ouers ge’party’ het. My ouers het vir haar kos gegee, gebad en die nag vir haar gesorg (my klere geleen). Die volgende oggend het my Pa die polisie gebel en hulle het die kind kom haal vir veiligheid en die ouers is aangekla. Sy was so erg mishandel – ek wil nou nog huil as ek terugdink daaraan. My hart breek vir elke mishandelde kind. En ek verstaan nie hoe & hoekom mense dit aan hulle doen nie.

Nee. Ek weet regtig nie meer nie .... ·

Waaaaaaaar is die ouers? ???????? En ander familie? ??? En vriende van die oupa en ouma? ???????????????????????? Almal IS skuldig hieraan, want hoekom het niemand ooit gekla nie? ??????

MissDemeanor ·

Voor jy die “los meisies” so vinnig veroordeel. Dink daaraan dat hul dalk probeer kompenseer vir n tekort aan liefde van hul ouers se kant af. Dis nie die los meisies wat die probleem is nie, dit is die afwesigheid van koestering en van iemand wat omgee.

ouma ·

hierdie ouma is al so moeg dat kleinkinders afgelaai word op vrydag en sondag aand laat opgetel word. kleindogters van stiefseun is 3jaar oud en 4maande, mamma was op skool toe sy swanger geword. nou wil sy en en stiefseun hulle lewe bietjie geniet.moet plan maak met klere want die swakste word saam gestuur. het die houding oupa en ouma is oud en is die naweek by die huis so die kleintjies kan mos oor slaap. maar al is ek ongelukkig sal ek altyd die beste gee vir die kleintjies, goeie kos en baie liefde en opvoeding gee, ouma en oupa word vandag se ouers vir die kleinkinders. wat se wereld is ons in as kleinkinders nie veilig is by n oupa en ouma nie

lorayne ·

ouma, ek is self ‘n ouma met my enigste kleinseuntjie in my sorg geplaas. Ek het ‘n splinternuwe lewe, waar ek bevoorreg is om die wêreld opnuut deur die oë van ‘n 7 jarige te sien! Wat ‘n wonder!
Die Here het ons albei geseen die dag toe ek hom permanent ‘n blyplekkie en liefdevolle versorging kon gee. . . Doen asb die BESTE wat jy kan vir jou kleintjies. . . hulle VERDIEN dit! ELKE kind verdien dit . . .

Tanya ·

Klink asof dit sowaar ‘n vreeslike straf is vir jou ouma. Glo my, eendag sal hulle terugkyk en weet dat dit wat jy gedoen het, jy uit liefde gedoen het (hopelik). Kindertjies vergeet nie maklik nie.

LB S ·

Tanya, moet Ouma nie so vinnig veroordeel nie, sy het die volste reg om moeg te raak as dit naweek vir naweek gebeur en die stiefseun en sy vrou maak misbruik van haar “dienste”. Ek is seker dat dit nie eers gewaardeer word nie. 3 Jaar oud en een van 4 maande is harde werk as mens nie meer so jonk en fiks is nie. Meeste van ons Oumas is mal daaroor om die kleintjies soms by ons te hê maar moet ons nie misbruik nie.
Bygesê, hierdie twee in die artikel behoort summier toegesluit te word! As jy nie kans sien vir die kleintjies nie, soek hulp!

Bytjie ·

My hart wil breek oor sulke goed. Ek en my man (albei in ons 60’s) word nie die voorreg gegun om ons kleintjies bietjie te bederf nie. Ons kry hulle bitter min te sien en sal wat wil gee dat hulle by ons kan kom oorslaap sodat ouma vir hulle ontbyt in die bed kan gee en net bietjie vir myself te hê. Dan lees ek van stories soos hierdie en ek vra waarom het sulke mense kinders? Ek smag na so kleinding wat ek net kan liefhê en teen my kan druk. Ek mis dit sò!

Cindy ·

Dit is so verskriklik hartseer. Ek sal nooit kan verstaan hoe mense kinders kan mishandel nie en dan nog by gese hoe n oupa dit aan sy eie kleinkinders kan doen. Dit breek my hart. Ek dank die Here elk dag dat my seuntjie die beste ouma en oupa het wat soveel liefde vir hom gee. Mag daai oupa swaar gestraf word

cor ·

Ek twyfel of hy de titel oupa werd is , want n ware oupa sal nie so optree nie. Sy verweer sal natuurlik wees hy was as kind deur sy oupa of pa mishandel en verwaarloos, maar het jy nie n verstand nie en soos oubaas sou se is jy nie n man van ” inborste” nie. As dit wel jou verskoning gaan wees hoekom het jy nie uit jou omstandighede gestyg en die wereld gewys jy is n beter mens as jou voorgeslag nie, maar nou is jy net die selfde indien nie erger nie.

Hartseer ·

Daar moet redes wees waarom hierdie kindertjies in hul oupa se sorg gelaat is en dis nie vir ons om te oordeel daar oor nie. Wat ek nie kan verstaan en nooit sal kan nie is hoe enige mens n lyfie so klein so kan verniel. ? Wat is jy? n Monster. Dis n letsel wat bly hul hele lewe… Dis hartseer

Caja ·

Absoluut pateties, lafhartig en integriteitloos! Ek daag alle mense wat kinders mishandel uit om jou eie portuur aan te vat. ‘n Weerlose kind is ‘n maklike slaansak maar jy sal jou gat sien sonder ‘n spieel die slag as jy teen jou eie portuur te staan kom!! Soos ek gese het PATETIES!

Anoniem ·

Dit is die rede hoekom ek weier om na my kleinkinders of ander mense se kinders te kyk. Oupas en Oumas is nie veronderstel om kinders groot te maak nie. Waar is die ouers? As jy partykeer skaars jouself kan oplig of na jouself kan omsien, hoe de duiwel moet jy klein, woelige kinders versorg. Hulle het mos hul beurt gehad van kinders grootmaak. Jou baba/kind, jou probleem. Ek weet nie wat die situasie is nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Jongmense wat “glipsies” kry met swangerskappe en dan baba’s kry kan kostelose voorbehoeding daarteen kry. Dan wil ek noem: as jy soiets gebruik of ‘n operasie kry as jy al teveel kinders het WERK HULLE JOU NIE TOE NIE.

Skybird ·

Geen verskoning van verlede, diè oupa is groot genoeg om te besef daar is plekke vir hulp, dit geld vir diè verloofde ook. Net dankbaar diè voorval is vroeg waargeneem en dat dit nie ń “POPPIE ” her-open het nie, gooi sulke tipe in die varkhokke en nie in tronke nie.

Santie ·

Duisend hoera’s vir die mense wat nie net gekyk het en stilgebly het nie, maar opgetree het! Baie kindertjies kon ‘n verskriklike lewe gespaar gewees het as mense net gepraat het. Kindermishandeling , molestering en verkragting is van die vreeslikste dinge wat daar is. Dit maak my tot in my siel toe siek om net daaraan te dink!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.