ʼn Man is in die Verulam-streekshof in KwaZulu-Natal tot 36 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy twee kleinkinders verkrag het.
“Die 55-jarige oupa is Woensdag skuldig bevind en gevonnis,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, Vrydag gesê.
Die twee slagoffers, al twee 10 jaar oud, het op 1 Junie 2013 by hul oupa in Ndwedwe gekuier toe die beskuldigde in hul kamer ingekom het terwyl hulle geslaap het en hulle verkrag het. “Hulle het hul ma in kennis gestel en twee sake van verkragting is teen die man aanhangig gemaak vir verdere ondersoek,” het Zwane bygevoeg.
Die man is ná ʼn ondersoek in hegtenis geneem en aangekla.
36 jaar?? Dis hopeloos te MIN! Mag hy in die tronk kry wat hy aan die arme kleingoed gedoen het. Oor en oor.