Oupa in hof oor kleinkind se seksuele aanranding

Argieffoto

ʼn 57-jarige man het in die Heilbron-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklag dat hy sy 15-jarige kleindogter seksueel aangerand het.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is Woensdag vrygelaat op borgtog van R500. Die saak is tot 19 Maart uitgestel.

“Die slagoffer het in Desember 2019 haar ma se ouerhuis besoek vir die skoolvakansie. Toe sy by haar oupa en ouma gebly het, het die oupa haar na bewering ʼn paar keer seksueel aangerand. Die slagoffer het nie die saak aangemeld nie, omdat die verdagte haar gedreig het,” het Makhele verduidelik.

Sy het uiteindelik haar ma vertel en die polisie is in kennis gestel.

Die oupa is reeds op 8 Maart 2020 in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gail ·

So jammer vir die kind. Haar lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.
Ek bid dat sy sal sterk wees, en leer dat sy nie ‘n victim is nie, maar ‘n survivor….
Mag sy groot hoogtes bereik in haar lewe.
Die Here seën die liewe kind.

Wielspore ·

Verwyder eerder hierdie oupa uit die samelewing, as hy dit onlangs gedoen het, het hy dit in die verlede ook gedoen. Sterkte aan die dogter, hoop van harte dat jy die regte hulp en bystand kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.