Oupa in hof oor kleinkind se verkragting

Argieffoto

Argieffoto

‘n 70-jarige man van Pinetown het Donderdag in die dorp se landdroshof verskyn nadat hy glo sy kleindogter verkrag het.

“Die negejarige meisie het glo saam met haar ouma en oupa gebly, omdat haar ma in Johannesburg werk,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, in ʼn verklaring gesê. “Die ouma is glo in Julie verlede jaar in die hospitaal opgeneem en die verdagte het sy kleindogter vir ʼn geruime tyd lank verkrag.”

Volgens Zwane het die kleindogter eers in Januarie die saak by haar ouma en maatskaplike werkers aangemeld. “ʼn Saak van verkragting is op 1 April by die Pinetown-polisiestasie gelê vir verdere ondersoek,” het hy bygevoeg. Die familiegeweld-, kinderbeskerming- en seksuelemisdrywe-eenheid het die dossier oorgeneem en die verdagte op dieselfde dag nog in hegtenis geneem.

Die man bly tot 9 April in aanhouding vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Veronica Deacon ·

Oupa’s en ouma’s is daar om kleinkinders lief te hê en te vertroetel, en hier is ‘n 70 jarige besig met die vuilste, mees ondenkbare gedrag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.