Oupa neem eie lewe ná bewering van verkragting

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Drie‑en-sestigjarige man van Ventersburg in die Vrystaat wat daarvan beskuldig is dat hy sy 14-jarige kleindogter verkrag en sodoende swanger gemaak het, het Sondag vermoedelik sy eie lewe geneem.

Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, sê die man se liggaam is gister omstreeks 18:00 aangetref op ʼn plaas waar hy aan ʼn boom gehang het.

Volgens Mokhuoane is ʼn saak van verkragting onlangs by die Ventersburg-polisie aanhangig gemaak. Daar is beweer dat die 14-jarige meisie, wat saam met haar oupa in die Baipehing-nedersetting gewoon het, van Januarie tot Junie verlede jaar herhaaldelik deur haar oupa verkrag is.

“Hierdie [vermeende] dade het aan die lig gekom gedurende ʼn familievergadering waar die oupa die slagoffer verbaal aangeval het. Daar is ook beweer die slagoffer het swanger geraak en is verlede jaar na die dokter geneem om ʼn aborsie te ondergaan,” sê Mokhuoane.

Nadat die saak by die polisie aangemeld is, en die oupa van dié saak te hore gekom het, het hy verdwyn. Sy liggaam is kort daarna gevind.

Mokhuoane sê die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Valerie

Hoeveel beter sou die samelewing nie wees as alle sulkes dieselfde ding doen nie? Laagstes van die laagstes.

SjN

Ten minste het hy n gewete gehad wat hom pla.