Oupa neem glo naakfoto’s van kleindogter, verkrag haar

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 54-jarige man is Woensdag in die Durban-streekshof gevonnis nadat hy skuldig bevind is dat hy sy sewejarige kleindogter verkrag het.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die man is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Volgens Ramkisson-Kara het die man skuld beken op aanklag van verkragting. Die meisie is vroeër vanjaar verkrag.

Die man het ook skuld beken op vyf aanklagte van die besit en vervaardiging van kinderpornografie. Volgens Ramkisson-Kara het die man onwelvoeglike foto’s van sy kleindogter geneem en op sy selfoon gestoor.

“Die beskuldigde is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir die aanklagte van kinderpornografie en 15 jaar tronkstraf vir die verkragting.” Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Ramkisson-Kara het gesê die NVG verwelkom die vonnis en hoop dit sal dien as ʼn waarskuwing aan volwassenes wat hul kinders of kinders in hul sorg mishandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Anoniem ·

Skandalig! As n kind nie eers Oupa en Ouma kan vertrou nie. Sluit hom toe saam met verkragters en gooi die sleutel weg!

Bob ·

Tyd dat hulle foto’s op media bekend gemaak word. Sodat almal weet wie hierdie lot is

CommentQueen ·

Mag jy 10x meer ontvang in die tronk as wat jy uitgedeel het aan jou kleindogter.
Sies jou gemors

Flibo ·

Sny alles aan hom af wat pla want hy gaan dit weer doen !!!!!!

Poplap ·

HERE help ons hierdie gemors maak ons kinders se siel en dood

Hartseer... ·

Dit maak my só bitter hartseer om van hierdie wreedheid te lees. Sielsiek!!!

Jef ·

Die arme kind se hele lewe verwoes deur so stuk gemors……15 jaar is niks moes eerder 2 keer lewenslang gekry het.

Daenerys Targaryen ·

Slegs 15 jaar…………… nee wat- ek sou maar self laat geregtigheid geskied as dit van my af gehang het. Arme dogtertjie.

franje van spanje ·

Weereens… nie almal wat porn kyk is misdadigers nie, maar ALLE seksmisdade begin met porn. Meneer.. dink bietjie..

Cobus ·

Skandelik.as dit my dogter of kleindogter was sal ek vir hom wag tot hy uitkom en dan afreken.
N kleindogter verafgod gewoonlik haar oupa en sy verdien vertroue en respek, nie om so behandel te word nie.
Sal selfs probeer om hom in die tronk by te kom.
Ek bid dat die dogterjie sal herstel en met God aan haar sy loop.

Lance ·

Ag nee nie alweer n rape nie …elke 4 sekondes word iemand in SA verkrag ….ek wens die kultuur van rape wil einde kry asb

christine ·

Porn is die kern van al jou probleme as jy daarna kyk mr en mev. Dit maak jou kop so papvrot dat jy op die langduur gaan goed doen wat jy nooit normaal weg sou doen nie, die kinders lei ellendig. Lewenslank is net nie goed genoeg nie, GOD sal met jou deel. Arme arme kinders

Adrian ·

Wie is hy nerens word sy naam genoem nie hy is mos veroordeel pubiseer sy naam en foto van die monster

Alet ·

Hulle sal dit nie bekendmaak. Gewoonlik is dit om die slagoffer te beskerm

christene ·

Telkens lees ons dat die vonnis ander sal sfskrik! Vir hoeveel jaar al gaan dit so en niemand word afgeskrik nie. Bring God terug in die lewens van mense dan sal dit stop.

Voice ·

Ek sal hom kastreer. Alle man’s wat meer as 2 oortrdings het van molestering op kinders van 7jr en jonger moet kastreer word. Dan vat jy hulle lus permanent weg

No ways ·

Voice, no way, kastreer alle mans wat molesteer, nie eers na die 2de oortreding nie, onmiddelik. Ek is so kwaad vir hierdie man, my bloed kook, hierdie was nog net ‘n dogtertjie, maar weet jy wat, enige verkragting teenoor enige vrou, dametjie, tiener, klein dogtertjie is totaal onaanvaarbaar.

Spikkel ·

Tronkstraf is nie n afskrikking vir hierdie “mense” nie. Dit bewys die hoë syfer van kindermolestering, verkragting en moord in hierdie land. Doodstraf sal hulle dalk afskrik. Dis in alle geval wat hulle verdien

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.