Oupa, oom vas na hulle glo 10-jarige verkrag

handcuffs3-320x257Twee mans, onderskeidelik 51 en 61 jaar oud, is in Koster in Noordwes in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n 10-jarige meisie verkrag het.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die twee mans het die meisie glo tussen 3 en 20 Junie verskeie kere verkrag. Hy sê die verdagtes is die meisie se oom en oupa.

“Die kind se voog het bekommerd geraak toe sy besef het die kind kan nie behoorlik loop nie. Die kind is na ‘n hospitaal geneem waar daar vasgestel is dat sy verkrag is.”

Die kind het glo ook aan haar voog bevestig dat sy deur die twee familielede verkrag is. Mokgwabone sê die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Koster-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

Die mees veragtelike daad wat ooit aan ‘n kind / vrou gedoen kan word.

Soveel te meer omdat dit eie bloed en vlees is.

Johann ·

Ek stoei met die gedagte, dit slaan my teen die heup dat dit uit potjie gespring het, wat is die doel dat sulke siele gebore word?

Die bede is dat spoedige, pynlose genesing liggaamlik maar bowenal geestelik sal geskied, dat hierdie mensie se handjie elke dag stewig in God se warm hand mag wees.

Elizabeth ·

Ag liewe hemel – sal die kind OOIT beradig ontvang? Sal dit OOIT help? Die brein vergeet ongelukkig nie,maak nie saak hoeveel berading mens kry nie. Dis so erg vir my en veral dat dit keer op keer gebeur het.Hierde tipe van ding is besig om, saam met aanranding en mishandeling van kinders (vergelyk die monster onlangs wat sy kinders jare lank mishandel het) soos ‘n slegte virus te versprei oor die hele land. Mag die Vader haar met liefde en genade toevou, die arme ou dogtertjie.

Trippie ·

Maroela, waarom is my boodskappie van dank aan Johann verwyder ?

Koos ·

Dis GOD se skuld dat dit gebeur het……Hy het hulle gemaak. Dit is hoekom ek nie meer glo nie. Ek het SA 6 jaar terug verlaat. Hoe kan ‘n mens se hemelse pa al hierdie goed toelaat?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.