Oupa op plaas vermoor

ʼn Man is etlike ure voor sy 71ste verjaarsdag op ʼn plaas in Hibberdene aan die KwaZulu-Natalse suidkus vermoor.

Volgens kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, is die man se liggaam Saterdagoggend gevind nadat daar gesien is die hek na sy perseel staan oop. “Die man is gesig na onder op die kombuisvloer aangetref. Sy hande en voete is met ʼn elektriese koord vasgebind.”

Gwala het gesê ʼn selfoon, windbuks en ander persoonlike items is uit die huis gesteel. Die Mercury het die oorledene as Mark Blaine geïdentifiseer. Volgens die berig het Blaine se verhuurder op sy liggaam afgekom.

Blaine is volgens die Mercury etlike ure voor sy verjaarsdag vermoor. Sy seun, Paul, het hom as ʼn liefdevolle pa en oupa beskryf, aldus die berig.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het ook die voorval bevestig. “Polisiebeamptes is op die toneel en volg alle leidrade op.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Joubert ·

Nee dis danksy politiek, en die wit politieke pionne van die 90s. Die comrades en kaders was nog altyd ons vyand, maar somehow dink mense steeds hulle sal iewers omdraai en vir ons begin sorg. Ons sal op ‘n manier weer beheer oor onsself moet kry, en die stembus gaan geen verskil daaraan maak nie.

Adam ·

Ek betuig my meegevoel met die familie. Weereens bewys van hoe SA in geweldsmisdaad verval het en die feit dat ‘n korrupte President deur ‘n President opgevolg is wat niks anders as ‘n marionet van die NUK is nie, kan die probleem onmoontlik oplos. Ons is maande weg van ‘n verkiesing en daar is letterlik geen politieke aanbod op die tafel wat behoorlike oplossings vir ons probleme bied nie.

Francois ·

Jys reg
Natuurlik is die hele government korrup. Hulle beheer die TV nuus etc….jy kan dit duidelik sien

Alida ·

Hartverskeurend. Walglike vieslike mense wat sulke goed doen.

willem Botha ·

Ek hoop die nasionale polisie kommissaris raak ook nou persoonlik betrokke met n ondersoek taakspan en vang die kriminele soos met die akteur wat in Pretoria middestad doodgemaak is .

Dries Moolman ·

Nee wat, hierdie voorval pas nie by die ANC verkiesingsveldtog draaiboek nie, so hy sal maar hou by die sake wat hulle na goeie, omgee politici vir hulle waarskynlike kiesers laat lyk.

verskoon my ·

Wanheer gaan die manne reageer?
Ek welkom selfs n reaksie van die AWB, die mense kan maar se wat hulle wil , die AWB het darm biekie murg in hul pype gehaat

verskoon my ·

Al wat sulke mense verstaan is geweld, en solank ons nie met geweld terug dreig ,sal hulle eenvoudig net aangan een vir een sal ons oumas en oupas so afgeslag word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.