Oupa praat oor ure voor 2-jarige se dood

Alidin Goedeman. Foto: Verskaf

Die stiefoupa van die tweejarige seuntjie wat Vrydag na bewering deur sy ma met ʼn klip doodgeslaan is, sê hy wens sy stiefdogter het eerder die kind by hom gelos.

Die 33-jarige Alidin Goedeman sou Maandag in die Springbok-distrikshof in die Noord-Kaap verskyn het in verband met die moord op haar seun. Familielede en ander belangstellendes het byna heeldag gewag vir haar verskyning, net om 15:00 te verneem dat haar verskyning tot 28 Februarie uitgestel is vir verdere ondersoek.

Goedeman sal in aanhouding bly tot dan.

Die voorval het in Jakkalswater in Nababeep plaasgevind.

Nikolaas “Mannetjie” van den Heever, die seuntjie se stiefoupa, het buite die hof gesê Goedeman het die aand van die moord met haar seuntjie op haar nek verby hom gestap. Van den Heever sê hy het die peuter speels geraps en grappenderwys gesê dat hy hom nog pakslae sal gee.

“Hierna het die twee die huis verlaat en ʼn plaaslike polisieman het hulle langs die pad gekry en gegroet. Binne ʼn uur of wat was die ma by die Nababeep‑polisiestasie. Sy het aan dieselfde polisieman vertel dat sy die seuntjie vermoor het,” vertel Van den Heever.

“Aanvanklik het hulle gesê dat sy nonsens praat. Later het hulle op die toneel op sy liggaampie afgekom.”

Die staat voer aan Goedeman het ʼn klip gebruik om die kind in ʼn veld dood te slaan.

Van den Heever sê hy wens Goedeman het eerder die seuntjie by hom gelos. Hy beweer dat die ma vermoedelik tik gebruik het, maar nie behandeling vir haar dwelmverslawing ontvang het nie.

“Ek gaan die seuntjie baie mis, want hy was soos ʼn maat vir my. Ek het hom ‘aangeneem’ as sy pa. Hy was baie ougat en vol bravade. Soms het hy op sy eie lekkers ‘op die boek’ by ʼn nabygeleë kafee gaan koop. Dan het die winkeleienaar my net die skuld gewys wat betaal moes word.”

ʼn Voormalige vriendin van die beskuldigde, wat versoek het om anoniem te bly, sê toe sy vir Goedeman leer ken het, was sy “ʼn wonderlike mens”.

“Ná ʼn paar jaar, toe ons weer mekaar gesien het, was sy ʼn heel ander mens want sy het dwelms gebruik. Vir die daad kry ek haar nie jammer nie.”

Die seuntjie sal na verwagting Saterdag uit die plaaslike RK Kerk begrawe word.

Brig. Mohale Rametsaba, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

christa ·

Dankie Alidin dat hierdie pragtige kindjie nou veilig kan wees, gelukkig en veilig in Jesus se arms waar hy nou vertroetel word. Weg is al die nare gedagtes van seerkry. Monsters soos jy hoes nie gebore gewees het nie. Dwelms is geen verskoning nie, eintlik moet jy jou kop in erdvarkgat druk van skaamte. Hoop jy kry die straf wat jy verdien

jo ·

Watse motief? Sy is n moordernaar. Nuwe SA waar ma’s hulle kinders weg gooi en die pa’s wat net voortgaan en more is sy weer swanger.

Maak reg ·

Ek dink regtig sterilisasie vir sulkes moet verpligtend wees. Ongelukkig is jy reg.

Lizelda ·

Ai, ai, ai… Het die ma dan verby AL die mense gestap, stiefoupa, polisieman, met een doel vooor oe… Ek is oppad veld toe om my kind te vermoor terwyl die arme seuntjie sy ma ten volle vertrou, terwyl hy op haar skouers sit? Dis so ongelooflik hartseer.

Nigel ·

mag God gee dat sy nooit weer die vooreg het om naby enige kind te kom

Jozi ·

Arme kindjie, so wrede dood.
Nou gaan die “ma” van die kind seker as die slagoffer uitgebeeld word.
Motief vir d moord nog nie bekend nie ? Duidelik was sy een sleg ma en die kind was ‘n las vir haar.
Die oordeel kom ons nie toe nie, maar mag sy tot in Ewigheid betaal vir wat sy aan haar kind gedoen het.

LD ·

Wreed! Absoluut wreed! Hoe kyk jy daai kleintjie in die oë en begin slaan met ñ klip, hoe hoor jy die kindjie skree en huil van pyn soos die klip hom herhaaldelik tref, en jy hou aan tot die kindjie sy laaste asempies uitblaas? Liewe genade mens! As die boendoe gereg hul hande op jou kry, sal jy dalk voel hoe daai arme klein weerlose mensie gevoel het! Ekt ñ naam vir ñ ma soos jy….GEMORS! En skuim van die aarde! Sies!!!

Elisabet ·

Jakkalswater is lyk my die nuwe “dumpsite”en moord grond in dai geweste.
Eers vermoor n vorige bestuurderes se seun n tiener dogter van Nababeep.
Toe raak daar blykbaar n sakevrou van Johannesburg weg en nou word n kind daar dood geslaan in n bestek van 6jaar.
Jakkalswater is n entjie uit Nababeep.
Dink die regering moet daardie grond eerste onteien en dit n begrafplaas maak.

Muffin ·

Die ma is van haar kom af. Nou gaan dwelms en drank die skuld kry.
DOODSTRAF Terug in SA die enigste oplossing

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.