Oupa probeer tiener ‘verkoop’ aan vriende

(Argieffoto)

ʼn 65-jarige man is Donderdag in die Mokgwathi-nedersetting in Limpopo in hegtenis geneem nadat hy glo sy 14-jarige kleindogter vir langer as twee jaar herhaaldelik verkrag het. Hy het haar ook na bewering aan sy vriende probeer verkoop.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die oupa verkrag glo sy kleinkind al sedert 2018. Die verkragtings het na bewering plaasgevind wanneer haar ouma nie by die huis was nie. Die oupa sou glo ná die verkragtings sy kleindogter met geld omkoop om daaroor te swyg.

Mojapelo sê die oupa het toe glo sy kleindogter aan sy vriende probeer verkoop. Hy het hulle na sy huis toe laat kom om sy kleindogter verder seksueel te misbruik en mishandel.

“Die verskrikte kleindogter kon daarin slaag om weg te kom en het na die bure gegaan om hulp te soek. Sy het hulle van die verkragtings ingelig, en hulle het die polisie geskakel,” vertel Mojapelo.

Die oupa is Donderdag in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag in die Bolobedu-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklagte van verkragting.

Mojapelo sê die kleindogter is terstond na die polisie se slagofferbemagtigingsentrum geneem.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het die gemeenskap, en veral die bure, bedank dat hulle die verkragting onder die polisie se aandag gebring het. Hy het die mishandeling van die kleindogter veroordeel.

“Ons veroordeel ook die immorele neigings van ouer mans wat die mees kwesbare lede van die samelewing misbruik. Die vinnige reaksie van die polisie om die skuldige vas te trek, is prysenswaardig,” het Ledwaba gesê.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Misky ·

“Veroordeel”….. dis al wat hulle doen en sê!!! Ek wil al naar raak as ek dit lees

Deon ·

Ek is n oupa, is daar nie n ander meer gepaste naam as “oupa” vir n oupa wat sulke goed doen nie? Want definitief in my hele wese kan ek NOOIT OOIT so iets aan my kleindogterjies doen nie…. Ek wil sulke gemors nie die eer van die naam “oupa” gee nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.