Oupa sterf week ná kleindogter (8) hom skiet

Foto: Verskaf.

Die 46-jarige man wat op 3 April tydens ʼn fratsongeluk deur sy agtjarige kleindogter in die kop geskiet is, is Dinsdag in die hospitaal dood.

Brig. Mashola Manamela, Randfontein se stasiebevelvoerder, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

“Ons het Dinsdag die nuus ontvang dat hy in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal dood is. Die nadoodse ondersoek sal aandui of hy beswyk het aan sy beserings of nie en wat presies die oorsaak van sy dood was,” het Manamela gesê.

Die saak van poging tot moord wat aanvanklik ondersoek is, sal nou omgeskakel word na moord.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het in Helikonpark in Randfontein plaasgevind.

Manamela het gesê die slagoffer het in sy bed geslaap met sy vuurwapen onder sy kopkussing. “ʼn Agtjarige kind het hom toe na bewering in die kop geskiet,” het Manamela gesê.

Manamela kon nie bevestig hoe die kind die vuurwapen in die hande gekry het of presies hoe die skietvoorval gebeur het nie, en het gesê dit sal deel vorm van die polisie se ondersoek.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is om 07:10 na die toneel ontbied. “Toe paramedici by die toneel opdaag, is hulle na die slaapkamer van die huis gelei. Die man is in sy bed aangetref met ʼn skietwond aan sy kop,” het Meiring gesê.

Die man is volgens Meiring op die toneel gestabiliseer en daarna per mediese helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling.

Manamela wou nie in dié stadium die slagoffer se identiteit bevestig nie.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Heidi

Sy is 8 jaar oud. Die arme kind gaan die res van haar lewe met die letsel loop. Ons wil nie weet wie dit was nie en drop die moord saak teen haar. Just for once be reasonable.

Tragies

RIV
Innige simpatie aan die familie. Wat ‘n hartseer aangeleentheid.

JohanC

Wat n tragiese voorval. Daar sal seker weer vrae gevra word of die oupa nalatig was met die besit van die wapen wat volgens die berig onder die kopkussing was. Wat ek egter nie verstaan nie is hoe Brigadier Manamela n uitspraak kan maak dat daar nou n moordsaak teen die agtjarige kind ondersoek kan word. Die ouderdomsgrense word baie duidelik uiteengesit in die Wet op Kinderberegtiging wet 75 van 2008. Dit bepaal baie duidelik soos volg :Kinders wat nog nie hulle negende lewensjaar voltooi het nie( dws wat nog nie hulle tiende verjaarsdag bereik het nie , word onweerlegbaar… Lees meer »

corne

Ag nee regtig moord????Seker volgens wet ja maar kom ons wees eerlik dit was n nalatige vratsongelik nalatig deur wapen da te los wees vrees van n aanval

Liza

Al wat ek kan se is sterkte aan die familie. Omhul die kind met liefde dit was ‘n fratsongeluk dit het al so baie gebeur dat iemand per ongeluk geskiet word ons hoor net nie daarvan altyd nie. ‘n Maat van my was 5 jaar oud toe haar ma haar per ongeluk in die been geskiet het.