Oupa swaar gevonnis vir verkragting van sesjarige

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 52-jarige man van KwaZulu-Natal is swaar gevonnis nadat hy sy sesjarige kleindogter verkrag het.

Lt.kol. Shooz Magudulela, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die man, wie se naam weerhou word om die identiteit van die slagoffer te beskerm, is Woensdag in die Esikhaleni-streekshof gevonnis.

“Die man is skuldig bevind aan die verkragting van sy kleindogter op 23 Desember 2015 by hul opstal in die Ndaya-omgewing. Die slagoffer se ouma was in ʼn huis by die opstal besig toe sy deur haar broer ingelig is dat haar kleindogter in ʼn ander huis verkrag word,” het Magudulela gesê.

ʼn Saak is by die Esikhaleni-polisie geregistreer en deur die Empangeni-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe het die saak oorgeneem. Die man is dieselfde dag in hegtenis geneem.

Hy is ná verskeie hofverskynings Woensdag tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. Magudulela het die swaar vonnis van die “pedofiel-oupa” verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Arsène Lupin ·

SIES vir jou OUPA!!! en “oom” hoekom het jy éérs vir ouma gaan vertel – hoekom het jy nie daar en dan iets gedoen om die arme dogtertjie te help nie! (maar tenminste het jy ooknie net stil gebly nie).

Denise ·

25 jaar is nie genoeg vir wat hy aan die onskuldige dogterjie gedoen het nie daai klein mensie sal berading en ondersteuning en baie aandag nodig he dit is net n kind en die oupa n walglike monster!!!!!! Kan mens so iemand oupa noem?

Roy Reyneke ·

Goeie nuus. Is self ‘n oupa. Duisende oortreders kom daarmee weg, gewoonlik word hulle deur die familie beskerm om familie se goeie naam te beskerm

CHRISTA ·

Ek stem! Die straf sou slegs swaar genoeg gewees het as bepaal was dat hy GEEN parool mag ontvang nie en die VOLLE 25 jaar moet uitdien!!!

Inge ·

Wat de hel gaan aan met die mensdom? Hoe siek moet jy wees? Dit is….ek weet nie eers wat om te se nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.