Oupa van Pretoria word vermis

Kobus van der Berg (Foto verskaf aan Maroela Media)

Kobus van der Berg (Foto verskaf aan Maroela Media)

Kobus van der Berg (65), ʼn pensioenaris van Pretoria, word al sedert Saterdag vermis.

Van der Berg se kleindogter, Felicia Rudolph, het Maandag aan Maroela Media gesê hulle het hom Saterdag omstreeks 16:00 laas gesien toe hy gery het om by vriende in die noorde van Pretoria te gaan braai.

Hy bly by sy dogter Marie Swanepoel, naby Thaba Tshwane in Centurion.

“Hy het my tannie gegroet toe hy gery het,” het Rudolph gesê. “Hy het egter nooit by die braai opgedaag nie.”

Van der Berg se selfoon is afgeskakel, en sy grys-blou Honda Ballade met registrasienommer DZC354N word ook vermis.

“Ons het almal geskakel wat ons ken, vriende en familie. Ons het ook al die hospitale in die omgewing geskakel om te hoor of hy nie miskien daar is nie. Dit is vir ons familie baie hartseer want niemand weet waar hy is nie,” het sy bygevoeg.

Sy versoek die publiek om op die uitkyk te wees vir haar oupa en sy motor.

ʼn Vermistepersone-saak is by die polisie aanhangig gemaak. Mense wat weet waar Van der Berg hom bevind kan ao. Mahlangu by 079 880 0934 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.