Oupa vas na hy glo kleindogter (7) verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 67-jarige man verskyn Vrydag in die Bloemfontein-landroshof op aanklag dat hy sy sewejarige kleindogter verkrag het.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie is glo twee keer deur die oupa verkrag. Die eerste voorval het in 2014 plaasgevind toe die kind glo van die skool af teruggekeer het en sy en haar oupa alleen tuis was. Die oupa het haar glo beveel om haar klere uit te trek waarna hy haar verkrag het.

Die oupa, ʼn pensionaris, het sy kleindogter glo ná die voorval beloof dat hy haar maandeliks geld van sy pensioen sal gee. Die meisie het haar ma van die beweerde verkragtings vertel nadat sy glo in Maart 2015 weer verkrag is. Die ma het die saak onmiddellik by die polisie aangemeld en die oupa is in hegtenis geneem

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tammy ·

Dis so hartseer, die oupa wat haar moet beskerm verkrag haar. Wat n groot sonde is dit nie, Die arme kind. Gelukkig het die ma nie besluit om die oupa te beskerm deur stil te bly nie. Hoop hy kry lewenslank tronkstraf sodat hy nie weer sulke lelike goed aan kinders kan doen nie.

jakes ·

Hof moet beslis dat dogtertjie sy HELE pensioen en al sy bates en besittings ontvang. In tronk onderhou ons belastingbetalers hom mos, hy verdien nie eers om te lewe.

ig ·

Die siek siek VARK. Dit is dalk nie sy enigste slagoffer nie.Hy sal seker weer in die hof beweer sy het hom verlei of so iets.

Gerhard Bezuidenhout ·

Sluit hom toe en gooi die sleutels weg .Daardie dogtertjie het hom onskuldig en kinderlik met haar lewe vertrou en nou pleeg hy so n gemene daad. Sies .

CHRISTA ·

As ons wetgewing nie strenger gaan word en swaarder strawwe ople nie, gaan dinge net ERGER word. Net die kriminele het menseregte in ons land!!!

Hennie ·

Christa, ek stem saam met jou insetsel en wil meld ek is ‘n Oupa en glo daar is net een strafbvir die walglike daad, die dood.

Peet Schabort ·

Sies jou ou vullis!! By jou moet alles afgesny word. Jy besef nie dat jy haar vir die res van haar lewe verongeluk het. Vuilgoed soos jy hoort nie op hierdie aarde m.a.w. ook nie in ‘n tronk.

diane ·

Ek dink hy moet die doodstraf kry. Hy het 7 jarige sy kleinkind se lewe op gehel !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.