Oupa vas na hy glo kleindogter verkrag

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 70-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy sewejarige kleindogter verkrag het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het glo Sondagaand in Dutywa plaasgevind. Die meisie se ma het haar na die oupa se huis gestuur om ‘n boksie vuurhoutjies te leen. “Die ma het bekommerd geraak toe haar dogter nie teruggekeer het nie en het gaan ondersoek instel.”

Manatha het gesê die ma het by die oupa se huis aangekom en hom glo op heterdaad betrap waar hy die meisie verkrag. “Die ma het ʼn saak van verkragting by die Dutywa-polisiestasie aanhangig gemaak. Die polisie het na die toneel gehaas en die verdagte by sy huis in hegtenis geneem.”

Volgens Manatha sal die verdagte na verwagting Dinsdag in die Dutywa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.