Oupa verkrag tiener herhaaldelik

Argieffoto (Foto: VBlock/Pixabay)

’n 63-jarige man is Dinsdag in die Empangeni-streekshof in KwaZulu-Natal tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy kleindogter.

Volgens Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in KwaZulu-Natal, het die tiener en haar ma tussen 2018 en 2020 by die beskuldigde gewoon. Hy het die meisie in hierdie tydperk vier keer verkrag.

Kara sê ’n familielid het met die laaste verkragting die man op heterdaad betrap en die meisie se ma daarvan in kennis gestel.

“Die meisie het erken haar oupa het haar al voorheen verkrag. Die saak is by die polisie aangemeld en die tiener is vir ’n mediese ondersoek gestuur. Die uitslae is as bewyse in die hof aangebied as deel van die staat se saak,” bevestig Kara.

“Ter verswaring van vonnis het die staatsaanklaer, Sharon Bux, slagoffer-impakverklarings aan die hof voorgelê wat deur die meisie en haar ma saamgestel is. Dit is deur hofvoorbereidingsbeampte Seneliso Sibanda gefasiliteer.”

Volgens Kara het die meisie getuig die voorval het haar selfbeeld afgebreek en sy het vuil en waardeloos gevoel. Haar ma het in haar verklaring gesê haar pa (beskuldigde) het hulle verraai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Shakespeare ·

Ek is 05h00 wakker geklop deur ‘n werker van my buurman se plaas en hy het hartstogtelik gehuil dat sy dogter( 14 jaar oud) verkrag is in 1992. Ek was baie ontsteld oor die plaas arbeider se “pyn”. Ek het die Polisie gebel om die saak te ondersoek want ek het baie empatie vir die Pa gehad want sy hart was “stukkend” …….net om ‘n week later uit te vind dat hy sy eie dogter verkrag het ????

Mariana ·

Daars hy, hoog tyd dat mense soos hy vasgevat word. Hy moet boet vir wat hy aan daai kind gedoen het. Wat beter as om sy vryheid weg te vat. Die goed sal haar vir altyd bybly maar met tyd sal sy dit verwerk en soos ‘n volwaardige mens voel….wat sy is. Sterkte aan haar.

Perdeby ·

Doodstraf is al wat sulke misdade hok gaan slaan, selfde met plaasmoorde, transitorooftogte en ander ernstige gevalle, maar ja ons kan maar net droom daarvan.

Di ·

Hierdie verkragters moet kastreer word. Dit sal dalk help want volgens wikipedia sal dit die geslagsdrif en seksuele obsessies of gedrag by seksueel afwykendes afneem. Daar is duisend verkragters in SA so hierdie plan kan dalk net werk.

Janine ·

Miljoene verkragters, nie net duisende. Sommige vat dit as ‘n Nationale sport.

JohanR ·

Ons weet net van die gevalle wat die sonlig sien. Hoeveel ander is daar wat nooit sal uit kom nie?

Marlene ·

Sy EIE kleindogter – hoe siek moet die man wees?! Sterkstaan aan hierdie dogter

Impartial ·

Maak nie sin hoe n groot man so iets kan doen aan n weerlose kind nie. Watter plesier kry hy uit dit uit. Maak mens siek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.