Outa bekom interdik teen Gupta-beheerde trustgeld

Atul Gupta (Argieffoto)

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het Dinsdag ʼn interdik in die Pretoriase hooggeregshof bekom om ongeveer R1,75 miljard in rehabilitasiefondse te bevries wat deur die Bank of Baroda gehou word vir die Gupta-beheerde Koornfontein- en Optimum-steenkoolmyne.

“Dis ʼn soete oorwinning vir Suid-Afrika, en dit voorkom dat minstens R1,75 miljard van die Gupta-trustrekeninge die land sou verlaat of dat die Guptas dit kan plunder,” het Ben Theron, hoof bedryfsbeampte van Outa, gesê. “Die stryd is nog nie verby nie. Ons wil seker maak die Gupta-familie en diegene wat vir staatskaping verantwoordelik is, word aanspreeklik gehou.”

Outa voer aan die rehabilitasiefondse is onwettig deur die Guptas gebruik om lenings te betaal, in plaas daarvan dat die omgewingskade as gevolg van mynboubedrywighede bestuur word – dit is die enigste wettige doel waarvoor die geld aangewend kon word.

“Hangende die finale uitslag van die interdik, sal ons hierdie individue vervolg en hulle aanspreeklik hou vir hul wangedrag,” het Theron bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter K. ·

So zijn de helden gevallen.

Bietjie vir bietjie kry hulle hul eie medisyne terug.

Mooi gedoen Outa!

Duiweltjie ·

Hier is dalk die gaping waarna ons soek Vervolg die Zupta’s kry n sterk saak teen hulle (soos witboortjie oortredings ) en smyt hulle in die tronk. Komaan SA word wakker, smee die yster saam met die Nederlanders terwyl dit nog warm is.

Alida ·

Bravo OUTA. Die Guptas begin stadig maar seker hul dingesse sien. Hul tjommie se beurt kom nog.

Johann ·

Lekker…goodly goodly! Nou vir die res van die ZILJOENE in ZUPTOPIA en die res van die ZUMAIKIES!

MAB ·

Baie, baie dankie Outa…uitstekend MAAR julle doen die vuilwerk om die guptas aan bande te le…. die res doen niks!!! So bitter onregverdig maar BAIE, BAIE DANKIE vir julle!!!

MM ·

Dankie OUTA vir julle help om die Guptas te stop in hulle spore – ek kan my nie indink hoe kan die mense slaap / eet of drink in hulle miljarde rande se huise – as hulle weet dat dit onwettig van bitter arm Suid Afrikaners gesteel is – Watse soort mense is hulle – ASB stuur hulle terug waar hulle vandaan kom – Zuma en Kie is meer as genoeg wat ons Suid Afikaners kan hanteer – nie nodig vir nog ander lande se korrupte mense in ons land nie – WEG MET DIE GUPTAS.

Duiweltjie ·

Die Duiwel en sy gesante voel niks. Waar is ou FW wat also so vir hulle gegee het, onder die dekmantel van n valse refferendum? Verdedig ons nou slap…
en maak nou reg wat jy verbrou het (My Lord)

Marie de Klerk ·

Die Gupta’s het aangejaag op Groot skaal……ek kan net nie ophou dink aan hul werknemers nie? As hulle nie salarisse betaal word hoe gaan hulle oorleef? Ek is net n pensioenaris maar wonder wat sal ek maak as dit summer verdwyn? Gupta’s julle het kom hartseer veroorsaak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.