OUTA: ‘Dreigende e-tol SMSe is onwettig’

Argieffoto

Argieffoto

OUTA het gewaarsku die dreigende SMS’e wat aan motoriste gestuur word waarin daar geëis word dat mense uitstaande e-tolrekeninge betaal, is moontlik onwettig, aangesien die inbelsentrum vanwaar dit gestuur word hulself glo valslik as die Nasionale Padagentskap (Sanral) voordoen.

Outa, voorheen bekend as die Bondgenootskap teen Stedelike Tol, het onlangs sy naam verander en die akroniem staan nou vir Organisation Undoing Tax Abuse. Die organisasie het Woensdag gesê hulle het verskeie klagtes van die publiek ontvang oor die SMS-boodskappe wat nou die rondte doen.

Die boodskappe lees as volg: “Ons het jou weiering om jou uitstaande e-tolbalans te betaal, opgemerk. Jou voertuig is ingedien vir notering en regsstappe sal ʼn aanvang neem met kostes daaraan verbonde. Skakel 087 353 1490…”

Volgens OUTA herlei hierdie nommer dan die ontvanger na ʼn sentrum in Kaapstad wat Sanral-oortredings hanteer.

“OUTA het ondersoek ingestel en vasgestel die nommer op Sanral se ‘less60’-webtuiste, asook die nommer wat op die dreigende SMSe verskyn, herlei mens na ʼn private skuldinvorderingsagentskap, ITC Business Administrators, waar die werknemers blykbaar aangesê is om ʼn wanvoorstelling oor die aard van hul indiensneming te gee,” het OUTA in ʼn verklaring gesê.

“Ons verstaan hierdie boodskappe en die optrede namens ITC Business Administrators is onwettig.”

OUTA het gesê motoriste moet hulself nie oor die SMSe bekommer nie, aangesien daar geen wetlike gronde is waarop die betaling van die skuld afgedwing kan word nie. “Dit is waarom OUTA sy e-tol beskermingsaksie van stapel gestuur het, om bydraende lede te beskerm teen regsaksie wat spruit uit e-tolrekeninge wat nie betaal is nie.”

Volgens OUTA sal die organisasie stappe neem teen die “teistering en intimidasie deur Sanral se invorderingsagente”.

Sanral kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Isebel ·

OUTA en SANRAL kan gaan slaap . Ek en my familie wyer om te betaal.
Ons het nêrens geteken vir die gemors nie.
Ons het ook menseregte .
NÊRENS het enige iemand geteken vir die gemors nie.

Dee ·

Julle wyer om te betaal en Outa kan gaan slaap. Miskien moet jy smaller lees en vroeër opstaan.

alida ·

Wie steur hulle in elk geval aan daardie SMS’e. Hulle het die bed opgemaak en moet nou maar daarop slaap. Dit kom daarvan as mens die kar voor die perde inspan. Mens implimenteer eers die betalingsmetode en dan bou jy die pad. Kyk hoe mooi werk die Gautrain konsep.

maroela ·

OUTA is reg , dit vir die wat nie weet nie is n organisasie wat namens die publiek die E Tol stelsel teestaan . DANKIE OUTA VIR DIE STRYD WAT JULLE VOER EN SOVER WEN .

Hein ·

Burgeregtegroepe soos OUTA kry dinge reg, nie politieke partye.

Dee ·

En wat van die gereelde SMS’e wat vra dat TV-lisensies gekoop word?

snuffels ·

Dee, gee hulle n ou kwitansie…hulle wys dan net ou goed!

antjie ·

Ha ha ek het ook n e tol rekening gekry waarin hulle se ek moet R200 betaal dan word die resR465 afgeskryf. Ek besit nie eers n motor nie en was seker sewe jaar gelede in
Pta….. lol Sanral is regtig baie desperaat en skelm

PJL.STRYDOM ·

Ek.het n rekening van sanral ontvang wat nou ek sal nie betaal nie o

Francois ·

Hierdie is ‘n perd wat hulle opgesaal het en nie kan ry nie. Die is nooit deurdink nie en iemand het weer erens sy hand in die goudpod gehad. Nou werk nie uit soos dit beplan is nie en probeer hulle alle slinkse planne om die geld in te samel. Ek het tans to so R6800 rand rekening wat ek korting op kan kry. Wel al maak hulle dit R68 weier ek om te betaal, Wat het geword van al die brandstof heffings? Alles in die vet katte se sakke in. Net soos die lotto, die grootste korupspul. Miskien moet die openbare beskermer bietjie daar ook gaan krap. “Gesonde opelyf eTol.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.