Outa het alternatiewe idees vir e-tolprobleme

(Foto: ANA)

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), wat teen e-tol gekant is, het die regering Dinsdag versoek om ander moontlikhede te oorweeg om die Gautengse snelwegverbeteringsprojek (GFIP) te finansier.

Die voorgestelde opsies sluit in dat die skuldlas weer onderhandel moet word met die PIC en dat die begrotingstoewysing deur die tesourie weer geassesseer moet word.

Dit kom ná Blade Nzimande, minister van vervoer, se onlangse uitlatings oor finansieringsuitdagings vir GFIP en die toewysing van staatsgeld om die verliese van die onsuksesvolle e-tolstelsel te dek.

Rudie Heyneke, Outa se portefeuljebestuurder oor vervoer, het gesê terwyl ʼn klein deel van die brandstofheffing vir GFIP in die verlede reeds deur die tesourie verwerp is, moet dié opsie nou heroorweeg word.

“Outa glo daar is nog inkomste verskuldig aan Sanral uit die wins wat verdien word deur die drie langafstand-tolroetes,” het Heyneke verduidelik. “Ons glo die regering sleep nou al te lank voete met e-tol en elke dag wat die skema in sy onsuksesvolle toestand voortduur, word Sanral se probleme al hoe groter.

“Ons wil ook daarop wys dat die gewysigde AARTO-wet nie ʼn wonderkuur is vir Sanral se e-tol-hoofpyn nie, aangesien daar beduidende grondwetlike en administratiewe uitdagings sal wees.”

Heyneke het gesê Outa sien uit daarna om sy konstruktiewe insette en voorstelle met die minister te bespreek. “Ons stel voor dat Sanral ook sal nadink oor die miljoene rand wat hy mors op duur hofprosesse teen die publiek wat doelbewus die irrasionele skema teenstaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johanna Botha

Soos sauk en saa kan die staat hulle ook maar uithelp !

Peet Schabort

Ja, dis my regte naam waaronder ek skryf en moenie my verwar met my dokter-naamgenoot. Net soos K53 ‘n klug is so ook AARTO. Nou hoe so? K53 los mense op die pad met onvoldoende opleiding om skaars ‘n fiets ongeluksvry te bestuur/ry. Weens gebreklike/gebrekkige verkeers- en inligtingstekens asook die afwesigheid daarvan is dit ‘n avontuur om heelhuids anderkant uit te kom by jou bestemming. Kom ons vergeet van die blatante kansvatters wat nie eers ‘demerit’-punte teen hulle behoort te kry nie maar summier toegesluit behoort te word. Ry maar deur dorpe/stede en sien hoeveel tekens makeer. Dit sluit gevaarlike… Lees meer »

Tokkie

Outa ek is jammer ek weier om nog heffings op petrol te betaal

Jaco

Daar is nie ander opsie, stuur n kollekte bordjie om by al die staatsamptenare wat hulle vingers in die koekie blik gehad het

chrisjan

Ek wag dat Sanral hul e-tol geld by my plaas kom haal vir die paar maal wat ek daar gery het omdat ek moes ,nie wou nie. . . . . . . . . . en ek bly honderde km van Gauteng af!