Outa het alternatiewe idees vir e-tolprobleme

(Foto: ANA)

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), wat teen e-tol gekant is, het die regering Dinsdag versoek om ander moontlikhede te oorweeg om die Gautengse snelwegverbeteringsprojek (GFIP) te finansier.

Die voorgestelde opsies sluit in dat die skuldlas weer onderhandel moet word met die PIC en dat die begrotingstoewysing deur die tesourie weer geassesseer moet word.

Dit kom ná Blade Nzimande, minister van vervoer, se onlangse uitlatings oor finansieringsuitdagings vir GFIP en die toewysing van staatsgeld om die verliese van die onsuksesvolle e-tolstelsel te dek.

Rudie Heyneke, Outa se portefeuljebestuurder oor vervoer, het gesê terwyl ʼn klein deel van die brandstofheffing vir GFIP in die verlede reeds deur die tesourie verwerp is, moet dié opsie nou heroorweeg word.

“Outa glo daar is nog inkomste verskuldig aan Sanral uit die wins wat verdien word deur die drie langafstand-tolroetes,” het Heyneke verduidelik. “Ons glo die regering sleep nou al te lank voete met e-tol en elke dag wat die skema in sy onsuksesvolle toestand voortduur, word Sanral se probleme al hoe groter.

“Ons wil ook daarop wys dat die gewysigde AARTO-wet nie ʼn wonderkuur is vir Sanral se e-tol-hoofpyn nie, aangesien daar beduidende grondwetlike en administratiewe uitdagings sal wees.”

Heyneke het gesê Outa sien uit daarna om sy konstruktiewe insette en voorstelle met die minister te bespreek. “Ons stel voor dat Sanral ook sal nadink oor die miljoene rand wat hy mors op duur hofprosesse teen die publiek wat doelbewus die irrasionele skema teenstaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johanna Botha ·

Soos sauk en saa kan die staat hulle ook maar uithelp !

Peet Schabort ·

Ja, dis my regte naam waaronder ek skryf en moenie my verwar met my dokter-naamgenoot. Net soos K53 ‘n klug is so ook AARTO. Nou hoe so? K53 los mense op die pad met onvoldoende opleiding om skaars ‘n fiets ongeluksvry te bestuur/ry. Weens gebreklike/gebrekkige verkeers- en inligtingstekens asook die afwesigheid daarvan is dit ‘n avontuur om heelhuids anderkant uit te kom by jou bestemming. Kom ons vergeet van die blatante kansvatters wat nie eers ‘demerit’-punte teen hulle behoort te kry nie maar summier toegesluit behoort te word. Ry maar deur dorpe/stede en sien hoeveel tekens makeer. Dit sluit gevaarlike kruisings in waar robots ook buite werking is. Waar nuwe robots opgerig word was dit gewoonlik die gewoonte om ‘n sak daaroor te trek as aanduiding dat jy dan nie hoef te stop. Ek mag hier verkeerd wees maar dit was die algemene aanvaarding. Wanneer daardie ‘dooie’ robot vir jou kyk DAN IS DIT ‘N STOPTEKEN en wanneer jy stilhou moet jy mooi loer of die ou agter jou nie in jou gaan vasry. Voorgaande sin het te doene met defektiewe robots en nie nuwes want dit kan weke neem voor die nuwe eers in werking gestel kan word. Die gevolg van ‘n tekort aan genoegsame opleiding en gebrek aan padtekens kan en gaan jou onnodige punte kos. AARTO moet dus eers voor sy eie deur vee en ‘practice what you preach’. Terloops, ek sit agter die stuur vir 58jaar met ‘n hele paar noue ontkomings.

Tokkie ·

Outa ek is jammer ek weier om nog heffings op petrol te betaal

Jaco ·

Daar is nie ander opsie, stuur n kollekte bordjie om by al die staatsamptenare wat hulle vingers in die koekie blik gehad het

chrisjan ·

Ek wag dat Sanral hul e-tol geld by my plaas kom haal vir die paar maal wat ek daar gery het omdat ek moes ,nie wou nie. . . . . . . . . . en ek bly honderde km van Gauteng af!

Nico K ·

Ek sien nou Tokkie sê hy weier om meer bradstofheffing te betaal. Ek stem saam met hom. Ek kan nie sien hoekom ek moet betaal vir die pad wat ander mense gebruik nie. Daar is talle tolpaaie opgerig op plekke wat mense elke dag gebruik het. En die mense moes maar betaal of ‘n alternatiewe baie stadiger pad ry. So ek is ten gunste van e-tol. Die probleem is dat hulle geglo het die mense sal betaal. Al wat hulle in die vervolg gaan doen is om tolhekke op te sit.

GM ·

Ek het ‘n uitstekende ‘alternatiewe’ idee – skrap dit en laat dié outjies, wat gedink het dis ‘n goeie idee om dit te implementeer, dit betaal.

Heinrich ·

Ek sekondeer GM, toe die verdomde stelsel geïmplimenteer is was daar reeds hoeveel ander alternatiewe daar gestel wat die koste van die opgraderings teen nou al afbetaal sou gehad het. Net soos ESKOM/SAL/SAUK ens skreeu hierdie e-tol sage ANC-chaos ten hemele. Hulle kon tot nou toe goed wegsteek watter kamerade deur hierdie ding onregmatig verryk word. Openbaar dit, sluit hulle toe, skrap die verdomde stelsel wat miljoene rande jaarliks uit die land uit vat en gee dit vir iemand met verstand om te bestuur.

Herman Schwarzer ·

Indien e-tol op Gauteng se paaie opgehef sou word, gaan die geld wat ek betaal het vanaf die begin van die stelsel aan my terugbetaal word?

Alida ·

Die storie raak ook nou al afgesaag.
Kom ons wees nou eerlik.
Daardie paaie is opgradeer en daar is baie beter verkeersvloei. Almal wat dit gebruik kry die voordeel. Een groot voordeel is dat daar ‘n maksimum van R270? per maand gehef word. Iemand wat die paaie baie gebruik gaan baie meer betaal as dit deur ‘n brandstofheffing gefinansier word.
My tolgeld vanaf die plaas stadtoe het nie ‘n maksimum per maand op nie. Betaal elke keer as jy deur die hekke gaan. Dit is nie om in die stede te gaan uithang nie, die produkte moet op die markte kom.
Daardie hekke is baie gebruikersvriendelik, geen lang rye soos op die N1 noord nie.
Sien ‘n slag die positiewe raak.
Brandstofheffing is nie prakties nie en gaan duurder wees.

SeMaarNet ·

Probleem is dat die etol invorderings nie alleen vir Gauteng paaie gebruik word nie, maar vir die hele land se paaie. Daar is besluit Gautengers (spesifiek JHB en PTA) sal maar net betaal en klaar, want hulle kry kwansuis die groot salarisse. Dit is ook waar 60% van die land se belasting invordering vandaan kom. Baie mense het nie ‘n keuse as om daai paaie te gebruik nie. PTA is klaar gese is duurste plek in land om te bly… weens vervoer onkoste, kos onkoste, behuising…. baie mense hier, draai ook hul sente elke dag om… en het nie ‘n ander keuse as om in JHB of PTA te werk nie. Net so is daar gereeld groot trokke op hierdie paaie wat goed vervoer en van hierdie groot trokke kom van plase af. Groot trokke en te swaar vragte beskadig paaie en wie moet opdok daarvoor? Die Gautengers wat in JHB en PTA bly? Dit sal die dag wees. Verder kom ry gerus hier oor spitsverkeer…. dit is nie ‘n verbetering nie… dit is ‘n nagmerrie… kom spandeer elke dag 3 na 4 ure op die paaie. So jammer almal wat op ‘n teerpad klim, van ‘n brug oor ‘n pad gebruik maak, etc. moet maar help om paaie in SA te onderhou.

Judge Dredd ·

Nee dit gaan nie duurder wees.
Toe E-tol ingetree het het ekonome bepaal dat 8c/liter brandstof heffing genoeg sou wees om vir E-tol te betaal.
So dit is genoeg vir ongeveer 3400 liter se brandstof voordat jy maksimum van R270 bereik.

So – hoeveel brandstof ry jy kammig uit per maand?

GM ·

Alida, dis seker waar, maar as ons moet betaal, dan moet almal betaal wat daarop ry -insluitende taxi’s. Dis nie regverdig dat hulle elke keer kan wegkom met als nie. Kry hul nie ook subsidie op hul petrol nie?Ons gewone mense ry ook die paaie meestal om werk toe te gaan, en kliënte te gaan sien.
Hoeveel taxibestuurders betaal belasting? Ek is seker dat daar baie is wat sommer baie geld maak, al vat die taxibaas ook hul gedeelte – veral as hul 48 skoolkinders in een bussie kan indruk.
En dan is my vraag ook – hoeveel van dié paaie is regtig verbeter? Daar is paaie wat 4 breë bane gehad het, wat hul toe 5 nou bane gemaak het sonder om ‘n cm by te voeg aan daardie pad. Dis ‘n nagmerrie om op te ry want dit voel of die motor langs jou jou gaan stamp as hy net effens na links of regs ‘sweef’. En jy weet seker self hoe die meerderheid mense op hul fone besig is as hul bestuur.
Dink jy regtig hul maak nie genoeg uit al hul heffings om ons paaie in stand te hou nie? Iemand skep ook maar lekker, dis ‘n gegewe. Ander lande se mense kan groot sinkgate in ‘n week regmaak, ons land vat meer as ‘n jaar om ‘n kleiner sinkgat reg te maak (as ons gelukkig is), want iemand se boetie ‘pocket’ daaruit.

Hul sal die R270 max opskuif as mense betaal. Kospryse ook.

riaan ·

@GM

Dan praat ons nie eers van al die gemors/ skade wat aan munisipale paaie aangerig word omdat baie mense alternatiewe roetes ry nie!

Ek ry elke dag van Irene deur Pierre van Ryneveld (omdat ek ook e-tol paaie probeer vermy) en ek sien daagliks hoe die munisipale paaie agteruit gaan. Ergste van als is dat die onbevoegde rasistiese en korrupte da administrasie in Pretoria niks daaraan doen nie want dit is mos in ‘n oorwegende blanke gebied!

GM ·

SeMaarNet – Kaapstad bied glo deesdae gemiddeld die ‘beter’ salarisse aan volgens ‘n vorige artikel wat ek gelees, maar ek glo nie dit sal nou in ons guns tel nie.

Nico, E-tol kan nie met tolhekke vergelyk word nie. Almal wat deur tolhekke ry, moet betaal, maar net sekeres wat e-tol paaie ry, moet betaal. Taxi’s gebruik die paaie mahala.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.