Outa lê klag van hoogverraad teen Muthambi

Faith Muthambi. Foto: GCIS

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het Maandag aangekondig dat hy ʼn klag van hoogverraad aanhangig gemaak het teen die voormalige minister van kommunikasie, Faith Muthambi.

Gebaseer op inligting in die #GuptaEmails het Muthambi vermoedelik vertroulike kabinetsdokumente, insluitend ʼn presidensiële verklaring wat haar magte in haar voormalige kommunikasieportefeulje verhoog, aan die Gupta-familie en hul vennote gestuur, het Outa gesê as redes vir die klag van hoogverraad.

“Faith Muthambi het willens en wetens drie vertroulike memoranda per e-pos met Tony Gupta, Duduzane Zuma en die uitvoerende hoof van Sahara, Ashu Chawla, gedeel. Hierdie persone moes nooit toegang gehad het tot enige ministeriële kommunikasie of beleidsgesprekke nie,” het Dominique Msibi, portefeuljedirekteur vir spesiale projekte by Outa, gesê. “Die aanklag is by Brixton-polisiestasie in Johannesburg aanhangig gemaak.”

Outa het ook verwys na ʼn uitspraak in die Wes-Kaapse hooggeregshof wat bevind het dat Muthambi onwettig opgetree het toe sy Hlaudi Motsoeneng as uitvoerende bedryfshoof van die SAUK aangestel het, ondanks ʼn verslag van die openbare beskermer oor bedrog, wanadministrasie en misbruik van mag wat die uitsaaier miljarde rand gekos het.

“Wanneer die hof Faith Muthambi skuldig bevind, moet dit lei tot lewenslange tronkstraf,” het Msibi gesê.

ʼn Verslag deur die parlementêre ad hoc-komitee oor sake by die SAUK het in Maart aanbeveel dat pres. Jacob Zuma ernstig die geskiktheid van Muthambi in haar amp moet heroorweeg.

Muthambi is ʼn paar weke later, tydens ʼn omstrede middernagtelike kabinetskommeling, van die kommunikasie-portefeulje na staatsdiens en administrasie geskuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Dit sal my baie bly maak as sy lewenslange tronkstraf kry. Ek hoop sy is die eerste van vele.

WitBlits ·

Outa Outa nog ‘n doring in die soustrein se wiele en selfs die grootste faith gaan nie hulle bas uit die tjoekie hou nie!!!

vrikie ·

In die goeie ou dae sou sy die doodstaf gekry het vir hoogverraad

Lucas ·

Glo die saak sal maar weer nie verder kom as die NVG nie. Kyk maar mooi !!

Gerhard Burger ·

Met die oog op ‘n strafvervolging teen haar het ek geen probleem nie. Trouens, dit het my volle ondersteuning. Of daar egter ‘n suksesvolle vervolging op ‘n aanklag van Hoogverraad kan wees het ek bedenkinge. Die vereistes om suksesvol vir so ‘n misdryf te vervolg vereis ‘n hele paar duidelik bewese regstegniese vereistes, soos dit in ons howe neerslag gevind het. Twee sake kom sommer nou by my op – die een is ‘n ou saak (S v Leibrandt) – Robey Leibrandt, ‘n Suid-Afrikaner wat na Duitsland gegaan het vir opleiding en na Suid-Afrika teruggekeer het om die Nazi-regering se belange hier te lande te gedurende die Tweede Wêreldoorlog te bevorder. Die ander een is ‘n een veel jonger saak (S v Hogan). Laasgenoemde die lewensmaat van die eertydse grootbaas van die SAKP – Joe Slovo – wat na my mening ‘n briljante strateeg vir die ANC-alliansie binne die veelparty onderhandelinge was, waarvoor Ramaphosa al die eer kry. Prima facie getuienis sal nie genoeg wees om uiteindelik ‘n skuldigbevinding te verseker nie. Op hierdie stadium blyk dit die geval te wees. Maar, ek moet toegee, ons as die publiek weet nie genoeg van die besondere getuienis waaroor OUTA beskik nie. Ek wens hulle sukses toe. As dit nie met hoogverraad is nie, dan minstens enige ander strafoortreding waarvoor daar genoegsaam ernstige vonnis oorweeg moet word. Baie dankie OUTA!!

Boerseun ·

Wonder of sy toe haar graad by TUT verniet gekry het soos sy op publieke forums versoek het, kom ons kyk hoe haar kastige kommunkasie experience die een gaan doktor. Altyd n fall guy met die goed ne

Scalla ·

Auhs, sorry, nie geweet ek mag hom nie stuur nie, ek weet hom klein bietjie van die job, ek maak soos number one gemaak het, what’s wring with it

humor ·

Daar is eenvoudig net nie n einde aan die gebrekkige, gewetenlose moraliteit van die spul nie. Dit laat dink my aan die destydse emmerstelsel en hul verwag van ons om maar net te swem.

SARIE VAN HEERDEN ·

Maak nie saam watse straf sy kry nie, dit sal uit die beursie van die belastingbetalers kom. Kry sy tronkstraf dok ons op vir haar huisvesting. Kry sy boete, betaal die Staat. Maak nie saak watse straf sy kry nie,ek en jy sal betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.