Outa maan publiek om e-tolkommentaar te lewer

Argieffoto

Argieffoto

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het Donderdag ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om aktief deel te neem aan die departement van vervoer se voorgestelde veranderinge aan e-tolregulasies.

Die departement het die Nasionale Padverkeersregulasies in Staatskoerant #39130 gepubliseer en die publiek versoek om voor 26 September kommentaar te lewer oor die e-tolregulasies. “Die dokument in die staatskoerant noem ʼn aantal wysigings aan die e-tolregulasies, waarvan sommige uiters kommerwekkend is,” het Outa gesê.

Om dit vir die publiek maklik te maak, het Outa ʼn opsomming van die belangrike kwessies uitgelig en ʼn afskrif van hul dokument aan die departement van vervoer op sy webwerf gepubliseer. “Ons moedig die publiek aan om aan hierdie proses deel te neem en kommentaar te lewer oor die voorgestelde wysigings,” het die organisasie bygevoeg.

“Ons besef die lewe is ʼn dolle gejaag, en jou tyd is baie beperk. Daar is ʼn spesifieke bladsy op ons webwerf wat dit vir die publiek baie maklik maak om kommentaar te lewer oor die belangrikste kwessies (en meer), in reaksie op die publikasie in die staatskoerant. Hoe meer die publiek aan dié proses deelneem, hoe sterker is die publiek se saak.”

Wayne Duvenage, voorsitter van Outa, het gesê hulle doen ʼn ernstige beroep op alle Suid-Afrikaners om aktief aan die proses deel te neem en voor 26 September hul terugvoer te gee aan die departement van vervoer. “Indien daar ʼn groot reaksie van die publiek is, is dit moeilik vir die regering om bloot met die voorgestelde veranderinge deur te druk.”

Een van die voorgestelde veranderinge aan die wetgewing is dat Sanral nie meer vereis sal word om enige fakture aan die publiek te stuur voordat hulle aanspreeklik gehou kan word vir e-tolbetalings nie. Die onus berus dus op die lede van die publiek om Sanral se webwerf oop te maak of na hul kliëntedienssentra te gaan om te bepaal of daar enige uitstaande fakture is. “Dit is van toepassing selfs al woon jy nie in die stad nie en het nie toegang tot betroubare internet nie. Dit beteken dat die eerste korrespondensie wat jy van Sanral ontvang, ʼn lasbrief vir wanbetaling sal wees,” het Outa in ʼn vorige verklaring gesê.

Klik hier om die betrokke bladsy op Outa se webwerf te besoek.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Peet Schabort ·

Teken beswaar aan, dis heel eenvoudig want die bewoording is reeds daar. Dankie Outa.

Rudi ·

Daar is net een manier om dit te stop. Ons moet saamstaan teen die ANC skurke en ons e-tags in die tooilet af te spoel

Pietie ·

Ek dink nie jy weet veel van saamstaan af nie Rudi. Anders sou jy nie ‘n e-tag gehad het nie.

Alicia ·

Hahaha !!! e-tag? wat se e-tag Rudi??? Ek het nog nooit een aangeskaf nie

Joe ·

Rudi, jy praat van saamstaan maar jy besit ‘n e-tag!? Nee wat ou maat jy is deel van die probleem in die land! Jy het klaar soos ‘n lafaard gebuig vir die ANC Skurke.

Esta ·

Ek stem saam Pietie….. ek het nie n e-tag nie en sal ook nie een kry nie… ek het my vorige kar alreeds meer as jaar terug verkoop maar kry nog steeds state vir die kar. POT SNOT soos Elsabe se!!!!!

EMK ·

Okay julle – moet nou nie vir Rudi aanval nie! As hy gefouteer het nou-ja, laat dit daar en laat ons liewer in plaas van HIERmet mekaar baklei, gaan baklei en lewer kommentaar almal op etol se webbladsy. Versprei die nuus, hoe meer ons aan hulle uitwys hoe dof hulle is met die etol stelsels hoe beter. DIS saamstaan, doen wat mens kan en raas en baklei waar mens kan. Die ANC gaan nie hier lees nie!!

GES ·

Wat is die huidige situasie? Ek neem aan stedelike e-tol is nog nie wettig nie. As dit gewettig sou word, kan ‘n persoon aanspreeklik gehou word vir vorige uitstaande tolgelde?

Theunis ·

Ons betaal al klaar so baie op brandstof vir die instandhouding van ons paaie. Waar gaan al daai geld heen. E-tol kan gaan doppies blaas. Genoeg is genoeg.

Phillip ·

Ek het beswaar aangeteken en ek voel goed daaroor.!!! My een stem teen e-toll sal seker nie veel van n verskil maak nie maar as ons almal dit doen kan dit n verskil maak.!! Klik net op Outa se webwerf en stuur die e-pos!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.