Outa: ‘Moenie deur Sanral verlei word nie’

Argieffoto

Argieffoto

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het Woensdag motoriste in Gauteng gewaarsku om te dink voor hulle deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) “verlei” word om vir e-tol te registreer.

“Sanral is desperaat om meer as 1,3 miljoen hoofweggebruikers te kry om op hulle turf te speel deur hulle bepalings en voorwaardes te onderteken,” het John Clarke, woordvoerder van Outa, in ‘n verklaring gesê.

Sanral het Woensdag aangekondig dat die grasietydperk vir e-tolgebruikers om hul rekeninge te betaal en vir afslag te kwalifiseer, verleng gaan word. Volgens Sanral sal gebruikers afslag ontvang vir die periode tussen 3 Desember en 28 Februarie sonder dat die alternatiewe tarief gehef word. Die alternatiewe tarief is drie keer meer as die standaard toltarief en is geldig vir ongeregistreerde gebruikers.

Outa het die aankondiging beskryf as ‘n strategie om padgebruikers te probeer oortuig om te registreer sodat Sanral sy finansiële probleme kan oplos. “Outa het voorspel dat Sanral weer sou met sy haak, skelm, en bangmaaktaktiek sou begin sodra die verkiesing verby is,” het Wayne Duvenage, voorsitter van Outa, gesê. Hy sê hulle vermoed dat die afslagaanbieding gevolg sal word deur ‘n dagvaardingsaak om die publiek te probeer bangmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Says ·

JuliAss het mos belowe hy gaan iets aan die saak doen…Ons Wag In Spanning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.