Outa: ‘Sanral se 60%-afslagplan sal ook misluk’

Argieffoto

Argieffoto

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het Maandag gesê mediaberigte dat die e-tolstelsel op die rand van ineenstorting is, regverdig sy siening dat die “gebruiker-betaalskema nog altyd bedenklik was”.

Die nuwe 60%-afslagbedeling, wat lede van die publiek “probeer fnuik om aan boord te kom”, sal heel waarskynlik ook misluk, het Outa gesê. Die organisasie meen dat die e-tolstelsel in duie sal stort oor drie hoofredes.

Eerstens kan die stelsel nie afgedwing word nie, weens die vele onakkuraathede en foutiewe data wat deur die eNatis-stelsel vasgevang word, het Outa gesê. Tweedens is die stelsel oorspronklik beplan om deur die Aarto-stelsel te werk, wat “reeds agt jaar agterstallig ten opsigte van sy oorspronklike bekendstellingsdatum van 2007 is”, en laastens, indien daar nie minstens 80% openbare nakoming van die stelsel is nie, het stelsels van sy soort oor die hele wêreld tot niet gegaan of is nooit van stapel gestuur nie.

“Die Nasionale Padagentskap (Sanral) kon nog nooit die publiek sover kry om die reëls van die stelsel na te kom nie, en het in Junie 2014 ʼn topsyfer van net 45% nakoming bereik wat nou gedaal het tot 25%,” het Outa gesê.

Mediaberigte oor die naweek het beweer Nazir Alli, Sanral se uitvoerende hoof, word nou tot sondebok gemaak vir die mislukking van die stelsel, maar Wayne Duvenhage, Outa se voorsitter, het gesê die regering kan nie skuld ontken nie. “Hoewel Alli wel die argitek en drywer van die stelsel was, glo Outa dat dit die minister van vervoer in 2008, Jeff Radebe, is wat die stelsel goedgekeur het, sonder volledige onafhanklike bevraagtekening en verifikasie van die navorsing en syfers wat destyds deur Sanral gegee is,” het Duvenhage gesê.

Hy het gesê Sanral sal nou ʼn finale poging aanwend om die publiek se deelname te verseker deur die 60% afslag beskikbaar te stel. Volgens Duvenhage is dit ʼn “desperate en dwase besluit wat nie die vlakke van sukses wat benodig word, sal bereik nie”.

“Sanral sal hoogstens sy verlangde gewillige nakoming deur die publiek weer terugkry tot die vlakke van Junie 2014, maar dit sal steeds ʼn aansienlike mislukking wees en lei tot ʼn jaarlikse R2 miljard-tekort van die inkomste wat benodig word om die skuld te vereffen.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Chris ·

Soos Sanral belowe het om die verlaging van gebruikers sal plaasvind het nog niks van dit gekom nie hoe kan ons hulle glo. Het soos n goeie lands burger my skyfie gekry en betaal van af die begin van die implementeering nog steeds die selfde bedrag. Sanral bedrieg die lands burgers.

Hein ·

My begroting is so krities dat ek nie eers die petrol op die snelwee kan betaal nie. Wat nog van die etol gelde. Daar is geen alternatiewe roetes nie en gebruikers wat al jare die paaie gebruik het geen alternatiewe keuse nie. Op die oomblik is die snelwee meeronderdruk tydens spitstye en dit dui daarop dat die regering geen altenatiewe publieke vervoer behalwe die gautrain daar gestel het nie. Daar is geen veilige bekostigbare busvervoer tussen die twee stede nie wat gereelde tye loop nie. Dus geen samewerking tussen die stede nie, geen plan. Al die busvervoer word gewoonlik vanaf taxi staanplekke gereel of stasies. Die meeste mense kom uit die woonbuurte uit en hulle gebruik hulle persoonlike voertuie omdat daar geen veilige bekostigbare vervoer is vanaf die woonbuurte nie. Hierdie regstelde vervoerbeplanners kyk deur ‘n rasse bril na alles en sien nie die werklikhede raak nie.

Hein ·

Wysigin op my eie kommetaar is dat die meeste voertuie tussen Pta en Jhb kom uit die woonbuurte uit. Dit verskil egter van area tot area en daarom moet daar oopkop na die gebiede gekyk word en die oplossing moet nie so wees om die belastingbetalende melkoei verder op sy kniee te dwing nie. Ons kan nie meer nie…

chris ·

Chris ‘n goeie landsburger is juis die en wat dit nie betaal nie.

Mattewis ·

Chris, hoe iemand soos jy jouself kan beskou as ‘n “goeie landsburger” deur die gewraakte e-tol geld te betaal sê vir my dat jy doodgelukkig daarmee is om jouself aan die neus te laat rondlei. Dit sê ook dat jy die stelsel goedkeur en niks anders as ‘n verraaier is wat diè van ons wat die stelsel verafsku se pogings om daarmee te weggedoen te kry, in die wiele te ry nie.

Bruno Stef ·

Hoop net ou Alli gaan nou binnekort sy Allie sien terwille van die werksmense wat daagliks hulle brood moet verdien.

Eddie ·

Het en sal nie betaal nie. Gaan nie betaal vir iets wat meer as 80% hardwerkende mense nie voor gevra het nie. SANRAL kry maar julle omkoop geld terug aan wie julle dit betaal het om die stelsel op die been te kry.

Nefie ·

Ons word behandel deur SANRAL asof ons dieselfde IK as hulle het en vertel van hierdie afslag, maar vir die wat nie weet nie, die 60% afslag was nog nooit in werking gestel nie. Hulle maak of ons morone is. Intussen bring hulle reklame uit wat vir die publiek vertel hoe bly hulle nou moet wees oor hulle ons tegemoet kom. Ek stem, afslag of nie, die ding moet faal.

Piet Pompies ·

Laat die vetsgesmeerde boot sink, dit is meer ‘n las as ‘n bate. Ons woon nie eers in Gauteng maar het volgens Sanrail op dieselfde dag binne 10 minute op die N12, N3 en N1 gery, totaal R721-00. Dit omdat die inkomste van Sanrail op sulke syfers geprojekteer word, klomp snert.

Fanie ·

Weet nie hoekom het hulle dit in die eerste plek uitgedink en van stapel gestuur. As hulle hul huiswerk gedoen het, sou hul uitgevind het dit het nie gewerk oorsee, hoekom sal dit nou juis hier werk. Seker maar gedink die publiek is te stupid en sal maar net betaal.
Dit is ook verbasend hoe vinnig die e-tol gelde styg.
Kort kort is die prys met 50 sent op.
Ons moet soos die massa meer paaie(alternatiewe roetes) eis, en toegangklike veilige openbare
vervoer wat almal akkomodeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.