Outa sê skrap TV-lisensies; SAUK soek ‘heffings’

(Argieffoto)

Die SAUK is ʼn noodsaaklike staatsdiens en moet dienooreenkomstig gefinansier word.

Só het die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) dié week tydens die parlement se openbare verhore oor die SAUK-wetsontwerp aangevoer.

“Ons voer aan dat die SAUK met ʼn regeringsubsidie gefinansier word, sodat ons nie TV-lisensies benodig wat nie ingevorder kan word nie,” het adv. Stefanie Fick, uitvoerende direkteur van Outa, gesê.

Die SAUK het vroeër aanbeveel dat ʼn heffing op alle huishoudings gehef word wat gegrond is op die moontlikheid van toegang tot sy dienste, eerder as die werklike gebruik van sy dienste.

Die SAUK meen ook dat die geld vir die voorgestelde heffing deur MultiChoice ingevorder moet word.

Outa meen egter dit sal problematies wees. “ʼn Jaarlikse toelaag aan die SAUK vanaf die fiskus kan gebruik word om ten minste ʼn deel van die SAUK se koste te dek. Dit sal ʼn meer stabiele inkomstestroom bied en, in samewerking met goeie bestuur, die onreëlmatige en rampspoedige reddingsboeie vermy.”

TV-lisensies is volgens Outa eintlik net ʼn ander belasting en moet as sodanig gehanteer word eerder as wat ʼn besluit oor die lisensiegeld deur ʼn enkele minister geneem word. Die blote feit dat ʼn persoon ʼn fooi moet betaal vir die besit van ʼn televisiestel, ongeag of dit gebruik word al dan nie, kom op ʼn belasting of heffing neer.

Die SAUK se jaarverslag vir 2019-’20 het daarop gewys dat slegs 2,5 miljoen lisensies betaal is uit ʼn databasis van 9,5 miljoen lisensiehouers, wat ʼn inkomste van R791 miljoen gelewer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hardekwas ·

So multichoice kykers moet betaal, terwyl die miljoene our people wat nie dstv het nie weereens gratis wegkom. Dít sal nooit gebeur nie, ek waarborg jou.

AH ·

Ja, ry ‘n slag op die N2 by Kaapstad Internasionale Lughawe by Khayelitsha verby oppad Kaapstad toe dan sien mens elke pondokkie het ‘n skottel op…..

Persheks Adri ·

Weereens betaal net ons en nie “our people” nie! Ons raak ook moeg om te betaal vir hulle en tog is hulle die meerderheid

Fritz ·

Ek kan met trots aankondig dat ek ook nie betaal nie. Ek het ook nie DSTV of enige ander betaal ding nie. Nog nooit gehad ook nie.

Persheks Adri ·

En ek kan met trots aankondig dat meerderheid van ons dit het. Ek ook glo nie ek verdien om ‘n af duim te kry nie…

Hennie ·

Die SAUK Kiepies kan maar kom aanklop. Ek het ‘n vol asblik vir hulle! Hulle is allermins nodig of noodsaaklik! Dis ‘n septiese parasiet moeras wat verdien om gedreineer te word! Trek die prop uit!

Francois ·

Wat van die nuwe dekodeerders wat nou implementeer word? Of enige ander dekodeerder (Multichoice/OpenView) As jy nie een het nie,sal jy mos nie die nuwe digitale sein kan ontvang nie. Dus as die dekordeerder eienaar nie ‘n lisensie op rekord het nie, word jy afgesny. Eenvoudig! Die wat die potensiaal het om SAUK te kan kyk, moet betaal.

casper ·

Stem saam — laat die gebruiker betaal vir wat hy wil he !!

Samuel ·

By Multichoice betaal ons in elkgeval net vir herhaling op herhaling van dieselfde programme. Dit is nou op die kykNET kanale.

Wielspore ·

Net nog ‘n plan van die staats instansie om ‘n suksesvolle privaat instansie te misbruik om befondsing te bekom. As die SAUK tot onlangs toe nie finansieel oor die weg kon kom, wat is die waarborg dat hulle dit in die toekoms gaan doen. Daar is geen waarborg, so hulle kwilifiseer nie vir bykomende geld.
Totsiens, hersien jou besigheidsplan!

JohanR ·

My gooiste wat is daar eintlik op tv1 2 en 3 om na te kyk. The purpose of a tv station is to entertain. My knoppie as ek soek vir ietsie om te kyk gaan net dood en voudig verby tv 1 2 en 3. Selfs e-tv het niks spesiaal om te kyk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.