Outa hof toe oor Eskom-tariefverhoging

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Die Organisation Undoing Tax Abuse (Outa) sal volgende week aansoek doen om ʼn dringende hofinterdik om die implementering van ʼn 9.4% elektrisiteitstariefverhoging te verhoed.

Ivan Herselman, Outa se direkteur van regsake, het gesê na verskeie vergeefse pogings om geskrewe reaksie van die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) te kry oor sy besluit om ʼn 9.4% tariefverhoging aan Eskom toe te staan, het die organisasie geen ander keuse as om die hooggeregshof in Pretoria te nader nie.

Volgens Herselman het Outa Nersa versoek om die publiek in te lig oor sy redes waarom die verhoging aan Eskom toegestaan is. Nersa het egter nie aan die versoek gehoor gegee nie. Die reguleerder het glo net gesê die inligting is moontlik “vertroulik” en moet eers met Eskom uitgeklaar word voordat dit aan die publiek bekendgemaak kan word.

“Hierdie antwoorde sal waarskynlik eers gegee word lank nadat die tariefverhoging reeds geïmplementeer is en lank na die tydperk wat die publiek kans gegun word om vrae en kommentaar oor die besluit te lewer,” het Herselman gesê. “As die eier eers geroer is, kan dit nie weer ongeroer word nie. Outa glo dit is in die publiek se beste belang om so vinnig as moontlik in te gryp voordat die tariefverhoging op 1 April ingestel word.”

Herselman het gesê hulle is besorg oor die tekort aan deursigtigheid en die manier waarop Nersa by hul besluit uitgekom het en wil weet waarom die publiek in die donker gehou word. Outa sal na verwagting op 31 Maart in die hof om die interdik aansoek te doen, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

PJ ·

Kan Outa nie sommer uitvind hoe SAA n sokker span vir die volgende 5 jaar kan borg ?

PJ ·

Kan Outa nie sommer uitvind hoe SAA n sokker span vir die volgende 5 jaar kan borg ?

Ilse van Zyl ·

Ons bly naby Zandspruit plakkerskamp. Ons krag is ook afgesny verlede Maandag afgesny want krag word van ons “transformer” gesteel deur inwoners van Zandspruit. Met Eskom se medewete het die inwoners weer die krag onwettig gekoppel. Ons, wetsgehoorsame, betalende Eskom kliënte, het nog steeds nie krag nie. Komende Maandag sal dit twee weke wees. Eskom weier om in die gebied enige werk te doen aangesien hulle bang is vir viktimisasie. As Eskom al die onwettige kragkoppelings verwyder, sal dit nie nodig wees vir ‘n tariefverhoging nie!

Johann Marx ·

Ilse, ek bly net aan die anderkant van Zandspruit. Dis my foto’s en klagtes wat op Carte Blanche ge-eindig het, en die munisipaliteit gemotiveer het om 13 300kg onwettige kabels uit Zandspruit te verwyder. COJ het erken dat onwettige krag-aansluitings hulle R3 biljoen per jaar kos. Hulle kan vir ‘n derde daarvan elke transformator TOE bou sodat niemand daarby kan uitkom nie….maar dit word nie gedoen nie. Waarom nie? As jy wil saam baklei vir wat reg is…[email protected].

Pietman ·

Ilse van Zyl, jou insetsel bewys weereens dat jy en ek LOGIES oor sake redeneer. Geen, maar geen van hierdie post-1994 besture het die vermoee om eers uit te vind wat LOGIKA beteken nie. Spaar jouself baie frustrasie, en verwag glad nie om enigsins uit die regering of sy handlangers se optrede, sin te kan maak nie. Baie van ons landgenote verstaan dan nog nie eers dat die Industriele rewolusie al plaasgevind het nie!

Tiger ·

Die alternatief is om jou eie waterverwarmingstelsel te bou(nie moeilik nie) en oor te slaan na gas en koolstowe.Beligting kan ook verkry word teen ‘n billike prys met batterye en sonpanele. Dan kan eskom loop bars.

TJ Polokwane ·

Ek stem saam Tiger. Ons moet van die “grid” afkom. Ons verantwoordelike betalers subsidieer die wanbetalers en die nie-betalers. Sonpanele, gas, batterye, grys water vir tuin en toilette en jou eie waterfiltreerstelsel van reënwater of Boorman.

Sarie ·

Hoe kan die redes vir die verhoging aan Eskom vertroulik wees ? Dit is belastingbetalers se geld wat gebruik word vir die massiewe verhogings en as ons dit moet betaal is ons geregtigheid die reg om die redes te weet. Dit is net te maklik om te se “die inligting is vertroulik” Snert man!! Kos veral is reeds al so duur dat mense nie meer behoorlike kos kan bekostig nie. Mense in ons land sterf van honger en onthou die munisipaliteite voeg nog hulle wins vir die herverkoop van elektrisiteit aan sy verbruikers ook by so vir ons gaan die verhoging hoer as 9,4% wees en die oomblik wanneer die nuwe tariewe op 1 Julie deur munisipaliteite in werking tree vliegdie pryse van alles die hoogte in. Selfde met die petrolprys dit is so maklik vir veral kosverkopers om onmiddellik die goedere se pryse op te sit die oomblik wanneer die petrolprys opgaan, maar nog nie een van die groot kettingwinkels het al ooit hulle pryse weer afgebring elke keer wat die petrolprys verlaag is nie. Die uitvoer van artappels byvoorbeeld na Zimbabwe en Mozambiek word nie gesny as gevolg van die droogte nie, hulle ontvang nog hul normale kwota van Suid-Afrika af maar ons betaal R100 en meer vir ‘n sakkie artappels. Moet die ANC-regering nie eers na hul eie mense se welstand omsien voor hulle vir die res van Afrika sorg nie? Weereens dieselfde met petrol.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.