Outa vra publiek se teenkanting teen nuwe e-tolplanne

Argieffoto

Argieffoto

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het ʼn beroep op die publiek gedoen om hul teenkanting uit te spreek teen die voorgestelde wysiging van die Wet op die Administratiewe Beregting van Verkeersoortredinge (Aarto) wat daarvoor voorsiening sal maak dat e-tolrekeninge ingevolge dié wet afdwingbaar sal raak.

Maroela Media het vroeër berig ʼn kennisgewing is op 7 Desember in die Staatskoerant gepubliseer waarin die voorgestelde wysigings van die Aarto-wet uiteengesit word. Die publiek kan tot 6 Januarie hul kommentaar op die betrokke voorstel indien.

Anton Alberts, woordvoerder van die VF-Plus, het vroeër gesê dit spreek vanself dat die publiek se reaksie hierop oor die feestyd baie beperk sal wees.

Outa het intussen ʼn vorm op sy webtuiste gepubliseer waardeur die publiek kommentaar oor die wysiging van die Aarto-wet kan indien. Die kommentaar sal direk aan die verkeersowerhede gestuur word, asook aan Outa.

Volgens Outa is die voorgestelde wysigings van die wet nie net onprakties nie, maar ook ongrondwetlik. “Hulle verskaf nie bewyse dat jou voertuig op die toneel van die betrokke voorval was nie aangesien daar nie ʼn foto van jou motor vir elke gelyste oortreding is nie. Daarby is daar ook nie ʼn unieke verwysingsnommer vir elke voorval wat benodig word vir dispuutoplossings nie. Die landdrosdistrik vir elke insident word ook nie gelys nie, wat ook nodig is vir dispuutoplossings,” het die bondgenootskap gesê.

Outa het ʼn beroep op motoriste gedoen om voor 6 Januarie hul kommentare in te dien. “Hoe meer aktief ons as landsburgers op ʼn verantwoordelike manier is, hoe moeiliker is dit vir die owerhede om twyfelagtige en onwerkbare regulasies af te dwing,” het Outa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

lelarney jackson ·

Kan nie sien hoekom vir n pad te betaal wat reeds daar was wat deur tax geld betaal word nie.

Dee ·

Het jy Outa se fasiliteit gebruik om beswaar aan te teken of kla jy net hier en hoop ànder doen dit vir jou?

Desmond ·

Ek kan ook nie verstaan hoekom ons belasting moet betaal en Dan weer belas moet word duur e toll
Hoe voel meer belasting moet ons betaal? ??????

Henri ·

Maklik te verstaan. Ons staan onder ‘n Mafia-tipe regering beheer deur die “godfather” met baie ” area bosses” onder hom. Die klomp het vaste verwagtings van hoeveel hulle toekom en maak nie saak hoeveel geld in die land is nie, hulle dring aan op hulle deel van die koek. Wanneer hulle sien dat hulle skemas nie meer genoeg inbring nie, beplan hulle kennisgewings aan die publiek wanneer almal op vakansie is om te verseker dat hulle kan se^ nie veel was gekant teen hulle slim plan nie en nou is dit die wet van transvaal.

Ek stel voor elke persoon in die land, maak nie saak waar jy woon en of jy ‘n voertuig besit of nie hierdie boelie stopsit deur jou teenkanting aan te wys deur OUTA se vorm in te vul. Sluit sommer by hulle aan om vinniger van e-Toll ontslae te raak.

Dee ·

Het jy Outa se fasiliteit gebruik om beswaar aan te teken of maak jy staat op ander om dit vir jou te doen?

Henri ·

ja Dee, ek het. Ook sommer almal wat ek ken die link na gestuur landwyd . Omdat meeste op vakansie is , het ek gereken dit werk beter per sms.

Dee ·

Dankie Henri. En dankie dat jy die skakel verder versprei het.

Dee ·

Het jy Outa se fasiliteit gebruik om beswaar aan te teken of moet ander dit vir jou doen?

Dee ·

Ek het tuis èn kantoor epos-adresse gebruik om beswaar te maak dmv Outa se fasiliteit. Doen jý dit ook asseblief. Ek woon nie in jul omgewing en was jare laas daar. Steeds ondersteun ek julle. Doen dit self ook.

Pieter.v ·

Laat ons almal ook donasies skenk om Outa te ondersteun met met hul finansies hulle kan dit nie doen sonder ons hulp en steun

Brenda ·

moet teengestaan word aangesien dit voorkom dat die e-tol van die begin af onwettig bedryf word

HEVW ·

Kenmetkend van die huidige bedeling is dat daar op alle terryne n ewigdurende geveg tussen die regering en die land se burgery is. Dit is gewis n sintoom van n onbevoegde korrupte regering wat op selfverryking ingestel is.

Elizabeth Bosman ·

Aangestuur na al my e-pos kontakte en gevra vir aksie. Ek sal di teestaan met mag en mening.

annie ·

Ek het nie gevra vir die Etol nie stuur die rek vir zuma hy sal dit betaal

jurg ·

Hoeveel wil hul nog uit ons wurg en steel , waar is al die geld op brandstofheffings heen???

esther ·

Ek weer om E’tol te betaal en geboelie te word wanneer ek my lisensie wil hernu.
Stuur maar my rekening na Zuma toe… dit was sý idee…nie myne nie.

Agnes ·

nie regverdig nie. Paaie was reeds daar gemaak deur belastingbetalers . Nie weer nie.

Henri ·

Help nie om net betaling te weier nie. Gebruik hierdie geleentheid (daar is net ‘n paar dae oor) omal julle kontakte deur sms, facebook twitter of watter manier ookal, te laat weet om ook beswaar te maak. Dit gaan oor getalle. Begin terselfdertyd #e_Toll Must Fall.

e a steyn ·

Wat is volgende?,wurg ons nie al genoeg aan al die belastings,skoolgelde,duur skoolklere , Xtra skoolverpligtingsgelde , mediese fondse , foutiewe waterlesings wat maande vat Om uit Te sorteer ni.n men’s word moedeloos!.

Ans Watkins ·

Die koeie sal altyd gemelk word, want die regering dink hulle kan met alles wat hulle doen die belasting betalers belas, maar die melk koeie kan ook opdroog. Daar moet net drasties opgetree word. Het hulle regtig die belastingbetalers geken toe hulle besluite geneem het om die pad te bou.?? Daar kom ‘n tyd in ‘n melkkoei se lewe wat sy net ophou om melk te gee. Die publiek raak ook moeg om na mooi praatjies te luister, alles net foefies.

Jeanette Visser ·

All South Africans should stand together and refuse to fall for this latest “plan” of government. I will NOT pay what I am not supposed to pay. Let’s stand together South Africans!!!!!!!!

Frans ·

As jy hierdie lees aktiveer die Outa-skakel verskaf in die berig. Spoeg en plak die redes verskaf in die kommentaarblokkie en versend, so maklik soos dit.

Struikrowerwetgewing moet in die kiem gesmoor word.

Johannes Meintjes ·

Baie dankie aan OUTA en die VF+ vir die volhardende aksie teen die groeiende ongeregtighede rondom die Gauteng e-Tol en die, tot datum, wanfunksionerende AARTO stelsel. Mag daar in 2016 ‘n nuwe waghondstelsel ge-implimenteer word wat die regering en staatsamptenare se dienslewering en resultate naspoor, en hulle salarisse outomaties dienooreenkomstig verminder tot ‘n uiteindelike nul bedrag.

Winston ·

Ek wil ook weet. Waar is die geld heen van brandstof heffings? Kyk die olie prys! Ek gebruik nie die e-tol paaie nie maar steun elkeen van julle wat protesteer. Sterkte

Petrie Croukamp ·

Baie mense werk tussen Johannesburg en Pretoria en onnodige uitgawes wat nie voorsien is nie, is skielik net op hulle gelaai. Ek stem heeltemal teen e-tol want dit is op reeds bestaande paaie opgesit.

Frans ·

En wat het geword van die sg goed onderhoude alternatiewe roetes ?

Christiaan ·

Ek sal nie vir e-toll betaal nie. Ons betaal al genoeg vir al Zuma se huise, vrouens en vliegtuie. Nou dat die land sy gat gesien het en nie meer geld is vir Juma nie, nou wil hy nog meer van ons hê deur om vir ons e-tags te kry… Die dag wanneer taxi’s padreëls na kom, sal ek vir my ‘n e-tag kry!!!!

MARCELLE ·

Die e tol stelsel sal slegs die regering in staat stel om hulleself verder te verryk en dan die land in n gemors te laat soos mugabe zimbabwe gaan laat.

Donovan ·

Ek is 100% teen E-Toll!! Dit was van die begin af verkeed gedoen..die regering is net weer besig om die land se mense te besteel.. Wanneer gaan dit stop?!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.