Outa wil Aarto-wysigingswet daag

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

Die Organisasie vir Belastingmisbruik (Outa) het gesê hy beplan om die wysigingswetsontwerp op die Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredings (Aarto) te daag.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër vanjaar die Aarto-wet onderteken en bekragtig. Dit sal in werking tree sodra die wet in die Staatskoerant gepubliseer is en ʼn aanvangsdatum aangekondig is.

Volgens die wet sal motoriste, wat verkeersoortredings begaan, punte verloor op ʼn merietestelsel wat uiteindelik daartoe kan lei dat die persoon sy rybewys verloor.

Rudie Heyneke, portefeuljebestuurder oor vervoer by Outa, het gesê hulle het ʼn werkswinkel gehou om met die industrie te konsulteer oor die wetsontwerp. Voorleggings is daarna by die parlement ingedien en, nadat die wetsontwerp deur die parlement goedgekeur is, het Outa die president twee keer skriftelik versoek om dit nie te onderteken nie.

“Outa het die wetsontwerp al van die begin af teengestaan en beplan om dit nou grondwetlik te daag,” het Heyneke in ʼn verklaring gesê.

Die organisasie het versoek dat die wysigingswetsontwerp gewysig moet word weens besware dat dit nie padveiligheid sal verbeter nie, logisties moeisaam sal wees om toe te pas tot die punt dat dit moontlik ongrondwetlik sal wees en die weg baan vir korrupsie.

Heyneke het gesê die finale weergawe van die wetsontwerp neem egter nie die besware in ag nie en loodsprojekte in Tshwane en Johannesburg wat die stelsel die afgelope 10 jaar gebruik het, was onsuksesvol.

Heyneke het ook gesê Outa is besorg dat die nuwe wetgewing gebruik sal word om Gauteng-motoriste te dwing om e-tol te betaal – deur dit ʼn oortreding te maak om padtekens te ignoreer, wat borde insluit waarop e-tolkoste aangedui word.

“Die fokus moet op padveiligheid wees, nie ʼn administratief ingewikkelde stelsel wat ten doel het om geld in te samel nie,” het hy bygevoeg. “Ons het oplossings oor padveiligheid nodig, maar hierdie is nie een daarvan nie. Ons wil ʼn wet sien wat werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

20 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Watter loodsprojek is in Tshwane gedoen!?? Al wanneer ons hier verkeersmanne sien, is die wat agter ‘n “krag-boks” by Eldo Park en ook die op die hoek van Willem Botha en Mulder Mile wegkruipertjie speel. Drie tot vier beman/bevrou dan die “uiters gevaarlike 3 punt kruisings” om so hul Kwota kaartjies te kan “skryf”! Dis mos skynbaar te moeilik om rooi verkeerslig-oortreders op die plek van oortreding vas te vat!!!

Anel ·

Net so, Gert. En die chaos daar op ‘n Vrydag tussen 12:00 en 14:00 as die 2 skole uitkom en die spul wat bid. Pleks hulle dan die verkeer daar rëel. Maar nee. Moet net nie dood stop by die 3rigting stop om die verkeer te laat vloei nie.

PJ ·

Nog n manier om geld in te samel vir die korruptes wat bak hand staan en nie genoeg kan kry nie. Waar gaan dit eindig? Die publiek is al voos van al die gemors……………………..

Coco ·

Dit sal net die korrupsie bevorder en sekerlik sal mense steeds ry al is sy lisensie opgeskort dis mos Afrika hier geld min wette wat gehoorsaam word

Rachelle ·

Ons soek ni di nuwe punte stelsel ni,dit is onwettig,en korupsie gaan dan behoorlik seevier,is nou al so moeg dat als in in kele af geforseer word,of ons daarvoor vra of nie.Als in di land is in n gemors,verdomde skande!!!!

Idee ·

Die stert swaai die hond. Meriete punte werk net in ontwikkelde lande, maar erens moet n begin gemaak word. Hier is n alternatiewe beginpunt: jy mag slegs n kar koop met bewys van versekering. En heruitreik v motor lisensie met fica EN bewys van versekering op datum. Dit sal jou laat dink voor jy jaag. Punte kan later bykom.
Idee 2: En as jy wil stem by n stembus, bring jou nuutste bewys van SARS opgawe saam met jou ID en jy kry n stembrief.

Ryno ·

En mense wat ryk genoeg is om eenvoudig n nuwe motor te koop en nie nodig het om hul tyd met versekering te mors nie?

Skoolgeld ·

Nog ñ paar miljarde rande in die drein af gan geen verskil aan ons SA nasie maak nie! “Bring it on” ons is nie skaam om belasting te betaal nie

Gert van Wierdapark ·

Baie goeie idees, dankie Idee. Die soort “common sense” wat jy skryf, sal egter seker eerder deur “con-baie sente” vervang word!!

Elna ·

Dit gaan geen verskil maak nie want dit gaan net vir sekerre mense geld in die land en nie vir taxi bestuurders nie. Geld mors storie weer.

Alida ·

Dit werk op papier hierdie 3de wereld burgers steur hulle min aan aan fancy planne en reels.

ChrisE ·

Daar is ‘n kultuur van wan/nie betaling in die land. Die AARTO wet is nie oornag uit iemand se duim gesuig nie. Dit is een van die beter wette wat die huidige regime gaan instel. Dit is goed deurdink en administratief baie makliker. Die persoon wat verkeersootredings aangaan en nie sy boetes betaal nie gaan oa eenvoudig nie sy bestuurs liesensie kan hernu nie. Die maatskappye wat met hul trokke en ongekwalifiseerde betuurders die paaie vlenters ry, gaan ook besef hulle kan nie meer so aangaan nie en doen wat hulle wil nie. Voordat almal op die anti – AARTO waentjie spring en uit onkunde gal daaroor te braak, vergewis jouself eers alvorens jy ‘n mening daaroor lug. Die organisasie OUTA kan ook maar vir ‘n slag in die langpad val.

Alwyn du Preez ·

Hulle kan huidiglik nie die Taxi betuurders beheer wat verkeerde kant van die pad ry, op sypaadjies ry, by verkeersligte nie stop nie, ens. Hoe gaan hule AARTO toepas op hulle?
Hulle sal sommer die eerste dag al hulle lisensie moet verloor die manier wat hulle ry, maar dit sal nie gebeur nie. Jou alledagse persoon gaan die meeste daaronder ly.

sweis ·

Net soos met alles waar die anc regering betrokke is gaan hierdie ook flop en die belasting geld mors.

Strandloper ·

Goeie”Idee” en dis ook al… Onthou daar twee stelke reels in die land een vir ons en een vir Afrika….

Swannie ·

OUTA moet in gedagte hou dat om padtekens te verontagsaam is alreeds `n oortreding.

`n Bord waarop e-tol kostes aangedui word, is nie `n padteken nie, maar wel `n inligtingsbord.

Klink my OUTA het geen benul waarvan hulle praat nie.

Eerlik ·

Ek glo nie wat jy ook al in plek geplaas word sal slaag as die toepasers nie hul werk doen nie.
Al waar die toepasers gevind word is op hoeke van strate. Daar waar hul jou dag na dag stop. Vir jou luksensie. Jou ligte ens. Dan by gesê sal hul als in hul vermoe doen vir n omkoop geltjie.
Daar waar die gevaar pleke is is geen wets toepaser nie. Daar waar roekelose bestuur plaas vind sonder om gevang te word.
Daar is heelwat Poliesie en metros wat n botsende belang het in die texsie bedryf. So bekom hul n voordeul by wets toepasing.
Dis moet daar n hele om keer plaas vind om die paie vylig te maak.

M ·

Dankie tog vir OUTA wat sien waarheen die ding op pad is. Die van julle wat dink dat dit skielik al die verkeersprobleme gaan oplos: Nee, dit gaan nie! Daar is steeds baie bestuurders en voertuie wat nie op die pad hoort nie, en geen stelsel haal hulle af nie. Dit gaan net pyn en verdriet veroorsaak vir wetsgehoorsame burgers wat tyd en geld en energie gaan verloor om foutiewe en onnodige boetes en negatiewe punte te beveg om tog net die reg te behou om op die pad te mag wees. Soos dit nou is, is daar alreeds nie behoorlike administratiewe ondersteuning van AARTO se kant af nie. As hierdie boetes en demerits gaan ophoop, gaan dit totale chaos veroorsaak.

Gawie de Beer ·

Dink net hoe gaan korrupsie nou hoog gety vier!
Dink daaraan as jou meriete punte ‘n totaal van 12 is en jy staan reeds op 9 en word gestop vir ‘n oortreding wat 4 punte gaan wees, wat kan veroorsaak dat jy jou lisensie kwyt is gaan dit nie meer ‘n paai en ‘n coke wees nie maar duisende rande van omkoopgeld. Die metro beamptes praat reeds oor hierdie aspek. Hulle kan nie wag vir die implimentering van die wet.

Thinus ·

Net nog ‘n korrupte pot en geldmaak storie. Niks wat die ANC instel kan veryrou word nie, want alles gaan oor korrupsie, onbevoegdheid en kader ontplooiing. Dink hulle die taxis gaan hulle steur aan’ n punte stelsel? Gaan slaap en droom verder Mbalula want jy en jou regeringsgespuis leef in ‘n droomwereld. Niks wat julle implimenteer sal ooit werk nie. Net meer korrupsie aanblaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.