Outeniekwa-pas steeds gesluit, brand woed voort

Foto: Verskaf.

Die Outeniekwa-pas naby George in die Suid-Kaap is sedert Sondagaand vir verkeer gesluit weens brande in die gebied wat buite beheer begin woed het.

James-Brent Styan, woordvoerder vir Anton Bredell, minister van plaaslike regering, het gesê brandbestrydingsaktiwiteite het deurnag plaasgevind en duur vanoggend voort.

“Ons verwag ook nog hulpbronne wat in die omgewing ontplooi sal word, waaronder brandbestrydingspanne van die Vrystaat,” het Styan gesê.

Hy het bygevoeg hulle hoop dat weerstoestande vandag van so ʼn aard sal wees dat lugondersteuning moontlik sal wees aangesien dit nie Sondag moontlik was nie. “Dit het dit moeiliker gemaak vir die spanne op die grond.”

Styan het egter Maandag vroegoggend aan Maroela Media gesê in dié stadium lyk die situasie “baie sleg”. “Daar is stormsterk winde wat waai, ons sal nou in die daglig presies kan sien waar die brandlyn is. Die wind is baie onvoorspelbaar.”

Volgens Styan is daar sowat 300 brandbestryders wat mekaar aflos en sowat 200 op enige gegewe tydstip op die grond besig.

“Vermy asseblief die omgewing sover moontlik, vir die volgende paar dae. Al die amptelike staproetes is ook gesluit, maar mense gee nie altyd gehoor daaraan nie. Ons sal die situasie monitor en mense word aangemoedig om die plaaslike media ook dop te hou,” het Styan gesê.

Styan het ook die publiek bedank vir die donasies wat hulle tot op hede gemaak het en gesê as hulle nog iets wil bydra kan hulle dit by die brandweerstasie in George aflaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sannie ·

Stormsterk winde?? Laaste stirmsterkwinde wat hier in George was, was verede Sondagaand, dit is windstil hier.

Chris Ws ·

Sannie hoe hoog is die Outeniqua -pas bokant George??Of is hulle op dieselfde hoogte?Miskien ,net miskien ,waai die stormsterk winde hoog bo oor George.
Ons het al hier Noorde winde gehad wat wai dan sien mens die hoe vlak wolkies beweeg in die teenoorgestelde rigting nou hoe nou?Lugstrome op die grond en in die bo lug verskil hemelsbreed en so ook windsterkte.

Lee ·

Ai dis so hartseer. Daai pragtige bergreeks en al die diere wat doodbrand. Baie sterkte aan al die brandbestreiders. Ons bid almal vir reen vir daai area.

chrisjan ·

Ek vrees vir die brandbestryders want die wind kan onverwags draai en die mense vaskeer wat tragies kan wees.Ons het dit hier by ons al gesien.My swaer en susterskind moes weke in die hospitaal deurbring daardeur.Sterkte aan al die brandbestryders.’n Bos of veld brand is NIE ‘n grap nie veral as daar ‘n wind waai.

Francois ·

Sannie die is nie die braaivleisvuur wat jy gewoond is op saterdagaand nie , veldbrande maak sy eie wind, vra vir die wat al in die berg betrokke was op die tipe vure te blus, daarom brand baie brandbestryders dood want is die wind draai weens turbulensie in die vallei kan jy nie vinnig genoeg uit die pad van die vuur kom nie. Bid eerder vir die bestryders want hulle veg met hulle lewens om nou Blanco en George te beskerm

alida ·

Hoewel die wind nie in George waai nie verstik die mense van die rook. Ek het nou met my seur gepraat hy werk in George. Dit is tragies wat daar aan die gebeur is met die brand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.