Outistiese seun talle kere met mes gesteek in huisroof

Jannie in die hospitaal. Foto: Verskaf

Jannie in die hospitaal. Foto: Verskaf

ʼn Agtjarige outistiese seun is vyf keer met ʼn mes gesteek nadat twee mans hom en sy ma buite hul huis in Springs aan die Oos-Rand oorrompel het.

Volgens Chrisanthy Peens (38) is haar seun Jannie erg outisties. Hy sukkel om te praat, dra doek en kan nie ver loop nie en moet soms ʼn rystoel gebruik. “Hy was Dinsdagoggend bietjie moeilik. Ons is so 12:00 buite toe, waar hy in die voortuin op die trampolien gespeel het terwyl ek by hom gestaan het.”

Twee mans met blou oorpakke en blou balaklawas het skielik langs Peens gestaan. “Hulle het gesê ‘go inside and don’t scream’. Dit was jong mans en hulle het messe by hulle gehad.” Volgens Peens het die rowers in die sitkamer op kontant aangedring. “Ons hou nie geld in die huis nie. Dit is toe dat hulle my seuntjie begin steek en hulle het net aangehou.”

Jannie is twee keer in die rug, in die maag en op elke arm gesteek. “Ek het hom probeer help en is op my arms gesny. Alles het so vinnig gebeur. Die rowers het die hoofslaapkamer omgekeer voordat hulle my kop teen die gangmuur geslaan het.”

Peens het haar bewussyn verloor, maar kort daarna weer bygekom. “Toe ek bykom, kon ek nie loop nie en het na die sitkamer gekruip. My foon was besig om te laai. Ek sê vir die Here dankie dat niemand my gebel het tydens die aanval nie, anders sou hulle my foon gesien het. My seuntjie was vol bloed. Ek het die GPF en my man gebel.”

Die GPF was eerste op die toneel en beamptes het drukking op Jannie se maagwond geplaas, aangesien dit baie gebloei het. Peens se man het kort hierna opgedaag. Hy het intussen Netcare 911 ontbied. “Ek het my kind nog nooit so hoor gil nie. Ek wil dit nooit weer hoor nie. Ek het gedink hulle gaan my seuntjie doodmaak.”

Volgens Peens is sy en Jannie na die N17-hospitaal geneem voordat Jannie na die Life Springs Parkland-hospitaal oorgeplaas is. Daar is sonars en x-strale geneem om te bepaal of hy enige inwendige beserings het. Jannie is Dinsdagaand omstreeks 23:00 teater toe, waar dokters sy wonde skoongemaak en steke ingesit het.

Jannie is vroeër vandag ontslaan. “Hy is nou oukei. Toe ons by die huis aankom het hy verskriklik geskree maar hy is nou rustig. Ek gun dit wat gebeur het nie vir my ergste vyand nie. Hulle het in ʼn stadium vir Jannie geskree om te ‘shut up’. Hy verstaan dit nie.”

Volgens Peens het die rowers met R150 gevlug. “Hulle het amper my kind se lewe geneem vir R150.” Jannie moet Vrydag vir ʼn opvolgbesoek gaan om seker te maak alles is reg. Volgens Peens het sy steeds erge hoofpyn na die voorval.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Heleen ·

Dis absoluut afgryslik dat enige iemand dit wil doen! Daar is ‘n spesiale soort hel vir sulke mense. Bly hy en sy ma is darm nou veilig en buite gevaar!

Henk Botes ·

Heleen ek verstaan wat jy bedoel, maar die voorval toon duidelik dat niemand in hierdie land “veilig en buite gevaar” is nie…

Annie ·

God slaap nie dat jy dit aan sy kinders doen nie … hierdie gaan hulle in haal en soos n kanker vreet …

Johann ·

Wat? Ekt woorde….soos BAIE ander…maar dan sit ons as “rassiste” in die tronk eerder as DIE LAFAARDS! SLAPGATTE! BARBARE! Kom staan voor MY …ONS….sodat julle kan kry wat julle soek! REAKSIE!

swanna ·

ML is dit lekker om hierdie tipe stories op julle blad te plaas en almal se kommentaar te lees om te sien hoe hulle voel oor hierdie gemors in ons land en regter speel

monique ·

Ja dit is nodig om dit te plaas, hoekom moet dit stil genot word. Dis tyd dat almal se oe oopgaan en sien wat werklik aangaan!

Rox ·

Ja dit is nodig vir Maroela Media om hierdie nuus te plaas want is belangrik om te weet wat aangaan in hierdie mislike land van ons. Help nie ons lewe in n kokon terwyl ons mense uitgemoor word nie.

AL ·

News 24 hits juis rassespanning. N topstorie by hul is n rasse uitlating deur wittes.

Mariétta ·

Sulke gebeure moet gepubliseer word sodat almal kan sien ons Blankes is besig om uitgemoor te word!! Waaron sulke gebeure onder die dekmantel hou?

chris ·

Nou hoekom moet daar stilgebly word oor die tipe van laer as slang bollie

Liana ·

ja, dit is absoluut noodsaaklik! Maroela is byna al een wat hierdie nuus berig want die res van die land wil dit onder die mat invee. Party mense dink mos as ons maak of dit nie gebeur het nie, dit sal weggaan. Dit sal nie! Iets drasties sal moet gebeur in hierdie land.
Ek wonder as dit jou of jou geliefdes moet raak of jy steeds sulke snert sal kwytraak??

Kobus ·

Natuurlik moet die stories geplaas word. Ons moet wat aangaan.

Phoebe de Villiers ·

Kan ons nie op ‘n manier die doodstraf terugbring nie? Dis al hoe hierdie wrede aanvalle op onskuldige mense gaan ophou. Eers as hulle vir hulle EIE lewe vrees, sal dinge verbeter.

johan ·

wie wil jy he moet die doodstraf terugbring phoebe?? Die regering??

Estelle ·

Ek is nou sprakeloos en baie hartseer. n Mens vra al wie volgende is want die aanvalle hou net nie op nie. Ek is baie jammer vir die mense wie geliefdes op so n wrede manier moes verloor deur hierdie barbaarsheid en ek wil ook die HERE dank vir die slagoffers wie se lewens gespaar is en dat HY hul krag sal gee om deur die trauma te kom. Ons moet net aanhou bid dat geregtigheid sal geskied en dat daar n einde sal kom aan hierdie booshede.

Lizbeth ·

En niks word ooit in die nuus genoem nie. Hoe moet ons dan nie haat nie ek kan dit nie help as ek sulke goed lees nie. Genade waar gaan dit eindig. Dit is tyd dat ons hande vat en die Here se aangesig soek. Dit is net ons God wat ons kan red. Ek se net dankie Heer dat hul veilig is.

Sprakelosehartseer ·

Liewe mens. Ek huil so, ek kan nie tik nie. Ek werk met outistiese kinders en kan my net die absolute verwarring en angs indink. My hart breek saam met julle, en my binneste skree uit dat die Here asb vir ons ‘n leier moet stuur. ‘n Dawid of ‘n Salomo of ‘n Moses wat sy Afrikaanses sal kan lei of red of selfs uitlei as dit die Here se wil is. Dit is die pleitende gebed van ons harte, Here. Asb hoor U kinders. Amen.

celia ·

Neem asb die seuntjie dringend vir berading dis noodsaaklik, hy gaan groot letsels oorhou .

Bosveldg ·

Liewe Ernie Els
Jy sal verstaan wat die kind deurgemaak het is onmenslik. Help asb met ń woordjie in Trunp se oor. Ek glo dit is vir jou ook veragtelik !! Groete ñ ondersteuner vir jare ….

Sonnie ·

Nee wat te erg is is te erg
Hierdie arme seuntjie het niks hiervan verdien nie
En sy moeder..net arme sagte teikens
Iets moet gebeur ten goede en spoedig ook
Almal siek verby om hierdie dinge nou elke dag te lees
Daar kan sekerlik n plan of planne van aksie bedink en dalk uitgevoer word
DoEN asb iets GoU !!!!!!!!!!!

Wenner ·

My hart gaan uit na die arme seuntjie en mamma. Wat moes nie alles in daai koppie geflits het nie. Arme arme mamma en seuntjie! Die wreedaards sal boet!

What a joke ! ·

Iemand moet n dokumenter maak oor plaas moorde en plaas aanvalle en die buiteland moet sien dat selfs nie eens blanke kinders oorgesien word van die totale dierlikke barbaarse optrede nie!!! Niemand hoor niks buite Suid Afrika nie glo my daarvan maak die anc dood seker!

Jacoba ·

Liewe Mamma, Pappa en seuntjie.
Ek is baie jammer dat so wrede ding met julle gebeur het. Mag Ons Vader julle toevou in Sy Liefde en mag daar spoedige genesing kom. Baie sterkte.

Frikkie ·

Liewe Heer, sit asseblief ‘n struikel blok in die pad van daardie gemeende mense se pad sodat hulle nie verder kan weg kruip nie. Here wees ook saam met die ouers van die kind en help hom en sy ouers om berusting, vrede en genesing te vind.

Andre ·

Here vergewe my asb vir die gedagtes wat deur my kop jaag… Ek bly in Springs, werk weg en het ‘n 4 jarige dogtertjie… Ek voel my hart in my kop klop van woede! Wil julle he ons moet begin terug baklei?

AL ·

Christus ons weet ons moet ons vervolgers seen en nie vervloek nie, die wraak kom U toe, U sal vergeld. Maar verlos ons van die Bose. U het ons uitkoms gegee en geseen met reen toe ons ons na U wend.. Here verhoor ons gebede dat die goeie die bose oorwin in die land.

Esna Wessels ·

Ek voel briesend kwaad nie hierdie berig!! Daardie seuntjie het of kon niks aan hulle doen nie. Ek hoop hulle word gevang. Here wees asb saam met die gesin want hulle het U nou baie nodig.

Kate ·

Ai liewe klein mensie, my hart huil vir jou en jou gesin. Ek is baie seker met al die gebede en liefde wat na jou kant toe kom gaan jy ok wees. Ons bid almal vir jou en jou gesin. Baie sterkte vir die mamma wat nou moet sterk wees vir haar gesin maar self ook ‘n lang pad het om te stap na herstel. Maroela lesers, regtig? Hoekom moet van julle mekaar inklim en skel, dis amper net so erg soos die inbrake en aanrandings. Wat maak dit nou saak wie JA of NEE of gladnie gestem het nie, elkeen het destyds sy/haar eie oortuiging gehad vir ‘n spesifieke stem, dis nou verby en water onder die brug. Ons is nou in groot moeilikheid en ons moet nou saamstaan.

Herman Toerien ·

Een van my grootste vrese is dat huisrowers of ander misdadigers ons jongste seun (23 jaar maar outisties) sal teiken wanneer ons nie op daardie oomblik tuis is nie, en byvoorbeeld eis dat die kluis oopgesuit word. Die kind sal dit nie kan verstan nie, en ‘n mens ys om te dink wat hulle alles aan hom kan doen, as hulle nie besef dat hy gestremd is nie.

Pietser ·

Bewys vir my aan die hand van statistieke dat die blanke ‘n spesifieke teiken is om uitgemoor te word. As jy dit kan doen, sal ek jou grootste kampvegter wees.

PvZ ·

VF+, Afriforum, Solidariteit, en sommer enige ander beweging, al het hy net 100 lede. Maak nie saak vir watter deel van die Afrikaner jy praat nie. Waarsku die regering, ANC, en enige ander swaap wat al vergeet het wat ons kan doen, as ons in ‘n hoekie gedryf is. Moet nie soos Hillary Clinton, so verwyder van die gewone mense wees, dat sy nie besef het wat aangaan op die grond nie. Ons is kwaad. Ons raak uit planne. Ons sukkel om mekaar positief te hou. Hoe is dit moontlik dat ons na die trauma in ons kinders so oë kyk, voor ‘n oop graf staan, en dink dit raak ons nie… Miskien moet hierdie dien as ‘n waarskuwing aan ons “leiers”. Moenie verbaas wees die dag as ons “Trump” voor begin hardloop nie. Moenie sê julle is nog nooit gewaarsku nie.

PvZ ·

Aan al die Afrikaner organisasies, maak nie saak vir watter segment van die Afrikaner jy praat nie. Begin vandag en waarsku die regering, ANC, EFF en enige ander persoon. Waarsku hulle dat ons geduld opraak. Waarsku hulle dat ons planne opraak. Waarsku hulle dat ons uit woorde raak om mekaar positief te hou. Waarsku hulle dat die kyk van ‘n getraumartiseerde kind ons beskuldigend aankyk. Waarsku hulle. Herinner hulle wat gebeur as ons nie meer ‘n uitkoms het nie. Herinner hulle wat gebeur as ons die dag besluit om saam te staan. Miskien moet hierdie ook dien as ‘n waarskuwing aan alle Afrikaner organisasies. Hillary Clinton, asook die meeste Westerse leiers, het verwyderd geraak van die mense op die grond. Hulle is simpatiserend teenoor almal behalwe hul eie. Moet asb nie verbaas wees as ons agter ons eie “Donald Trump” aanhardloop nie. Julle is ook gewaarsku.

Nita ·

Wreed! Barbaars! Verwag n nuwe golf van aanvalle wanneer mense huishulpe en tuinwerkers moet afdank weens die minimum loon wet.

Dellaq ·

My hart huil, my oe wil nie droog…Die arme arme kind en wat moes die ma net nie deurgegaan het nie. Ek het self ‘n kleine seun, wat gaan van ons word? Onskuldige kinders, wit kinders, wat gehaat word oor die kleur van hulle velle.Ons weet dis oorlog teen ons, ons kan nie emmigreer nie. Sit en wag ons maar vir ons beurt? Ek word vertel om op te hou nuus lees, dit maak my negatief, maar ek WIL weet wat aangaan. Hoop jy word gou beter ou seun en sterkte aan die ouers.

AL ·

Goeie vraag! Ons moet hierdie vlaag wrede aanvalle op ons gebruik om steun te werf. Die dag wanneer die hel behoorlik los is, moet ons alreeds n voet in die deur he, dat die wereld ons simpatiek gesind is en help.

Pietser ·

Nou se vir my hoekom sal die wereld worry oor die 2 blankes wat per dag in SA vermoor word teenoor 50 anderskleuriges wat ook per dag in SA vermoor word?

Nel ·

Miskien sal hulle ‘worry’ as hulle besef dat volksmoord besig is om plaas te vind.

Jane ·

Ek wag vir die LIBERALE gespuis, die POLITIEKE partye, die MRK, die INTERNASIONALE media, die ander MEDIAHUISE in SA. Waar is julle? Waar is die Ministers nou? Die eensydigheid in SA word al hoe sigbaarder en die vooroordeel al hoe groter. Snaaks dat DIESELFDE mense wat TEEN onderdrukking geveg het nou heeltemal GELUKKIG is met onderdrukking van minderhede, tog vreemd dat hulle NIKS geleer het uit apartheid nie!

broos ·

het enige iemand die statistieke van hoeveel swart-op-wit moorde teenoor wit-op-swart moorde vir dieselfde tydperk bv Feb 2016 tot Feb 2017? ek dink dit behoort voorblad nuus dan te wees!!!

Okker ·

Wens ek kan daai twee in die hande kry ek het self ‘n outistiese seun so ek verstaan.

Vicki ·

EK kry trane in my oe toe ek die berig lees en ek word kwaad waar wat help my woede en troos my daaraan dat hulle gaan in die hel brand die Here slaap nie .

? ·

Hoekom het die ma net minimale beserings, in vergelyking met haar seun? Snye aan die arms en `n hoofpyn, is regtig niks in vergelyking met wat die seuntjie moes deurmaak nie, Mens sou dink die aanvallers sal groot skade veroorsaak aan iemand wat hard terugbaklei.

Yolande ·

Hulle martel haar met dit wat haar sag maak. N mens moet deesdae soos n krimeneel dink om te verstaan hoe die goed dink

Stella ·

Wat sal gebeur as n swart gestremde kind deur n groep blanke mans toegetakel word. As dit andersom was? Wêreldoorlog 3 sal uitbreek.

Valerie ·

Stella, die media propaganda masjien is ‘n walvis. Jy kan nie om die ding nie; nie oor dit nie; hy sluk jou bloot in. Plekke soos Maroela Media behoort ‘n pluimpe te ontvang vir verslaggewing wat meestal objektief is (ek wens net hulle wil bietjie minder aandag aan sogenaamde celebrities gee). Baie berigte op hierdie platform maak dit nêrens anders nie. News24, Netwerk24 kom uit dieselfde stal en is bevooroordeeld (praat uit ondervinding) en was verlede jaar voor in die koor met die “feesmustfall” kriminaliteit en hul blatante aanhitsing van geweld en eenogige verslaggewing. Probeer daai klomp maar liefs vermy, en ek sluit RSG in (ek weet regtig nie wat daar aangaan nie!).
Die beste/geloofwaardigste/opregste storie is een wat op feite gebaseer is, nie op bespiegelings en sensasie nie. Maroela vaar redelik goed op die gebied.
So, ja, sou dit enige ander kind gewees het, sou die Menseregte Kommissie reeds ‘n hoenderhok vol eiers gelê het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.