Overberg-brand geblus

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Brand wat die grootste deel van die week in die berge tussen Swellendam en Barrydale in die Wes-Kaap gewoed het, is Saterdag geblus.

“Ons het ʼn span wat steeds die gebied dophou, maar die brand is geblus,” het Reinard Geldenhuys, hoof van Overberg-brandweer, gesê.

Die brand is glo Vrydagaand onder beheer gebring en was Saterdagoggend heeltemal geblus. Hy het gesê satelliettegnologie sal volgende week ingespan word om die omvang van die skade te bepaal.

Die brand het Dinsdagaand weens ʼn weerligstraal ontstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.