Video: Brandbestryders swoeg vanoggend voort teen brande in die omgewing van die Hemel-en-Aardevallei en Karwyderskraal naby Hermanus, maar hier kon skade aan eiendom tot dusver voorkom word.
Op en rondom Bettiesbaai, waar die krag- en watertoevoer nog nie herstel is nie, is die brand bedwing en duur opruimingswerk vandag voort terwyl die brandweer ʼn oog hou om te voorkom dat die brand opvlam, sê die Overstrand-munisipaliteit in sy jongste opdatering oor Vrydag se verwoestende brand wat sowat 30 huise op Bettiesbaai in puin gelê het.
Die brandweer het oornag die situasie op dié kusdorpie bly monitor nadat brande wat Saterdag opgevlam het, geblus is. Geen nuwe brande is die naweek op Bettiesbaai aangemeld nie en waar die brand nog gesmeul het, is dit geblus.
Watertenks is by Penguin Place en Best Place in Clarence-rylaan (R44) geparkeer, terwyl die munisipaliteit nog nie weet wanneer Eskom die kragtoevoer sal herstel nie.
In die kloof wes van Volmoed, sowat 5 km noordoos van Hermanus in die Hemel-en-Aardevallei, is brande nog aktief, maar dis moeilik bereikbaar. Ook hier is die situasie oornag gemonitor.
Die munisipaliteit sê die bedreiging vir huise en die restaurant La Vierge in dié omgewing is afgeweer deur regstreeks en ongeregstreekse pogings op land en in die lug.
By Franskraal, 50 km padlangs suidoos van Hermanus, is die brand onder beheer terwyl spanne gister begin opruim het. Suid van die R43 was Sondag geen brande wat opgevlam het nie, maar wes daarvan was ʼn 200 m lange aktiewe brandlyn.
Brandbestryding is gister met grondspanne, ʼn helikopter en grondeienaars se hulp uitgevoer, maar geen gemeenskappe was in gevaar nie.
Alle paaie in die Overstrand-omgewing behalwe die De Bosdampad is oop, onder meer die R44, R43, Karwyderskraal en R320. Verkeersbeamptes monitor die situasie deurentyd om toe te sien die paaie is veilig of om verkeer te herlei.
Lees alle vorige berigte oor die Overberg-brand op Maroela Media.
Ek wonder nou hoeveel waarheid is in die storie dat dit ‘protest fires’ was…
Jy kan dit maar glo dis brandstigting waar anders kom nou so baie brande in Kaap voor. Die krimenele EFF en ANC wat dit doen wil die DA en Wit mense in wes Kaap Breek daardeur is daar baie van hul eie ondersteuners wat se plekke ook afbrand maar hul gee niks om vir hulle persoonlik nie solank hul later die room kan afskep vir hul verkiesing uitslae in wes Kaap
Wil ons ook weet. Elke Jan raap en sy maat stuur deesdae whatsapp boodskappe uit wat geen bewyse bevat nie.
Drieks al die snert wat op whatsapp verkondig word het gemaak dat ek my whatsapp uit my foon gehaal het.Sms’e werk vir my.Hier is duisende mense wat snert propaganda op whats app versprei om paniek te saai.
Mense hier is nie bewus dat daar steeds proteste aan die gang is in Hermanus nie. Die mense is op video gevang hoe hulle die brande aansteek .. dit terwyl daar polisie is wat dit toekyk. Dit kan by die deur van die “Overstrand Unite” gelê word.