Rudolph Smith, die burgemeester van Overstrand in die Wes-Kaap, is Vrydag dood.
Bonginkosi Madikizela, provinsiale leier van die DA in dié provinsie, het die nuus bevestig.
Smith is glo dood weens komplikasies ná ʼn operasie om ʼn breingewas te verwyder.
“Die DA het in ʼn belangrike tyd ʼn toegewyde lid verloor. Ons is ʼn paar maande weg van die 2019-verkiesing en sy bydrae sal baie gemis word.
“Hy het sy lewe toegewy om die afgelope 14 jaar ʼn verskil te maak as raadslid, adjunkburgemeester en burgemeester. Ons wil ons diepste medelye aan die familie bied,” het Madikizela gesê.
Meer inligting was nie onmiddellik bekend nie.
Innige meegevoel vir sy gesin en vriende
Sterkte aan die Gesin en Ouers wat agterbly. Julle kan trots wees oor sy harde werk.