Overvaal: Betogers oorhandig memorandum

Foto: Ian Cameron.

Sowat 750 tot 1 000 betogers het vanoggend voor Hoërskool Overvaal in Vereeniging saamgedrom.

Maroela Media het vroeër berig dié hoërskool se deure is Donderdag gesluit nadat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, glo toestemming gegee het dat die skool Donderdag gesluit mag wees. Die skool sal Vrydag sy normale bedrywighede hervat.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het aan Maroela Media gesê daar was Donderdagoggend ʼn sterk polisieteenwoordigheid buite sowel as binne die skool. Verteenwoordigers van AfriForum asook private veiligheidswagte het voor die skool ʼn oog op die situasie gehou.

“Die skool is uiteraard gesluit, so die kinders is nie in gevaar nie. In dié stadium sing en dans die betogers net,” het Cameron gesê.

Hy het gesê ʼn bakkie is wel vol duike geklap, maar dit is onduidelik aan wie die bakkie behoort.

Foto’s en beeldmateriaal van die betoging wat op sosiale media versprei is, het getoon hoe ʼn groot skare betogers naby die skool sing en dans.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê die situasie buite die skool is baie kalm. “Die betogers het ʼn memorandum aan die hoof van die beheerliggaam en beamptes van die departement van onderwys oorhandig. Die skare is besig om uiteen te gaan,” het Masondo gesê.

Masondo het ook bevestig dat daar sowat ʼn duisend betogers buite die skool was.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys, het aan Maroela Media gesê die departement verwag dat leerders môre sal terugkeer skool toe.

“Kyk, hulle het nou die memorandum oorhandig en ons sal so gou moontlik reageer daarop  – enigiets wat skoolbedrywighede beïnvloed, sit ons net weer ʼn stap terug.”

Foto: Ian Cameron.

Foto: Ian Cameron.

Foto: Ian Cameron.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Hettie ·

En verder kry hulle al die aandag wat hulle soek

Net in SA

Leeu ·

Want ons wil ons skole afbrand, en dan na ander skole toe gaan, daai skool tot op nikswerd dwing, en dan weer van skool af skuif.

Nicky ·

As Overvaal aanvaar afrikaans na Engels in skool, Alles sal skade word, want hulle sal bly moeilikheid inbring, selfde met my ou dowes skool, Hulle is 60 jaar oud Afrikaans skool, Het laas 3 of 4 jaar terug aanvaar Afrikaans skool verander na Engels skool. Vandag hulle klaar skade en konnie klaar bou voltooi nie. nog nooit opf sukkel fund kry om te herstel en sorg. pasop kyk mooi, hulle moet bou nuwe skool en skade daar nuwe skool, nie by History skool nie.

leon ·

Ek is bevrees ons sien ‘n nuwe fase van protes. ‘n Afrikaanse instelling word direk geteiken. My respek en bewondering vir die skool en sy leiers wat hul voet dwars gesit het en met uiterste beheersing die situasie “bestuur”. Hierdie blatante aanval op minderheidsregte gaan ‘n treep in die sand in die toekoms word.

Ore ·

Ek wonder altyd oor die betogers.Werk hulle? en as hulle werk het hulle verlof of bly hulle net eenvoudig weg van die werk? Indien hulle werkloos is,word hulle betaal en indien wel hoeveel en deur wie.En dan wonder ek, SA sou n baie produktiewe land gewees het indien hulle ook so energiek by die werk was.

Asjas ·

Imagine jy kan al daai energie wat hulle verbrand deur te sing, dans en skree, bottel en uitvoer?
Imagine AS hulle werk het en al daai passie waarmee hulle so haat en afbreek, in hul werk gesit het?

Sloet ·

Wanneer gaan mense besef dit gaan nie oor 55 uit miljoene leerlinge nie, maar oor mense wie nog fasiliteite eksklusief wil hou….. dink aan die gefaalde Gariepfees…. en nou Adriaan Nieuwoudt se gefaalde EUREKA wit dorpie…. en dan dié skool. Volgende jaar is dié skool OOP. Mark my words. Wees liewer deel van die oplossing en die samelewing in Afrika, julle is ‘n ou druppeltjie in die grote see… oor 5 jaar is julle nog minder….. Werk liewers nou aan verhoudinge en bou ‘n gesamentlike toekoms op. Overvaal en sulke insiglose besluite deur beheerliggame werk teenproduktief. En ja, you can win the battle (soos met die hofsaak), maar you will lose the war. Dit is duidelik.

Spikkels ·

Sloet jy bly seker nie in SA nie. Daar is nie plek vir die 55 Engelse of enige ander leerlinge nie die skool is VOL dit is n Afrikaanse skool wat vol is met SWART en WIT leerlinge wat Afrikaans magtig is en die skool kan nie die Engelse leerling akkomodeer nie daar is Engelse skool daar naby wat GLAD NIE VOL IS nie en die hof het ook so besluit dat skool VOL is.

Oorvol ·

Sloet J̶̲̅ÿ het duidelik net afrikaanse kinders op skool nie! Die afrikaanse skole in ons land °̩s maar 5 persent. Waarheen moet ons dan met ons kinders gaan. ϖӐȾ het geword van demokasie ȇȠ mense regte. °̩S dit nou net engels sprekende mense ϖӐȾ regte het in ons land. Daar °̩s baie slegs engelse skole hoekom mag daar nie slegs afrikaanse skole wees nie?

Pro-Afrikaan ·

Die aanslag teen die blanke afrikaan gaan kolatorale verliese ook hê.
Afrikaans is die twede grootste huistaal in SA…
Blanke mense is so om en by 5%… maar 14% van SA gebruik Afrikaans as n eerste en huistaal.
Die Koi en San mense se eerste taal is dalk nie Afrikaans nie… maar hulle gaan skool en leef in Afrikaans.
Noord-kaap mense kan gladnie engels praat nie.. wat van hulle.
Wat van al die kleurling en kaapse indier mense in die Kaap wat hoofsaaklik Afrikaans praat en skaars n woord engels kan praat.
Kimberly se wereld… Noord-wes… die hele weskus op is almal Afrikaanse mense…. Engels is uitheems vir die mense..
Wat gaan jy vir hulle se Sloot…
Want soos ek se…. die ongevraagde aanslag op blanke kultuur gaan baie kolatorale skade aanrig aan ander nie-blanke gemeenskappe.

Casper Labuschagne ·

Ek voorspel dat die EFF ondersteuners vandag Hoërskool Overvaal se atletiekseisoen vroegtydig sal open met ‘n boverwagte puik vertoning in die 100m naelloop, maar eers sodra die polisie rubberkoëls afvuur.

Johan ·

Hoekom betoog net hulle, waar is die afrikaanse mense wat ook moet betoog vir die behoud van die skool en hul taal en vir die veiligheid en opvoeding van hul kinders. Hoekom kan net hulle dit doen en dan gee almal in. Daar word altyd gesê dinge moet stop, so kan dit nie aangaan, maar hier is n geleentheid vir ons mense om op te staan en “to stand our ground”.

Tammy ·

Ore, jy is heeltmal reg, ek wonder ook of die graasmakers werk en wie betaal hulle vervoer na die plek waar hulle betoog. Ek dink nie hulle werk nie, die ANC het al met hulle magsbeheptheid so baie werksgeleenthede laat verlore gaan. Pleks hulle tree net dood eenvoudig hard en ferm op teen die klomp oproeriges , nou word hulle beskerm en gepamperlang. Ek wil net noem…kyk hoeveel werksgeleenthede is tot niet met die Poskantoor se maande lange staking. Vandag het ons nie meer die poskantoor nodig nie, daar is hope elektroniese dienste en andere wat die werk baie effektief doen. Hulle vernietig hulleself stelselmatig.

blabla ·

Ek glo dat meeste van die betogers geen verband hou met n kind wat toelating soek nie……is seker aangery van iewers af!

What the ·

NOU WIE Is hulle miskien om nou so tekere te gaan en betoogskrifte te oorhandig, as ek nou met een daar aankom gaan hulle van my ook een ontvang? WIE IS DIE MENSE? Word hulle nie net gehuur om politieke agendas uit te voer nie? Ek sweer nie EEN van hulle se kinders is in daardie skool nie maar almal gebruik die EFF deesdae om amok te maak en wanorde te saai sodat die “regering moet luister”.

Veelseggend ·

Ek is seker ek het die naweek in die Rapport gelees dat die 55 leerders nie eers opgespoor kon word nie. Net 8 het betyds aansoek gedoen. Van hulle het nie al hul papierwerk gehad nie. Waarom word daar steeds in elke berig van 55 leerders gepraat. Waar is die 55 leerders. Siende dat daar nou duisende mense is wat vir hierdie 55 opstaan, moet die 55 tog maar net seblief bewys dat hulle werklik daar wou skool gaan en dat hulle betyds aansoek gedoen het en bo alles dat hulle al 55 werklike lewende studente is wat bestaan.

FM ·

Ek hoop OVERVAAL se hoof, ouers en kinders en onderwysers staan vas. Gaan gewoonweg aan met jul werk en laat hulle maar lawaai, solank julle net NIE toegee NIE. As julle toegee, is dit verby met die skool. Dan het nog n afrikaanse skool gevou. VASSTAAN!!!!

Cherokee ·

Miskien moes daar ook ‘n ewe sterk Afrikaanssprekende betoging gereël gewees het wat van voor ligdag voor die hekke anti-betoging toegepas het.

Ruby ·

Ek hoop die dametjies in hul skool rokkies wat baie opgewonde ‘n onderhoud gevoer het is baie in hul noppies met hulself.

Knap gedaan ouers.

Pop ·

Johan ek stem saam met jou. Is maklik om met vingers op toetsborde te kerm en kla, maar as daar geleentheid is om mond oop te maak en jou man te gaan staan is daar niemand. So weet hulle ook ons afrikaners is bangg….e

Pieter ·

Stop `n blik verf in die betogers se hande en laat hulle sommer die fiets loods se dak verf. dan doen hulle iets goeds.

Pasop ·

Interressant dat NIE DIE OUERS van die 50 kinders betoog nie,maar wel die wat nie skool gaan en die wat moeilikheid makers is….dis lagwekkend. Stel eers vas wie die ouers is,sal nie verbaas wees as hul hoog in die rang is,en dan word die leegleers gebruik en betaal om te betoog. Onthou die ANC se woorde:” Soos paddas word ons stadig warm gemaak en dan wanneer ons wil uit,dan is dit te laat” . Ons moet wakker word,dis als deel van staatskaping,niks meer nie

Wonder net ·

Sou dit so moeilik gewees het om soos met Swart Maandag ook mense gereël het vir daai kant vandag? Die skool gaan buig onder die druk want niemand van ons staan op vir die skool.. Om te tik help nie… As ek in daai kontrei was, was ek daar!

Lolla ·

Waar is die swart kinders wat in Overvaal is se ouers?! Handig die memorandum aan hulle oor… Sal dit so gebiet om die eff se gesigte te sien as hulle n “rasistiese” memorandum aan een van hul eie oorhandig! Hahahaha

Janneman ·

Spreekwoordelikke voorbeeld van die tirannie van die meerderheid.

Nieteenstaande konstitusionele beskerming vir moedertaal onderwys en n hofuitspraak ter ondersteuning van die skool besluit die gepeupel wat die waarheid is en wil dit dan met geweld en intimidasie afdwing.

Ek hoop die regters gaan sterk staan.

Pablo ·

Sloet de Villiers wat nie eens in ons land woon en practise wat hy preach nie?

Niemand ·

Is die ANC nie veronderstel om die Skole te verskaf aan die leerders wat nie plek het nie. Bou nog skole. Die mense word baie meer en daar is nie plek vir die kinders op skool nie.
Dan is die ANC deel van die optog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.