Overvaal-betoging: Talle vas, beseer

Twee mense is vanoggend beseer en tien is in hegtenis geneem buite Hoërskool Overvaal in Vereeniging. Foto: Twitter via @jonisayi

Minstens twee mense is vanoggend beseer en tien is in hegtenis geneem buite Hoërskool Overvaal in Vereeniging.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes was genoodsaak om rubberkoeëls op die skare af te vuur omdat hulle nie gereageer het op opdragte van die polisie om uiteen te gaan nie.

Betogers van die ANC en die EFF het kragte saamgesnoer om voor die skool te betoog en begin om rommel voor die skoolhek te strooi.

“Daar is twee persone beseer, een in sy nek en ʼn ander in sy regtersy. Hulle is op die toneel behandel deur die nooddienste en per ambulans na ʼn hospitaal vervoer,” het Dlamini gesê.

Twee mense is vanoggend beseer en tien is in hegtenis geneem buite Hoërskool Overvaal in Vereeniging. Foto: Twitter via @Jonisayi

Een betoger is ook gering beseer toe hy op sy hand geval het terwyl hy van die polisie weggehardloop het.

Volgens Dlamini is tien mense in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld. Hy het die situasie as “gespanne” beskryf. Betogers het vroeër buitebande aan die brand gesteek buite die skool.

“Die kinders in die skool is 100% veilig. Daar is ʼn sterk polisieteenwoordigheid en ons monitor die situasie,” het Dlamini gesê.

Hoërskool Overvaal het intussen op Facebook gevra dat daar nie onnodig boodskappe rondgestuur word wat paniek saai oor die situasie by die skool nie.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê agt mense is tydens die protesaksie beseer. “Hul beserings wissel van gering tot matig.”

Die betoging voor die skool hou verband met ʼn hooggeregshofuitspraak vroeër vandeesweek toe die hof beslis het dat die Gautengse departement van onderwys nie Hoërskool Overvaal kan dwing om 55 Engelssprekende leerders by die skool in te neem nie. Maroela Media het vroeër berig die skool het aangevoer hy het nie plek vir nog leerders of die nodige hulpbronne om dié Engelssprekende leerders te onderrig nie.

Twee mense is vanoggend beseer en tien is in hegtenis geneem buite Hoërskool Overvaal in Vereeniging. Foto: Twitter via @Jonisayi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Ronell ·

Ai hoe korrek is Donald Trump se siening oor Afrika, absoluut 100%. Tragies hoe die eff en anc hom reg bewys

Pappa Beer ·

Dis nie die skool wat die uitspraak gegee het nie, dit was die hof! Hoekom gaan maak hulle dan nie by die hof moeilikheid nie!?!

Stem Saam ·

Stem saam met jou Monty. Hy is aspris en veroorsaak hierdie nonsens. Dit is nie die eerste keer nie.

Attie ·

Dit is skreiend dat nabygeleë Engelse skole met kapasiteit vir ekstra leerlinge, gedwing word om valse verklarings te maak daaroor, net omdat Lesufi Afrikaanse skole wil transformeer

rene ·

Ek hoop dat die 55 leerders se ouers sal sien watter gemors hulle nou veroorsaak het. Daar is engelse skole in hulle omgewing, dit was nooit asof daar net die afrikaans skool was nie. En nou word daardie 55 lede se jaar heeltemal omver gegooi. Ek hoop die ouers en Lesefi begin aan die kinders nou dink en nie aan hulle self en hulle eie planne om alles om te krap.

Nel ·

My vraag is , is daar nie werk in die Vaaldriehoek waarmee betogers hulle kan besig hou as om van instansie tot in stansie te beweeg en moleste te maak nie. Genade wat sal die buite land van ons dink….

Jef ·

Die buiteland weet wat in SA gebeur maar hulle hoef nie verder te dink nie want dis nie hulle probleem nie.

Bob Jaan ·

Kyk mooi…dit het nooit gegaan oor die kapasiteit van die skool of die “leerders” nie want ons weet mos nou daar was ander skole wat hulle kon akkomodeer. Dis uit en uit net n veldtog om van afrikaanse skole ontslae te raak.

PJC ·

Afrikaanse kinders sal moet leer om saam te staan. Hoekom was daar so min van die leerlinge se ouers terwyl almal verwag het die spul gaan amok maak. As my kind in daardie skool was, was ek daar ongeag wat se ander verpligtinge ek het.

Genoeg is genoeg ·

Trump het die spyker op die kop geslaan! Waar in jou lewe het jy gesien dat mense aangemoedig en beloon word deur grants om meer kinders te kry, maar daar word nie voorsiening gemaak vir skole ens. nie. Oooo ek het dit gesien dit is in SA die laaste 28 jaar van sogenaamde Demokrasie, onder leidindin hoewel eerder lyding van die ANC. Ja ‘n vooruitgaande land het meer onder die ANC gely as vooruitgegaan. Dink nou maar net aan die minister, selfs die kinders in skole lag die President uit in hulle opstelle. Hoe lank moet blankes nog hierdie opstokery hanteer die EFF en ANC gaan aan om rasse haat aan te moedig. Dit is wat hulle Demokrasie noem? Wanneer word daar teen Lefusi opgetree hy is medepligtig aangesien hy die aanhits werk gelei het.

Melia ·

Nou as hul inkom dan is die vlg seker hul wil verniet onderrig word ook..

chris ·

Die skool was reeds vol, laat jy die 55 toe is daar more nog 55, die engelse skool om die hoek het wel plek vir die 55.Hierdie gaan net om die afrikaner bytekom en hulle indring oorals.

chris ·

Die skool was reeds vol, laat jy die 55 toe is daar more nog 55, die engelse skool om die hoek het wel plek vir die 55.Hierdie gaan net om die afrikaner bytekom en hulle indring oorals.

JA NEE ·

Amal wat in 1992 JA gestem het is die oorsaak van die vot land, maak seker jy eet nou al daai vot pap ne

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.