Overvaal: Departement kry bloedneus in grondwethof

Foto: ANA.

Die konstitusionele hof het die Gautengse departement van onderwys se appèlaansoek oor die plasing van Engelstalige leerlinge by die Hoërskool Overvaal met koste van die hand gewys.

Volgens die uitspraak is die aansoek van die hand gewys omdat daar geen kanse op sukses is nie, aangesien die departement misluk het om enige of voldoende oorweging te gee aan die beskikbare kapasiteit by twee naburige skole. Die Phoenix High School en General Smuts High School, wat Engelse onderrig aanbied, is in dieselfde voedingsgebied as Overvaal.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het einde Januarie aangekondig die departement gaan die konstitusionele hof direk nader ná die hooggeregshofuitspraak oor Hoërskool Overvaal.

Overvaal het in Desember ʼn dringende aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien nadat die departement opdrag gegee het dat 55 bykomende Engelssprekende leerders in 2018 by die skool toegelaat moet word.

Regter Bill Prinsloo het op 15 Januarie beslis Overvaal hoef nie die 55 Engelstalige leerlinge te aanvaar nie, aangesien die skool tot kapasiteit vol is en twee nabygeleë Engelse skole oorgenoeg plek het om die leerlinge te huisves.

Panyaza Lesufi. Foto: ANA

Gewelddadige betogings het by die skool uitgebreek ná die hofuitspraak. Die polisie moes onder meer rubberkoeëls gebruik om die betogers te verjaag en talle mense is in hegtenis geneem. Die skool moes ook noodgedwonge sluit toe die ANC en EFF na die skool opgeruk het. Sowat 1 000 betogers het voor die skool byeengekom waarna ʼn memorandum aan die hoof van die beheerliggaam oorhandig is.

In die memorandum het die organisasies aangevoer dat die besluit om nie die Engelssprekende leerders toe te laat nie “rasgemotiveerd” is.

Die laaste betoging het gevolg nadat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, op 23 Januarie met Lesufi en verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) vergader het. Daar is ook vergaderings gehou met die skool se personeel, leerders en ander groepe soos die EFF en die studenteorganisasie Cosas.

Motshekga het ná die vergaderings die media toegespreek en gesê hulle het nie die betogings en geweld buite die skool verwag ná die hofuitspraak nie. Sy het die betogings as “totaal onaanvaarbaar” beskryf en gesê kinders het die reg om te leer en om beskerm te word.

Lees alle vorige berigte oor Hoërskool Overvaal op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Adam ·

Die Dept moet sommer verantwoordelik gehou word vir al die skade wat aangerig is tydens die betogings Daai provinsiale minister dink hoeka te veel van homself

Arak ·

Persoonlik voel ek dat Lesufi en sy kornuite ook die hofkoste moet dra. Dit is nogal lekker as jy almal kan dagvaar en jy word nooit persoonlik vir die koste aanpreeklik gehou nie.

Chris ·

A weer het reg en geregtigheid geskied in belang van afrikaanse leerlinge. Sal graag wil hoor wat se mnr Lusufi nou , hy het mos n self opgelegde missie om die blankes te probeer onderdruk en te verneder

Salamander ·

As ‘n oud-Valie : Angie en Panyasa, ek het twee vuiste vol vingers vir julle. Take a pick!

Siek en sat ·

Baie dankie vir hierdie hofuitspraak. Hulle wil mos alles met geweld probeer dwing soos dit hulle pas. Baie baie dankie. Dit was moedswilligheid aan die departement se kant.

Willem ·

As ek so na Lesufi se geskiedenis oor sy dryf teen Afrikaans kyk, kan ek julle waarborg die rook trek nou by sy ore uit soos hy nuwe planne bedink.

Jaco ·

Dik swart rookwolke trek dàar.

Ek dink dit het tyd geword dat n instansie soos Afriforumn paar lesse oor demokrasie, logiese strategiese wn operasionele beplanning tesame met lesse oor aanspreeklikheid opstel en aanbied vir owerheidspersoneel wat betrokke was by Overvaal Hoërskool se dinge.

Lee ·

Ag foeitog. Nou gaan hy seker weer sê die Hof was ook rasisties. As hulle mos nie hulle sin kry nie word die “race card” altyd gespeel. So moeg vir useless Lesufi se gesig!! Hy wou net NOG ‘n Afrikaanse skool grond toe bring.

Lizl ·

Lekker… Net `n week terug gewonder oor wat het geword van die saak. Volgende vraag is nou : Wat gebeur met die wese wat gesing het : White man must die ! ????

Keelvol ·

Min. Lesufi, julle moet ophou alles altyd as rassisme te wil afmaak.
Hoop jy het nou geluister na wat die howe sê.
Te veel geld word op sulke onnodige hofsake vermors. Gaan jy die koste persoonlik betaal?
Hoeveel van die beloofde skole is nou al gebou? Die nuwe skooljaar is naby. Waar gaan al die nuwe leerlinge plek kry?
Hou op tyd en geld mors met sulke goed en begin ‘n slag die werklike probleme met net soveel entosiasme aanpak.
Word nuwe skole beplan of is die beplanning net watter skool volgende geteiken gaan word?

Heinrich ·

Goed gedoen ouens, trots op julle ruggraat! Vat so Lesufi, gaan breek nou maar iets anders, aangesien jy niks kan bou nie!

Tertia Human ·

Well done!!!!!!! stop om julle oorals in te wurm en as julle nie julle sin kry nie alles te probeer afbreuk! Is dit as ouers wat julle voorbeeld aan julle kinders wil wys. AFRIKAANS BO!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Mpia le Katse ·

Hy hardloop vinnig hoftoe om sy sin te kry maar ignoreer houitsprake as.dit teen sy sin gemaak word

jaco ·

en nou juig almal en vergeet die volgende: die howe in Zimbabwe het ook Mugabe se afvat van wit boere se plase veroordeel as ongrondwetlik. Al wat Mugabe toe gedoen het, was om daardie regters af te dank en met regters te vervang wat konsekwent uitsprake lewer wat in lyn is met sy beleid.
Mark my words: nog 2 jaar of minder en dieselfde gaan hier gebeur. Wit regters sal ook eerste waai. Ek sien dat daar juis ‘n regter Prinsloo reeds by hierdie saak betrokke was…

Alida ·

Mooi man. Daar is seker nog geen nuwe skole beskikbaar vir 2019 nie. Kan mos nie dink daar is nou dubbel soveel kinders as 6 jaar gelede nie.

m.d.r ·

Panyeza Lesufi moet nou baie vinnig uit sy pos verwyder word—-die man is ‘n rassis. Punt.

David ·

Baie goeie nuus.

Ek wonder net as die ANC en EFF so gaan aanhou hammer op die witmense, of hulle nie besig is om onder ons rasiste te kweek nie?

Al die druk op ons laat mens met ‘n wrange smaak in die mond.

Koos de Meyer. ·

Ek is nie ‘n rassis nie maar my taal is my taal. Afrikaans bo. Dis lekker om te hoor van die hof se uitspraak.

Liz ·

God veg vir ons. Ons hoef net stil te wees. Hy is in beheer. Dankie minister Angie. Ek het baie respek v u hantering vd saak. Sy het die kinders gerusgestel op n moederlike manier. Geregtigheid het geseevier. How great is our God ?

Morne ·

Die gepeupel duur net voort…onbevoeg kry n nuwe betekenis onder die kom-raides…

Buffel ·

Vat so Lesufi!! Mag dit vir jou ‘n les wees. Jou < 80 argumente staan toe nie in die hof nie ……

corne ·

Dankie tog.Een skool mindeer wat hulle kan afbreuk.Slegte nuus is volgende jaar gaan hulle net weer dieselfde prober doen.Departement LEER nie Geen hulle n druip raport.

Cobus ·

Kan iemand my nou sewat gebeur met al hierdie aansoeke vir hierdie jaar wat kinders gedoen het vir hulle naaste skole of het Lesufi tog op die ou end gewen ?

leon ·

‘n Goeie oorwinning!! Maar die oorlog moet gewen word.

Hulle beplan klaar die volgende aabnslag. Ek hoop almal staan reg om ondersteuning te bied as die volgende aanslag kom!

Geluk aan die skool, personeel, regsmense betrokke.

Charles ·

Hoera!!!

Daar is lykmy darem NOG SO KLEIN BIETJIE geregtigheid van die kh se kant af.

Geluk Overvaal; dit beteken nou dat minderheidsgemeenskappe en taalgroepe, hul kinders, en die se tale, by hulle skole ( STAATSKOLE) gewaarborg is ! Baie, baie geluk, en dankie dat julle vir ons taal, ons toekoms en ons kinders en hul toekoms geveg het!
Afrikaans Leef !!!!

Hierdie is ‘n MASSIEWE OORWINNING vir Afrikaans en Afrikaanses VAN ALLE KLEURE en KAN NIE genoeg BEKLEMTOON word nie !!! (sal GUN my kind in ‘n Engelse skool plaas nie, nooit nie, ek (EN MY KINDERS) is AFRIKAANS EN SAL DIT BLY TOT DIE DAG DAT ONS, ONS LAASTE ASEM UITBLAAS)

Hendrik ·

Dit is tyd dat ouens soos Patrice Motsepe en sy swaer Cyril R skole bou want hulle het gebaat uit die BEE skep.

mfana ·

gaan lesufi aanspreeklik gehou word vir die regskoste van hierdie belaglike saak wat hy uit wraak teen die skool gemaak het?

Jakalas ·

Darm wil hulle ‘n wet in sit om betoogings to vêr as moontlik van skole af te hou (soos om ‘n vlam van brandstof af te hou) om kinders se veiligeid te verseker. Ongelukkig gaan dit nog laaaank vat voor hulle iets op die boeke kan kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.