Overvaal: ‘Dit gaan nie oor weerhouding van onderwys nie’

Die situasie  Donderdag buite Hoërskool Overvaal na daar vroeër die dag ‘n petrolbom gegooi is. Foto: Ian Cameron.

“Die VF Plus veroordeel die afgelope week se protesoptrede en geweld by Hoërskool Overvaal in Vereniging asook die openbare haatspraak van oproeriges,” het Kobus Hoffman, VF Plus-raadslid vir Sedibeng, gesê.

Hoffman meen afgesien daarvan dat die protesoptrede sonder die vereiste magtiging van die polisie en stadsraad plaasgevind het, is dit onrusbarend dat raadslede en munisipale amptenare daaraan deelgeneem het.

“Die VF Plus wil hiermee ouers en organisasies wat gehelp het om kinders veilig te hou, bedank. Ons wil ook die polisie bedank vir hul flinke optrede en ontlonting van die plofbare situasie.

“Die VF Plus veroordeel egter die ANC en die EFF se opruiende optrede en haatspraak, aanhitsing van geweld en intimidasie. Hierdie optrede is uiters onverantwoordelik en bots lynreg met die Grondwet waartoe ons almal verbind is,” het Hoffman gesê.

Die VF Plus meen die uitsprake van die DA, ANC en EFF teenoor Hoërskool Overvaal is “blatant en onvolwasse” nieteenstaande die hooggeregshof se uitspraak oor die aangeleentheid en die statutêre regte van die skool.

“Die VF Plus veroordeel die miskenning van moedertaalonderrig deur hierdie partye – hulle buit hierdie situasie opportunisties uit deur populistiese uitsprake te maak en stemme te werf. Dit gaan hier nie oor die weerhouding van onderwys aan enigiemand nie, maar oor die behoud van Afrikaans as onderrigtaal by Hoërskool Overvaal.”

Hoffman het melding gemaak dat die hofuitspraak dit stel dat daar Engelsmedium-skole in die  omgewing is waar die betrokke 55 leerders ingeneem en in Engels onderrig kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

JPV ·

…,. en dan is daar nog altyd wit Afrikaans sprekendes wat DA stem. Hoe dom kan ‘n mens nou wees. Net bly ek het lank terug al die lig gesien….

Cherokee ·

JPV, lank lank terug het ek gesê soos niemand ja gestem het nie sal daar ook ‘n tyd wees wanneer al die gewese DA-ondersteuners sal ontken dat hulle ooit DA gestem het. Lees die kommentare en jy sal leer dat daar slegs 3 ja-stemme was – die van fw, pik en meyer. Binnekort sal ook nooit enigeen DA gestem het nie. Dit is dan wanneer jy met ‘n wrang glimlag kan dink aan die geskiedenisverhale oor hensoppers vir wie niemand agting gehad het nie.

Karen ·

En mense raak steeds kwaad vir my as ek sê die DA is gevaarliker as die ANC. ANC is ten minste openlik met hulle kriminaliteit

snoefie ·

was daar dan enige twyfel dat die vyandigheid by hoërskool Overvaal enige iets anders as populistiese propoganda is? wat ek wil weer, waar gaan dit volgende gebeur?

TLC ·

Snoefie stem saam jou. Dit is n angswekkende geval ek kry koue rillings want ek dink die is net die begin nou gaan die ander Afrikaanse skole getarget word.jip ek is n x DA stemmer maar wat gaan enige party vir ons voorentoe beteken en dit kom van n baie bekommerde ouma

Pik ·

Tyd dat ons die kiem smoor dis nie die kinders wat so aangaan maar hulle ouers waar werk hulle dat hulle elke dag daar kan rond hang pleks werk hulle

Flippie ·

Kry n hof interdik teen die betogers. Ek’s oortuig daar’s genoegsame regsgronde daarvoor.

Pieter ·

Hulle verontagsaam dan reeds alle hofuitsprake! Die einste een wat se dat die 55 kinders nie daar toegelaat hoef te word nie… Die een wat hulle verbied om “Kill the Boer” te sing… En en en!
Wat laat jou dink hulle sal n volgende bevel gehoorsaam?

Flippie ·

@Pieter
By verontagsaming van n hofbeve/interdik l om nie die area te betree en te intimideer nie, word die perso(o)n(e) onmiddelik arresteer.

Die hofuitspraak ten gunste van Overvaal is iets anders as n hofbevel en het geen betrekking op die EFF of ANC of enigiemand anders nie, dis iets anders as n interdik wat spesifiek teen hulle verkry moet word.

Ek dink bv die haatspraak teen, en intimidasie van minderjariges, asook saakbeskadiging van openbare eiendom kan as rede vir n hofbevel/interdik dien.

John ·

Waarom word die betogers steeds in die gebied rondom die skool toegelaat? Toe die Gupta’s kwe is die betogers onmiddellik vasgevat. Iemand sal eers ernstig beseer word of erger nog dan sal daar dalk miskien aksie geneem word. Waar is Cyril…. o ja, in die buiteland… en so sal dit weer gaan…

Alta ·

Sal n swart skool in bv Kwazulu Natal sy taal beleid verander en wit afrikaans sprekende kinders aanvaar en hulle onderrig in afrikaans ?

Henk ·

Hierdie situasie is heeltemal verkeerd hanteer. Die beheerliggaam moes die 55 ingeneem het, hulle in n klas gesit het, en die “buck gepass” het na die onderwys department om te sorg vir onderwysers en skoolboeke. Hulle moes dan ook aangebied het om die engelse leerders te help plaas wanneer die department nie kon lewer nie. Maar nee, almal is reg vir hof toe hardloop en n Groot bohaai te maak. En wat het ons nou daarvoor? Nog amunisie vir n verwronge politieke situasie

CAB ·

Sodat daar minder Klasse is en daar 50 Kinders (Afrikaans) in n klas is omdat klas kamera afgestaan moet word. Daar is plek gewees in die twee engelse skole. Daars Nie Elke jaar Afrikaans skole gebou Nie daar word engelse skole gebou. Moet asb Nie n politiek agende op skole goed praat Nie.

Cherokee ·

Henk, jy bewys onkunde. Die departement het aangebied om onderwysers beskibaar te stel maar die beheerraad was slim genoeg om te weet dat die department die onderwysers weer sou onttrek en die skool dan sou moes pa staan.

Renette ·

Henk as hulle eers 55 “engelse” kinders daar in het gaan dit net meer en meer word volgenge jaar is daar net 55 afrikaanse kinders en as jy wakker skrik sit ons met 1 afrikaanse skool minder. Dit het ek al baie sien gebeur

Riks ·

Dit is siek om te dink waardeur die skoliere moet gaan. Dink net hoe bang die kindertjies moet wees. En wie maak agter die betogers skoon? Die media moet ook kwalik geneem word, net dit wat deur die media as nuuswaardig beskou word, word gedeel. Miskien moet alle kante van die stories versprei word sodat die wêreld kan sien wat rêrig aangaan in ons land

Daniel ·

Wie wil nou vir ‘n party stem met dieselfde beleid as die ANC? Wakker word!! Rome brand en jy weet dit nie, mnr. Venter??

Anoniem ·

Ja die mense wat so lekker nog vir die DA ook stem moet wakker word hulle verskil nie veel van die ANC nie.

Jean ·

Goed om te begin waar neem daar is blankes wat die Da sien vir wat hul is! Jy verkoop jou siel en kultuur en eie nasie vir minder as dertig stukke silwer om vir hul te stem as n blanke veral n Afrikaans sprekende blanke…
Ai maar helaas sommiges dink die is al party wat teen hul die anc kan opstaan en miskien is dit so…in elke geval die anc of die Da wys albei daar is nie n plek vir blanke regte in Suid Afrika nie…So hoekom dan vir n klomp wolwe in skaapklere stem? Dit is om jouself voor te berei vir jou eie ondergang…ai lekker dom ne…Dan stem ek eerder vir VF en behou my integriteit en self waarde..dankie

snoefie ·

om te dink Helen Zille het die DA op n skinkbord weggegee. eers toe sy almal gevra het om vir lindiwe Masibuko te stem ten koste van Athol Trollip en toe Moesie van wie min gehoor het voordar hy die leier van die DA geword her. waar is helen se lindiwe nou? sy is nie eers n Suid Afrikaner nie.

Daan ·

Dit gaan oor rassisme swartmense se haat teenoor wit mense hoekom sing hulle kil the white man ??

Hansie slim ·

Ek is jammer maar hierdie artikel is nie geskryf om punte te “score” vir die DA of VF nie.
Hulle kan dit nie vat dat die Afrikaanse skole baie beter doen as hulle nie. Hulle wil dit stop. As hulle dan ‘n paar van hulle goed opgelei kan kry in die proses…. is dit ‘n bonus!

Chris Ws ·

Baie geluk aan die blankes wat kom help het om die kinders te help beveilig.Ek is baie beindruk met die geduld wat hulle beoefen het!Hulle weerhouding van om ook geweldadig te raak tydens die betoging is prysenswaardig!Ons buitestaanders weet nie wat daai betogers als kwytgeraak het nie en die manne het hulle net staan en aankyk.Baie mooi manne.Die polisie sou nie geskroom het om julle vinnig te arresteer sou julle dieselfde gedoen het nie!Julle is ‘n uitstekende voorbeeld vir ons ander mede Afrikaners.Dankie aan julle.
Die DA is die Anc se kleinboet.Bewys my asb verkeerd.Hulle is ook TEEN Afrikaans as onderrigtaal , VIR “grondherforming” en VIR regstellende aksie.Nou wat nou?Stem vir die ANC en kry klaar en moenie rondspeel nie.Die VF+ is die enigeste party VIR Afrikaners.Of weet iemand dalk van nog een?Haal die skille van julle oe af mense!

Piet ·

Hou op om die DA so gas te gee. Een van die dae stig hulle die Nuwe DA, dan gaan hulle vir ons n beter SA beding. Mens moet daardie ondersteuners geluk wens met hulle insig- hulle is besonders slim.

Domvraag ·

Piet ek dink nie jy glo dit wat jy kwytraak nie. Hoekom is Zille uitgewerp en nou is dit de Lille se beurt?

leon ·

Laat ons duidelik wees, die onsmaaklike situasie is geskep deur Lesufi. Sy ideologiese beheptheid om die Afrikaner aan te val en so aandag af te lei van die patetiese bestuur van basiese onderwys in die provinsie.

Weerenns geluk aan die skool en hul dappere standpunt vir Afrikaans en dus die doeltreffende bestuur van die skool. Geluk aan die manne en vroue wat die skool moreel met hul teenwoordigheid ondersteun het. Dit te midde van felle uit tarting van die wettelose betogers. Julle bedaarde optrede het ons saak versterk.

Callie ·

Vir my skrikwekkend dat almal nou die DA wil aanvat. Is hulle die wat die Engelse leerders in die skool probeer indwing het. Het hulle daar betoog en klip gegooi. Het die DA die ding begin. Ek was ook n paar jaar terug n DA. Nie meer nie maar om hulle nou aan te val. Sien wat hier gebeur vir wat dit is. Dit is blatant n swart aanval op van die laaste wit standaarde. Dit is deel van Rhamaphosa en die ANC se kook van die wit paddas. Erens gaan die witmense moet besef om op Maroela gal te braak ons niks in die sak gaan bring nie. Wittes moet in elke dorp begin bymekaar kom, leiers kies en so die land se wittes bymekaar kry. Ons hardloop uit tyd uit en niemand doen iets behalwe om agteroor te sit en mond uit te spoel op Maroela nie. Swart Maandag moet herleef. Asb, kom ons begin net

Christo Pienaar ·

Die sgde. issue oor taalbeleid is niks anders as politiekery nie. Die DA se leier sê ook net wat die gehore wil hoor. Pasop, hy is ‘n verkleurmannetjie. Die DA stel geensins belang in die beskerming van minderhede se regte nie. Die de Lille gemors gaan veroorsaak dat die DA baie bruin stemme gaan verloor asook Afrikasnse stemme. As ek Patricia is sal ek die ID laat herleef want sy is iemand met moed en deursettingsvermoë. Kaapstad kan hulle maar gereedmaak vir ‘n ANC stadsraad. Ek twyfel of die DA sy huis in orde sal kry voor die 2019 verkiesing.

Jacques venter ·

JPV. Het gesê dat wit afrikaans sprekendes wat DA stem dom is.

Toe antwoord ek dat ek in daardie kategorie val

Toe beweer ek dat ek nie dom is nie.

Toe haal MM my bydrae af.

Beweer MM dan ook dat ek dom is?

As die wittes wat DA stem dom is, dan is die meerderheid wittes dom.

Eddie de Jager ·

Ek sal graag die opinie van ‘n regskenner wil lees oor die stappe wat gevolg kan word indien mens in ‘n situasie beland waar jou lewe bedreig word. Die opinie moet alle stappe bevat tot alle opsies uit geoefen is tot mens moet oorgaan tot aksie wat die nagevolge regverdig.

Is Maroela Media bereid om so iets te publiseer? #altydbinnediewet

Jacques venter ·

Hallo Callie
Die meeste van dit wat jy sê is waar en geldig.

Daars egter een ding wat jy sê wat my erg bekommerd maak.

Die Swartmaandag opmars het die plaasmoordenaars as n oorlogs verklaring gesien. Direk daarna is 5 boere vermoor.

Hierdie optogte het GEEN voordele nie. Dit stel net meer boere se lewens in gevaar.

Ek self het familie op n plaas en is erg bekommerd oor hulle

Issabella Grobler ·

Julle moet wakker slaap. Hierdie skool is lank nie buite gevaar nie.

Fran ·

Jacques Venter, ek stem so saam met wat jy sê. Wil ook graag meer weet van die lig wat JPV gesien het :/

Callie ·

Waar wat jy noem Jaques. Gaan wegkruip en stilbly ons help. Ek glo nie. As almal bymekaar begin kom en praat kom daar dalk idees na vore. Volgende is plaasmense moet absoluut opgelei word om oorlog te maak. As n witte n swarte skiet moet ons ook in getalle opruk en die persoon ondersteun. Geldelik en fisies. Ook druk op regter plaas sodat hullle besef wit het bestaansreg. Ons kan net nie langer almal slegmaak en mond uitspoel met ons agterente voor die tv en of grootpraat by braaivleis vure nie. Ek kry die gevoel die grootste praters was nog nooit beproef nie.

PJC ·

Die ouers sa moet sorg dat daar elke dag genoeg van hulle en hulle vriende is om die getalle van hierdie amokmakers te ewenaar anders gaan hulle kinders nie veilig wees nie. Die klomp klomp dreig hoeka om elke dag in al groter getalle op te daag.

Vermeende ·

Kyk, net n dwaas glo nog dat dit oor Afrikaans as onderrig taal gaan. As Afrikaans wel die sondebok was dan sou ons hierdie aksies ook in die Wes Kaap gesien het in die kleurling gebiede wat domunant Afrikaans is, maar dit gebeur nie.
Ons voorpraters is blind en word aan hulle polities korrekte neuse rond gelei, Afrikaans in skole is nie die sondebok nie maar die sambok waarmee die blanke bygekom word.
Afrikaans was nog nooit die teiken nie, jou herkoms is die probleem.

Casper `Labuschagne ·

Ons het ‘n grondwet, wat op papier ‘n pragtige dokument is. Maar dit moet onderhou word deur die regering, die howe, die polisie en die burgerry. Nou het ons reeds hofbeslissings wat teen ons siening van grondwetlike regte gaan, soos bv die afskaffing van Afrikaans op universiteite. Die regerende party maak ‘n boel uitsprake oor hoe hulle die grondwet sal wysig en die gepeupel gaan straat toe met Maoistiese populisme as die grondwet wel in die hof gehandhaaf word. Eintlik het ons net daardie handvol polisiemanne wat tussen ons en anargie staan, ‘n dun blou lyntjie. En merk my woorde, eendag gaan hulle nie daar wees nie, of erger, hulle gaan by die betogers aansluit. Wat dan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.