Overvaal: ‘Lesufi is gewaarsku’

panyaza lesufi

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys. Foto: ANA.

Talle partye het die uitspraak van die konstitusionele hof oor die Gautengse departement van onderwys se appèlsaak oor die Hoërskool Overvaal verwelkom.

Philip van Staden, VF Plus-lid in die Gautengse wetgewer, het gesê sy party het in Januarie vanjaar in die Gautengse wetgewer die kop van Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, geëis nadat geweld wat dae lank geduur het by die skool uitgebreek het “en dit voorgekom het asof dit deur Lesufi georkestreer was”.

“Die VF Plus het Lesufi ook gewaarsku dat hy soos ʼn stout kind is wat nie wil luister nie en hom gaan vasloop met sy poging om hom tot die konstitusionele hof te wend en dat hierdie poging geen vrugte sou afwerp nie en dit net ʼn vermorsing van belastingbetalersgeld sal wees omdat die uitspraak slegs was om nie nóg leerlinge toe te laat nie en dit nie ʼn grondwetlike kwessie was nie.”

Volgens Van Staden het Lesufi nou geen voet om meer op te staan nie en het sy inmenging by skole se besluite en sy politieke agenda om Afrikaanse skole te dwing om na dubbelmedium oor te skakel nou finaal die uitklophou gekry.

“Die VF Plus hoop dat Lesufi nou besef dat sy optrede die afgelope vier jaar teen Afrikaanse skole ʼn absolute mors van tyd en geld was en dat hy nou dalk sal begin om hom by sy werk as LUR te bepaal. Die geweld by die Hoërskool Overvaal het die VF Plus genoodsaak om klagtes by die SAPD in te dien en die premier van Gauteng te versoek om Lesufi af te dank.”

Van Staden het gesê sy party handig ook eersdaags sy klagtes teen Lesufi by die Gautengse wetgewer se integriteitskommissaris in vir sy minagting van die Grondwet in terme van artikel 135 gelees saam met bylae 2 artikel 5.

“Politici, ministers en provinsiale LUR’e, soos Lesufi, moet besef dat jy nie jou amp kan misbruik om op skole te trap en leerlinge se reg op moedertaalonderrig, soos vervat in artikel 29 van die Grondwet, kan misken en daarmee wegkom nie.”

Die VF Plus gaan nou daarop aandring dat Lesufi in die wetgewer moet verduidelik wat hierdie appèlsaak die belastingbetaler gekos het aangesien hierdie saak met koste van die hand gewys is. “Lesufi moet persoonlik pa staan vir die koste verbonde aan die saak.”

Foto: ANA.

AfriForum het ook die uitspraak verwelkom. Volgens Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, bevestig die uitspraak die reg van skole se beheerliggame om oor kwessies soos die skool se taalbeleid te beslis, asook die bestaansreg van enkelmedium Afrikaanse skole. “AfriForum hoop dat hierdie beslissing Lesufi sal verhoed om Afrikaanse skole verder te teiken.”

Bloem voeg by dat die uitspraak beklemtoon hoe belangrik dit is dat ouers vir wie Afrikaanse onderrig van belang is, moet sorg dra dat Afrikaanse skole vol is en dat hulle by beheerliggame se werksaamhede betrokke moet raak om die toekoms van Afrikaanse onderwys te verseker.

“Lesufi het van die saak ’n rassegeskil probeer maak, terwyl die skool veelrassig is. Die hof het ’n belangrike uitspraak gelewer ten gunste van Afrikaans, maar ook ten gunste van taalregte oor die algemeen. Ons hoop dit sal die voortdurende aanslag teen Afrikaanse skole vir eens en vir altyd beëindig,” sluit Bloem af.

Die vakbond Solidariteit het intussen gesê dat Hoërskool Overvaal nie die enigste Afrikaanse openbare skool is wat druk van die regering ontvang om afstand te doen van sy Afrikaanse taalbeleid nie, asook om sy kapasiteit te oorskry en addisionele leerders te aanvaar nie.

Johan Kruger. Foto: Reint Dykema

“Daarom is dié oorwinning van Hoërskool Overvaal ʼn oorwinning vir alle openbare skole wat Afrikaans as onderrigtaal aanbied, sowel as openbare skole wat gedurig kapasiteitsuitdagings in die toelatingsperiode ervaar,” het Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Volgens Kruger bevestig die konstitusionele hof se bevel dat staatsamptenare nie roekeloos mag wees wanneer dit by die plasing van leerders kom nie, en dit bevestig ook die belangrike beginsel dat Afrikaans as onderrigtaal wel ʼn grondwetlike ruimte het.

Die hofuitspraak van 15 Januarie 2018 bly dus staan en die inhoud daarvan bepaal onder meer: Dat Afrikaans as onderrigtaal ʼn relevante oorweging is in die toelating van leerders in openbare skole; en dat daar ag geslaan moet word op die kapasiteit van openbare skole om leerders in te neem in die toelatingsproses.

“Openbare skole, meer spesifiek Afrikaanse openbare skole, se hande is sterker gemaak deur dié bevel en dit stel beheerliggame in staat om in die toekoms met vrymoedigheid hul toelatingsbeleid toe te pas,” het Kruger saamgevat.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Die Stem ·

Lesufi moet in sy persoonlike kapasiteit, aanspreeklik gehou word vir die regsonkoste.
Dit is hy as persoon wat nie die situasie kon aanvaar nie.

Mrs H ·

Hou Lesufi asb sommer ook aanspreeklik vir al die kostes vir trauma en skade (beskadigde paaie en eiendom, aangerande ouers en verskrikte kinders en onderwysers) agv die ongevraagde, onverdiende en onnodigge geweld wat direk spruit van Lesufi se hol geryde suur ras kaart, en sy eie persoonlikke hekse gejag!

Mrs H ·

Hou Lesufi asb sommer ook aanspreeklik vir al die kostes vir trauma en skade (beskadigde paaie en eiendom, aangerande ouers en verskrikte kinders en onderwysers) agv die ongevraagde, onverdiende en onnodigge geweld wat direk spruit van Lesufi se hol geryde suur ras kaart, en sy eie persoonlikke hekse gejag! O ja… Wie kan dan vergert van die moord opstokery “one boer child, one bullet”!? Hy moet dit asb vir ons opklaar en man staan in sy verantwoordbaarheid?

Tokkie ·

Soos alle staatsdepartemente speel hulle die raskaart om hulle onbevoegdheid te verbloem – bou nuwe skole met die geld wat Lesufi die staat gekos het en hou hom in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik

Casper Labuschagne ·

Dit is nie soseer dat Lesufi nie geluister het nie, as dat hy die hedendaagse Afrkanistiese beleid van die ANC uitvoer nie. En die beleid se naam is “Afrikaans must fall” en loop hand-aan-hand saam met die beleid wat sê, “The Afrikaner man must fall.”

Nel ·

Moenie dink dié meneer gaan alles sommer net so goedsmoeds aanvaar nie. Ek dink die hofuitspraak was olie op sy vuur…

Gemaskerde Sopbeen ·

Ai, die witmense darem met hulle “howe, wette en uitsprake”? Vandat hulle in Afrika aangekom het, werk Afrika glad nie meer nie………Voor 1652 was daar nie sulke aksies en uitsprake nie….en moes niemand ‘n suit aantrek werk toe nie…..

Dries du Toit ·

jip,want daar WAS nie werk nie ,my vriend. Soos nou!!!!.NIKS het verander nie

Joshua ·

Die ANC en EFF sal aanhou tot Afrikaans uit alle skole is-hierdie 2 rassistiese partye is agter die ‘Afrikaans must fall’ veldtog by die Universiteie.

jaco ·

Lekker juig ons nou, maar “mark my words”; nog 1 of 2 jaar en net “kaders” word as regters aangestel en dan is hulle uitsprake altyd 100% in lyn met regeringsbeleid.
Moenie dink dit kan nie gebeur nie: Mugabe het dit gedoen toe swart Zimbabwiese regters nogal aanmekaar sy plaas besettings en afvat van wit mense se grond as ongrondwetlik verklaar het.

jaco ·

Die wit VF-Plus gaan die swart Lesufi by die swart integriteitkommissaris verkla, terwyl Lesufi en die kommissaris albei ANC-lede is. Die VF-Plus mors hulle tyd. Kla eerder oor regstellende aksie, plaasmoorde, wit maatskaplike verval. Taal vermoor nie ‘n boer nie, taal neem nie ‘n wit mens se werk weg nie. Baklei eerder teen groter euwels wat regtig probleme is.

Koos Roos II ·

Ai mense julle glo tog nie werklik Lesufi en sy ANC kollegas steur hulle aan hofuitsprake nie. Dieselfde konstitusionele hof het al voorheen uitsprake gemaak teen regeringslede-ook Zuma-en niemand het hulle daaraan gesteur nie behalwe die wat die klagtes ingebring het. En wat het daarvan geword? NIKS! Hofuitsprake in die land het net gevolge vir sekere bevolkingsgroepe-moenie julle asems ophou nie

Pragtig ·

Pragtig VF+ ek weet waar my stem gaan die volgende verkiesing.

Peet ·

Sien dit in die lig van `n oorwinning wat Afrikaanse skole nog bietjie meer tyd sal gee. Hou hulle besig met hofsake , dit gee kinders die tyd om in Afrikaans onderrig te word.

Danie ·

Lesufi sal aanhou hy het Baie geld, ons belastingbetalers se geld. Indien daar n koste bevel teen hom gekry word sal daar niks van kom nie hy raak net van sy bates ontslae

Nettie ·

Hoe loop staan en kraai Afriforum nou soos ‘n wafferse rondloperhaan op die werfhaan se mishoop ….. Ook al wat hulle kan doen …. om te ploeg met ‘n ander man se kalwers.

En voor julle vra: ek IS lid van Afriforum (maar wonder nog hoe lank ek lid moet bly, want Afriforum raas en blaas en steun net).

Johan ·

Baie geluk aan die skool en sy regspan! Hierdie oorwinning wat deur julle behaal is help al ons ander skole.

Wonder ·

En toe word “Goliat” neergetrek! Dis nou wat gebeur as jy jouself belangriker ag as wat jy moet. Doen jou werk en hou op krap waar dit nie juik nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.