Overvaal: Lesufi stu voort

Panyaza Lesufi. Foto: ANA

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Dinsdag aangekondig die departement gaan die konstitusionele hof direk nader in verband met die hooggeregshofuitspraak oor Hoërskool Overvaal.

“Ons regspan het gister met die nasionale departement van basiese onderwys vergader rakende die Overvaal-saak,” het Lesufi gesê. “Ons het die besluit geneem om die konstitusionele hof direk te nader. Ons sal ook Vrydag ons appèl indien.”

Volgens Lesufi is die partye seker dat hulle gronde het om te appelleer teen die hooggeregshof se uitspraak. Lesufi het intussen ook met talle belanghebbendes vergader om kalmte by die skool te bewerkstellig en verhoudings te herbou.

Betogings vind sedert voorverlede week by die Hoërskool Overvaal in Vereeniging plaas ná die hooggeregshofuitspraak die week vantevore toe die hof beslis het dat die Gautengse departement van onderwys Hoërskool Overvaal nie kan dwing om 55 Engelssprekende leerders by die skool in te neem nie. Lesufi het direk ná die hofuitspraak gesê die departement gaan appelleer.

Hoërskool Overvaal was Donderdag vir leerders gesluit nadat lede van verskeie vakbonde en politieke organisasies na die skool opgeruk het. Sowat 1 000 betogers het voor die skool byeengekom waarna ʼn memorandum aan die hoof van die beheerliggaam oorhandig is.

In die memorandum voer die organisasies aan dat die besluit om nie die Engelssprekende leerders toe te laat nie “ras gemotiveerd” is. Die memorandum voer verder aan dat die skool in ʼn “hoofsaaklik swart gemeenskap” geleë is en dat die twee laerskole in die area Engels-medium is.

Die betogers eis in die memorandum dat die Engelssprekende leerders by die skool toegelaat word en dat die skool se taalbeleid onmiddellik hersien word. Daar is ook geëis dat daar binne sewe dae aan die eise gehoor gegee word.

Die laaste betoging het gevolg nadat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, op 23 Januarie met Lesufi en verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) vergader het. Daar is ook vergaderings gehou met die skool se personeel, leerders en ander groepe soos die EFF en die studenteorganisasie Cosas.

Motshekga het ná die vergaderings die media toegespreek en gesê hulle het nie die betogings en geweld buite die skool verwag ná die hofuitspraak nie. Sy het die betogings as “totaal onaanvaarbaar” beskryf en gesê kinders het die reg om te leer en om beskerm te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nel ·

Pleks hulle hulle tyd energie spandeer aan skoolhoofde en onderwysers en sekuriteitswagte wat kinders molesteer en verkrag en lewens verwoes. Waarom toi toi die EFF en ANC jeugliga nie voor Reiger Park High nie?

Pieter ·

Die Grondwethof het reeds met die meerderheiduitspraak oor die UV getoon dat hul vere voel vir die regte van minderhede.

Pieter ·

Die Grondwethof het reeds met die meerderheiduitspraak oor die UV getoon dat hul vere voel vir die regte van minderhede.

HPV ·

Besighede moet by indiensnemings die taal vereiste afrikaans en engeis maak, sodoende kan en sal afrikaans voortbestaan.

John ·

Lesufi troef die reg en wil die land onregeerbaar maak. Hy moet duidelik sekere ander politici aan sy kant he om so voort te woeker. Hy wil hierdie geval gebruik om alle wit Afrikaanse skole in chaos te dompel en wit leerders skoolloos te laat. Wat hy nie besef nie is dat al sou hy alle Afrikaanse skole okkupeer daar steeds duisende swart leerders en hul verwoede ouers (wat skynbaar nie haastig is om by hul werk op te daag nie), ook op die sypaadjies voor die swart Engelse skole sal toi-toi en wat dan… Dit is juis hoekom ‘n vak soos Wysbegeerte op universiteit gedoseer word… sodat studente kan leer dat dwaasheid nooit in wysheid omskep kan word nie, maak nie watter taal jy besig nie….

Johann cb ·

Ai, dit is tóg só eenvoudig – daar is nié sitplek vir nóg leerders nie! Wat verstaan die mensdom nie?

PJC ·

ń Mens kan net hoop en bid op ń wonderwerk wat die gemeenskap kan help om van hierdie ongure wese wat so vol haat vir die witmense is, ontslae te raak.

Irma ·

So bietjie tong in die kies.. Ek wonder darem of meeste vd probleme in die Gautengse onderwys tenopsigte van taal en plasing van leerders nie met een naam nl Lesufi opgesom kan word nie. Hy tree byna soos ‘n vakbond leier op.

Ekke ·

Bla bla bla bla bla hoeveel gaan nou nog die saak gebruik om shine te vang plek hulle werk vir die miljoene wat hulle kry lw kry nie verdien

Jacques Venter ·

Darem het Lesufi sy bes probeer om gemoedere te kalmeer na die hof uitspraak.

Eddie ·

Ek hoop regtig Lusifi word persoonlik verantwoordelik gehou vir die Regskoste as sy appél misluk !

Henk ·

So stu die aanval op die Afrikaner en sy taal voort. Lesufi, nog die Britte, nog die illuminati, nog die Joodse bankiers kon dit tot op datum reg kry om die Afrikaner en sy taal te vernietig. Nie jy of enige bondgenote in enige hof gaan dit reg kry nie.

Pik ·

Ek het al gevra maar kry geen antwoord van sy edele min af nie hoekom is sy kinders in n pvt skool as hy glo alles gaan so goed in ons skole???

snoefie ·

ou panaroti baklei darem vreeslik hard vir toegang van sy mense na so n ou kolonialistiese skooltjie. appêl sake moet deur die appelleerder self betaal word. om teen die hoërhof se beslissing te appêlleer maak dit persoonlik. die hof het beslis. dus moet die miljoene war hy nou wil verkwis uit sy eie sak kom. die geld kan nog klaskamers by townshipskole bou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.