Overvaal: Uitspraak gelewer

Skoliere in die hof (Foto: ANA)

Die hooggeregshof het die Gautengse departement van onderwys se opdrag dat 55 Engelssprekende leerders by Hoërskool Overvaal in Vereeniging toegelaat moet word, ter syde gestel op grond van kapasiteitsbeperkinge.

Hoërskool Overvaal in Vereeniging en die Gautengse departement van onderwys was Donderdag en Vrydag in ʼn hofsaak gewikkel met die skool wat volhou dat hy nie die leerders kan toelaat nie, weens ʼn gebrek aan plek en hulpbronne.

Die skool het ook volgehou die departement kan nie eenvoudig opdrag gee en iets afdwing wat teen die skool se beleid is nie.

Regter Prinsloo het in sy uitspraak gesê as die departement moeite gedoen het, sou hulle geweet het dat daar meer as genoeg plek by ander naburige skole was. “Daar is dwingende bewyse dat naburige Engelse skole die kapasiteit het om veel meer as die 55 leerders in te neem.”

Prinsloo het die aanmerkings gemaak ten spyte daarvan dat Hoërskool Generaal Smuts en Hoërskool Phoenix beëdigde verklarings ingedien het dat hulle nie meer plek by hul skole het nie.

Prinsloo het gesê hy vind dit onwaarskynlik dat twee sulke “hoogs gekwalifiseerde en ervare”  skoolhoofde sulke foute in hul verklarings kon maak.

Hy het ʼn WhatsApp-boodskap voorgelees wat glo tussen die voorsitter van die beheerliggaam en die twee hoofde gestuur is wat meld dat die hoofde aanvoer dat hulle hul aanvanklike verklarings aangepas het omdat die departement hulle gedreig het met afdanking as hulle nie sou sê hul skole is vol nie.

Panyaza Lesufi, Gauteng-LUR vir onderwys, het net sy kop geskud.

Prinsloo het verder gesê hy is oortuig daarvan dat die skool reeds vol is en bevind dat die departement onwettig die skool wil dwing om op kort kennisgewing ʼn dubbelmediumskool te word.

Maroela Media het vroeër berig adv. Albert Lamey, vir die skool, het in die Pretoriase hooggeregshof aangevoer die skool is nie gerat vir dubbelmediumonderrig nie en die departement het versuim om die kapasiteit van die skool te bepaal voor ʼn besluit oor die 55 leerders geneem is.

Adv. Kumbirai Toma, vir die departement, het egter die skool se argumente van die hand gewys. Hy het gesê die skool het wel plek om die leerders in te neem, aangesien hy 20 meer Afrikaanse leerders toegang gebied het nadat die departement op 5 Desember die skool opdrag gegee het om plek te maak vir 55 Engelse leerders.

“As kapasiteit ʼn probleem was, sou die skool nie plek gehad het vir hierdie 20 leerders nie. Die skool het 23 klaskamers, maar slegs 17 word vir klasse gebruik. Die ander klaskamers word gebruik vir gespesialiseerde sentra sonder die departement se toestemming. Die skool het slegs goedkeuring gehad om twee klaskamers hiervoor in te rig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Petrus ·

Ek glo elke kind het die reg om in sy of haar eie moedertaal onderig te ontvang en met engels as 2de taal die staat moet meer skole bou sodat elke kind in sy eie taal onderig kan ontvang ‘n skool vir elke taal in elke dorp en so ook universiteite

LMF ·

Mielie ek stem saam jou hul het klaar gedreig om skool af te bran. Mos al wat hul geleer het om te doen. En durf nee sê vir hulle behoed jou onderwysers en ouers en die GPF moet nou baie en ek sê weer baie waaksaam wees want op sapd kan daar nie staatgemaak word nie. Sterkte aan almal daar en glo en bid God sal sy beskerming oor jul bied

Mooi so ·

Lesufi se dwarsboming van die gereg en afdreiging en intimidasie van die omliggende twee Engelse skoolhoofde is veral uitgelig. Asook hulle rassistiese bevooroordeling teenoor Afrikaans.

JdV ·

Sê nou maar HS Overvaal het die 55 Engelssprekende leerders toegelaat voordat die 20 addisionele Afrikaansesprekende leerders toegelaat is, sou die Departement van Onderwys dan vir ‘n Engelse skool aangesê het om plek te maak vir die 20 en dat hulle in Afrikaans moet onderrig word? Hoogs onwaarskynlik!

Kabous ·

As AfriForum nou rêrig daad by die woord wil voeg na aanleiding van adv Gerrie Nel se aanstelling, kla dié Lesufi en sy kornuite aan weens hul onetiese en bedrieglike optrede deur voor te hou dat omringende skole nie plek het vir diegene wat in Ingels onderrig wil word nie terwyl hulle juis dié skole deur dreigemente tot valse verklarings oor die kwessie gedwing het.

FM ·

Ouers van die Afrikaanse skool moet nou saam staan. Argumente sal wees dat die regter blank en manlik is. Die ouers van die 55 engelse leerders het ook gedreig om die skool af te brand. Skerp jul veiligheid op. Die eff( everything for free) sal die hardste probeer om skoolaktiwiteite te ontwrig. Lesufi is seker die grootste rassis, hy en die seuntjie, malematjie, wat nooit volwassenheid sal bereik nie. Breek af en kry verniet is die eff se beleid. Kleinlik, kinderlik. Staan vas Overvaal!!!

Daan ·

Die skoolhoofde het voertaal in die rug gesteek tipies afrikaner hulle is hulle eie grootste vyand

Lolla ·

Haai ou Daan? En jy het watse verskil nou weer gemaak? Met watse doel? Met watse fokus? Grootbek!

anton ·

Daan……ongelukkig praat jy die waarheid!!!
Ons Afrikaners is meestal verantwoordelik vir ons eie val, of ons dit nou wil erken of nie.
Feite is feite.
Ons kon mos nog nooit saamstaan nie.

Grassie ·

Ek glo nie Lesufi gaan hierdie beslissing sommer so goedsmoeds aanvaar nie. Sy einddoel is ooglopend die vernietiging van Afrikaanse onderwys en hierdie is net ‘n tydelike terugslag vir hom. Hy sal waarskynlik ‘n ander hof kry om ‘n ander beslissing te maak. Intussen, baie geluk aan Hoërskool Overvaal, ek hoop julle gaan van krag tot krag. Maak ons volk trots.

Alta ·

Hkm wil hulle engelse kinders in n afrikaanse skool plaas. Pleks hulle meer bekommer is oor die plaas skole wat nie eers engels of afrikaans aanbied vir die leerders Wie is die kinders wat sukkel hulle. Hoekom net aan gaan oor een skool.

HPV ·

Hele klomp skole is die afgelope jare afgebrand. Wonder of dit al herstel is.

jaco ·

die regter is n wit afrikaanse man. mark my words: hy gaan bitter vinnig sy werk kwyt wees met so n uitspraak wat totaal en al indruis teen regeringsbeleid. besef hy nie waar sy salaris vandaan kom nie???

Jacobus ·

Jaco, waar kom u salaris vandaan.

U is baie beskermend teenoor die ANC en hulle aanhitsing tot die vernietiging van Afrikaans en die Afrikaanse bevolking; Wit, Swart, Kleurling en Indiër asook die gedwonge integrasie van Engels as enigste amptelike taal in Suid Afrika.

Is u dalk ‘n “Joiner”?

Met mense soos u het die Afrikaner nie ander vyande nodig nie.

JdV ·

Jacotjie, hier is vir jou ‘n paar feite: 1) Die regter word deur die staat betaal. Waar kry die staat nou weer sy inkomste vandaan? Uit belasting. Glo dit of nie, maar daai Afrikaanse kinders se ouers betaal óók belasting. Dus, die regter word nie deur die staat nie, maar eintlik deur die bevolking betaal. 2) ‘n Regter moenie toesien dat regeringsbeleid toegepas word nie, maar landswette. 3) Regeringsbeleid is nie gelyk aan reg en regverdigheid nie.

PJC ·

Regter Prinloo jy is ń ou doring. Geweet hy sal hom nie laat voorskryf en intimideer nie. Ek hoop net die ouers en die beheerligaam het die moed en die insig omte besef hulle sal nou alle moontlike maatreëls moet tref om te sorg dat diespul liegbekke en die EFF nie groot skade aanrig en hulle kinders se veiligheid bedreig nie . Die spul skobbejakke weet mos hulle kom altyd weg met alles.

HF ·

wat van al die zulu,sotho,tswana,venda,sepedi skole?Hoekom moet die kamtige transformasie nou skielik net op afrikaanse skole afgedwing word.Dis pure rasisme teenoor ons afrikaners

Prok ·

Afriforum en Gerrie Nel het beslis ‘n saak van kulturele moord om te voer. Julle kan die Departement nie net laat wegkom met moord, bedrog en intimidasie nie. Doen iets!

Jan ·

Ek sien elders die swart kinders se ouers is nou so kwaad, hulle dreig om die skool af te brand. En Lesufie beduie hy gaan die uitspraak tot in die konstitisionele hof beveg.

Hanna ·

Klink maar vir my na pure moedswilligheid vsn Lesufi se kant af. Hy het hierdie presterende skool in sy visier: deur Engelse leerlinge daar in te forseer, sal die standaarde outomaties verlaag. En dit, liewe vriende, is presies wat hierdie nar Lesufi na streef. Vergeet maar van al die wanfunksionele skole wat aandag nodig het, fokus net op Afrikaanse skole. Hoe belaglik!

Johanna Botha ·

Kyk mooi …die wat die hartste oor rasisme praat is self die grootste rasiste

Zachrys ·

Stem saam Gerardt O, Afrikaanse skole moet vinnig privatiseer! Staat is Nié julle vriend nie!

Nico ·

Lesufi is ‘n verlengstuk van die destydse Alfred Milner wat gedroom het om Afrikaans en die Afrikaners van die gesig van die aarde weg te vee. Hy is deur ‘n tsetse vlieg uitgewis en het ‘n aaklige dood gesterf.

jaco ·

As Milner se mense langer, selfs nou nog, aan bewind was, het dinge baie beter in SA gegaan.

Hendrik ·

Jaco, jy soek net ‘n argument. “Milner se mense” was “aan bewind” in verskeie Afrika lande tot in die sestigs. Hoe goed het dit uitgewerk? Alles net gelos. Dink jy dit sou hier veel beter gegaan het as dit die geval was?

PI ·

Ek dink die hartseer waarheid is dat daai kinders se ouers toelaat dat hulle en hulle kinders gebruik word vir iemand anders se agenda en hulle eie jaloesie. Plaas liewer druk op daardie mense wat julle gebruik om hulle werk te doen en nog skoole te bou , die skoole te onderhou en ondewysers op te ly as om te wil vat wat ander het.Ek verstaan dat elke ouer beter wil he vir sy kind maar doen dit op die eerbare manier. Sit druk op die deparament wat julle in die steek laat in plaas van om toe te laat dat julle so gebruik word.

Stefaans ·

Dankie vir die regter se waagmoed – ek was bekommerd oor die uitspraak.
Die skole wat gelieg het in hul beëdigde verklarings behoort van meineed aangekla te word.

SjN ·

Weet Lesufi wat aangaan, lyk nie so nie as jy na die regter se redes luister,

Johannes van Staden ·

Wat baie mense nie weet en soos tereg op Kyknet genoem was vanaand is daar n skool wat LEEG staan in die area !

Boerseun ·

Kyknet, regtig. Hoeveel akteurs of aanbieders was by hof of het al enigsins opgestaan vir die behoud van afrikaans . N groot vet nul

Christian Smit ·

Nee as hulle na ‘n Afrikaans skool toe wil gaan moet hulle maar Afrikaans leer! Dit is nie diskriminasie nie, dit is die reg van Afrikaans skole om in Afrikaans te onderrig. Jy wil na ‘n Afrikaanse skool. Leer Afrikaans en jy sal plek kry. Indien jy nie wil Afrikaans praat nie, vat jou goed en soek of bou jou eie skool!

Jj ·

Dis God wat sal voorsien. Rig julle oë op Hom
Vertrou die Here met jou hele hart en steun nie op jul eie insig nie.
Hierdie stryd behoort nie aan ons nie dis Sy stryd.
Mense moet net terugkeer na God toe.
Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige maar uit die almal red die Here hom.

JJ van Greunen ·

Dis God wat sal voorsien. Rig julle oë op Hom
Vertrou die Here met jou hele hart en steun nie op jul eie insig nie.
Hierdie stryd behoort nie aan ons nie dis Sy stryd.
Mense moet net terugkeer na God toe.
Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige maar uit die almal red die Here hom.

Martin ·

Mandela se woorde destyds – uiteindelik is ons vry sodat ons vry kan word. Alles wat hulle aan apartheid herrinner moet of uitgewis of vernietig word en dit sluit AFRIKAANS IN. Die dag wat ons taal op alle vlakke uit die weg is dan sal hul vry voel. ANC se hoofdoel sederd 1994.

Lesufi vs Polokwane ·

Lesufi het reeds verlede jaar besoek kom aflê by die 3 oorblywende Afrikaanse skole in Polokwane, 2 laerskool, 1 hoërskool. Puik skole met baie hoë standaarde en pragtige terreine. Mnr die uwe weet hoekom dit net Afrikaans is, dring aan op dubbel medium.
Verseker is hierdie 3 skole in sy visier en sal hulle binnekort met mening geteister word. Polokwane is mos hoeka een van die land se Afrika hoofstede…

Sannie ·

Maak dit saak hoeveel klaskamers daar is of hoeveel onderwysers daar is? Daar kan 30 lee klaskamers wees maar as daar nie onderwysers is wat kan klasgee nie, sit jy met effense probleempie. Duh.

Johan ·

Al die ander skole wat in die verlede gedwing was om Engelse leerlinge in te neem moet ook nou n saak teen die Onderwysdepartement maak. Aanval is die beste verdediging.

anton ·

Baie goed gestel Sonja!!! Jy praat 100% waar.
Wat my uiters naar maak dat as n werksplek bv. 40 Afrikaans sprekende werkers het en net 1 engels sprekende, dan word alles in engels gedoen en gepraat. Dit is belaglik verby!!!

JC ·

Lekker man. My innige dank aan Overvaal wat STERK GESTAAN HET. Julle is “awesome”!

Johan Neuteman ·

Ek sien mens skryf asof dit vanselfsprekend is dat hierdie net swart Engelssprekende kinders is, maar weet ons dit as ‘n feit? Soms word illustratiewe foto’s gebruik, dus is ek nie seker nie, maar op die foto by hierdie artikel lyk dit of dit nie net swart kinders is wat in hierdie groep van 55 is nie?

Annamarie Olivier ·

Dit gaan oor TAAL nie Kleur nie.
Wat maak dit saak of daar wit engelse kinders ook by is.

Trump aanhanger ·

As ek so lees hou ek al hoe meer van Trump. Hy kan ‘n ding raak beskryf…

JoeV ·

Hoofstroom media hou die werklike redes vir die “verpligte” toelating onder ‘n dekmantel. Daar word paar wette gebreek met die hele geval dink ek. Eerstens, om kinders te gebruik vir politiek dui eerstens op die karakter en die vermoë van die persoon wat dit doen. wat is die voordele en nadele na die uitkoms soos wat dit nou staan, een behou kultuur en die ander is ‘n slagoffer deur die misbruik van kinders deur politici vir politieke punte. Tweedens, om mense te intimideer NA ‘n hof bevinding as jy in politiek is vir politieke gewin, word as “terrorisme” geken, google die betekenis. Beide die aksies word nie as normaal aanvaar nie, vreemd dat ons dit doen?

Attie ·

dalk moet ek my kind na n zulu skool toe vat en se hulle moet hom in afrikaans leer

Magda ·

Dit is pure opstokery! As ek my kind na n skool in Mamelodi wil stuur gaan sy doodeenvoudig in Engels moet skoolgaan of dit nou haar moedertaal is of nie

Bert ·

Een ding is seker: ons enkelmedium skole gaan toenemend onder druk kom indien daardie skole nie tot barstens toe vol is nie. Mens sal letterlik skole moet abandoneer soos wat demografiese druk opbou en dan daardie kinders skuif na ander Afrikaanse skole in die omgewing . Die onderwysers moet saam. Ons as gemeenskap sal gewillig moet wees om daardie kinders en gesinne wie dit nodig het, te ondersteun soos om kinders met bussies aan te ry na sulke skole. Dit is waar die Helpmekaar konsep weer behoorlik getoets gaan word, net soos honderd jaar gelede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.