Overvaal-uitspraak ‘kom op die regte tyd’

Foto: ANA.

Die Solidariteit Beweging se Skoleondersteuningsentrum (SOS) het Saterdag gesê die konstitusionele hof se besluit om Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR van onderwys, se aansoek om appèl teen die Overvaal-uitspraak met koste te weier, kom op die regte tyd met skoolplasings wat voorlê.

Melanie Buys, onderwysspesialis by SOS, het gesê skole sal van 3 Augustus die naamlyste van dié leerders wat die skool moet plaas van die Gautengse departement van onderwys (GDO) se gewysigde toelatingsbestuurplan vir 2018/19 ontvang.

“Die uitspraak maak dit duidelik dat skole se taalbeleid, sowel as die kapasiteit van alle skole in die omgewing, in ag geneem moet word wanneer hierdie plasings gedoen word. Slegs wanneer al die ander skole in die omgewing 100% vol is, kan die GDO begin om met ʼn skool wat onder kapasiteit is te konsulteer om hul taal- en toelatingsbeleid te verander,” het Buys gesê.

“Aanlyn-aansoeke vir graad 1 en graad 8 vir 2019 het reeds in April 2018 geopen. Skole wat alombekend is vir die hoë gehalte-onderrig het binne die eerste dag genoeg aansoeke ontvang om al hul klasse vol te maak. Hierteenoor het ander skole, onder meer in Mamelodi en Ga-Rankuwa, tot vandag steeds minder as 20 aansoeke per skool ontvang. Die hof se uitspraak sal die GDO nou verplig om hierdie skole wat ongewild is weens hul swak standaard, en daarom onderbenut word, reg te ruk. Die aanlynstelsel sal nie gebruik kan word om die gebrek aan gehalte by een skool die probleem van ʼn ander skool te maak nie.”

Die SOS het skole aanbeveel om vas te stel of

  • die plasingslyste wat hulle van 3 Augustus ontvang, ooreenstem met aansoeke wat die skool deur die aanlynstelsel ontvang het en wat bekragtig is deur indiening van dokumente by die skool,
  • leerders wat by hul skool geplaas word binne die vasgestelde 5 km-radius van die skool woon of hul ouers daar werk,
  • die leerders op hul plasingslys se taalvoorkeur voldoen aan die skool se taal- en toelatingsbeleid,
  • die omliggende skole se kapasiteit ten volle benut word en of
  • die GDO deur die plasingspraktyk wetlik optree soos deur vorige hofuitsprake en ook hierdie onlangse uitspraak uitgespel word.

Buys het gesê skole wat jaar na jaar gehalte-onderrig aan hul leerders bied het nog altyd ʼn baie sterk saak uit te maak vir hul gekose taal- en toelatingsbeleid.

“Ná die 26 Julie-hofuitspraak word hierdie morele saak nou nóg meer wetlik ondersteun en behoort daar geen rede tot kommer oor die plasingsproses van 3 Augustus te wees nie. Lesufi se versuim om sy werk as amptenaar van die staat te doen, terwyl hy sy politieke agenda dryf, is Woensdag deur die konstitusioneel hof uitgewys en sy pogings ontbloot vir die politiekery wat dit is,” het sy bygevoeg.

Skole met vrae of probleme word aangemoedig om die SOS te kontak by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Paul ·

Op skool en universiteit is die blanke onderwysers/lektore hoog in aanvraag, Afrikaans, dit moet net transformeer om hul onversadigde dors te les, ook daardie skole en universiteite met hul beheerrade probeer hulle kaap, as hulle dit nie alreeds gedoen het nie, maar andersins word ons as onwelkom in die werkplek, in die land en in sport beskou. Dit voel my al die vog is uit my liggaam gepers, bloed uit ‘n klip tap kom ook by my op. Ek is toetentaal getransformeer, van sprankelende hardwerkende persoon wat almal om my positief wil aktiveer, tot dit wat julle hier vandag lees, uitgesuig en eenkant gewerp.

Snowball ·

@ Paul. Victor Frankl, ‘n man wat die Joodse Volkslagting in die 2de Wêreldoorlog oorleef het, het nadat hy alles verloor het, oor die lewe besin en tot die volgende slotsom gekom: “Between stimulus and response there is a space. In that space is our power to choose our response. In our response lies our growth and our freedom.”

Elsa ·

Paul, ek verstaan volkome. Het dit ook die laaste paar jaar voor aftree beleef. Ek het net geweer om my na hul stand te verlaag.

Wynand ·

Gaan maar nog steeds voort met privaat Afrikaanse skole. Jy maak NOOIT maar NOOIT staat of vertou op ‘n regering nie. Selfs al is daai regering van jou eie mense.

FM ·

Dankie Afriforum en al sy filiale. Ek is n trotse lid van Afriforum. Kom ons sterk hul hande en sluit GROOT ASSEBLIEF aan. Dis ons enigste massa aksie.

FM ·

Dankie Afriforum en al sy filiale. Ek is n trotse lid van Afriforum. Kom ons sterk hul hande en sluit GROOT ASSEBLIEF aan. Dis ons enigste massa aksie.

Stry teen Stryd ·

Dankie Melanie vir jou duidelike uiteensetting van die waardevolle hofuitspraak. Dankie aan regter Bill Prinsloo wat die reg ongeveinsd en onpartydig beslis. Dankie SOS, Solidariteit, Afriforum en elke “buffer organisasie” wat as “wagters” op die mure waak, stry en oorwin. En bo alles -Dankie aan God wat nie sluimer of slaap nie.

Callie ·

Snowball dis duidelik, “choose our response”. Wat doen ons Suid Afrikaners. Wat kies ons. Totaal niks. Voor ons nie in getalle gaan opstaan en die regering wys wie ons is en dat ons nog veglus het nie, lag hulle vir ons. Gaan lees die dokument wat hulle al vir jare gebruik. Hoe hulle alles sal vat en vernietig en as hulle eers oorgevat het hoe hulle die witman sal belas en maak wat hulle wil, want die witman sal te bang wees om wat hy het te verloor. Hy sal dus betaal en doen wat hulle vra. Daar staan ook hulle sal n paar wit privaat skole toelaat want daaruit kan hulle geld maak vir die kaders. As wit bevolking sal ons moet die keuse maak om op te staan. Om te lewe en te sterwe vir dit waarin ons glo. Of die keuse wat ons nou uitvoer, wag nog n bietjie dan huil en smeek ons saam as ons buitendien niks oor het nie. KOM ONS STAAN SAAM, ASB

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.