OVK diskwalifiseer kandidaat vir verkiesing

Foto ter illustrasie: OVK

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het slegs een beswaar teen ʼn kandidaat wat vir die nasionale verkiesing volgende maand benoem is, bekragtig.

Mosotho Moepya, die OVK se hoofkiesbeampte, het gesê Seropane Alton Senyane Mphethi, ʼn kandidaat vir die PAC, is op 7 Junie 2016 tot 18 maande tronkstraf, sonder die opsie van ʼn boete, gevonnis. Die saak het verband gehou met ʼn moordondersoek in 2008, waar ʼn man by Mpheti se huis doodgeslaan is.

“Dit diskwalifiseer hom om tot die nasionale vergadering of provinsiale wetgewer verkies te word. Die kommissie het alle ander besware verwerp omdat dit nie aan die grondwetlike en wetlike reëls voldoen het nie,” het Moepya gesê.

Volgens die Verkiesingswet mag besware ingedien word teen kandidate op grond van die volgende:

  • Hulle is nie gekwalifiseerd om verkiesbaar gestel te word nie.
  • Die voorgeskrewe aanvaarding van benoeming is nie deur die kandidaat onderteken nie.
  • Geen voorneme is deur die kandidaat onderteken dat hy of sy gehoor aan die OVK se gedragskode sal gee nie.

Volgens die Grondwet kan enige landsburger hom of haar vir die nasionale vergadering en/of die provinsiale wetgewer verkiesbaar stel, behalwe:

  • Ongerehabiliteerde insolvente
  • Enigiemand wat deur ʼn hof as geestelik versteurd verklaar is
  • Enige persoon wat skuldig bevind is aan ʼn strafregtelike oortreding en tot langer as 12 maande tronkstraf gevonnis is sonder die opsie van ʼn boete. Hierdie diskwalifikasie verstryk vyf jaar nadat die vonnis uitgedien is.

Die OVK het teen die spertyd van 2 April minstens 52 geskrewe besware ontvang. Altesame 29 was teen ANC-kandidate, 19 teen die BLF, 13 teen kandidate van die EFF en vier elk teen die DA en die Land Party. Die ACDP, AIC, ACM en ATA het elkeen een beswaar teen een van hulle kandidate gehad.

Moepya wou nie bekend maak watter soort besware teen partykandidate gemaak is nie. Hy het gesê die kommissie kan net optree binne wetlike en konstitusionele riglyne.

“Die kommissie het aan al die beswaarmakers en politieke partye betrokke geskryf en hulle oor die uitkoms van die proses ingelig. Enigiemand wat beswaar gemaak het, of ʼn party of ʼn kandidaat wat benadeel deur die kommissie se besluit voel, het tot 11 April 2019 om by die kieshof te appelleer,” het Moepya gesê.

Meer as 10 000 kandidate is benoem om aan die nasionale verkiesing deel te neem en meer as 8 000 kandidate vir die provinsiale verkiesings.

Die nasionale verkiesing vind op 8 Mei plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

GM ·

Is enige iemand verras dat daar nie teen die BLF-mannetjie, of ou Julius opgetree word nie? Dít sal mos nou chaos in die land veroorsaak. Met als is dit mos maar beter om die ‘our people’ gelukkig te hou in stede van die land van totale ondergang te red.

Johanné Steyn ·

Gert van Wierdapark, gekwalifiseerd in Suid-Afrika-terme beteken, hy kon sy universiteitsgraad behaal nadat hy met ‘n 30%-slaagsyfer in matriek toegelaat is om BCom-Regte aan UJ te studeer. En hy het toe sy graad “ge-Cumlaude”.

Comrade Boetie ·

Pragtig! Wonderlik! Uit 18000 politici is daar net één skelm. Voorwaar ‘ n wonderlike land. Of, is die OVK dalk nog ‘n Zuma bastion?

NEels ·

Hoekom is ons nie verbaas nie. Ek het mos gese toe die kiesers genooi is om beswaar aan te teken daa sal niks van kom nie. Hoekom moes die kiesers besware gaan lug net om te se daar was klagtes wat nie geregverdig was nie.Alles n klug net soos die res van afrika. . Reik sommer nou alreeds n verklaring uit die verkiesing was vry en regverdig

AG asb tog ·

jaNEE HULLE VERWELKOM NATUURLIK DIE BLF WAT DUIDELIK UITSPEL DAT HULLE net vir swart mense daar is, sowel as die EFF wat elke dag verkondig hoe hulle witmense gaan AFLSAG . die OVK is NIKS WERD NIE !!!

Nettie ·

Ag man, die OVK is net so skelm en korrup soos die ANC, die EFF en BFLF!

Jo B ·

Hoop dis nie die laaste een nie maar dis almal Ace se tjommies. Hulle almal kom met moord weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.