OVK gaan oudit van stemproses doen

(Foto: Maroela Media)

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Donderdagmiddag aangekondig ʼn oudit gaan gedoen word van uitslae en stemme in ʼn steekproef van kiesstasies om vas te stel of sommige kiesers meer as een keer gestem het.

Volgens die OVK sal die oudit ʼn statisties verteenwoordigende steekproef van stemlokale dek asook alle stemlokale waar klagtes of bewerings van dubbele stemme ontvang is. Die finale getal en kies van die steekproef sal in oorleg met deskundige statistici bepaal word.

Die oudit is deur politieke partye onderskryf tydens die party-skakelingskomitee wat vandag vergader het. Tydens die oudit sal ID-nommers, skandeerders en VEC 4-vorms nagegaan word. Die data sal dan kruisverwys en vergelyk word om enige gevalle van veelvoudige stemme te identifiseer om wetenskaplik vas te stel of sulke gevalle geïsoleerd of sistemies was en wat die wesenlike impak daarvan op die uitslae is.

Die OVK het benadruk dat hy volgens wet sewe dae het om die uitslae van die verkiesing aan te kondig en is hy vol vertroue dat die ouditproses betyds afgehandel sal word sodat daar sekerheid gegee kan word rakende die integriteit van die uitslae.

Vier kiesers is intussen in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle glo meer as een keer gestem het. Die OVK het dit verwelkom en daarop gewys dat as iemand probeer om meer een keer te stem dit ʼn “voetspoor” agterlaat en dat skuldiges so vasgetrek sal word.

ʼn Ondersoek is intussen ook gelas na die doeltreffendheid van die ink wat op kiesers se duime aangebring is na berigte dat talle kiesers dit baie maklik en vinnig kon verwyder nadat hulle gestem het. Die ondersoek sal in samewerking met die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) gedoen word en met die volle ondersteuning en samewerking van die verskaffer.

Ongeveer 200 000 penne is volgens die OVK deur ʼn normale oop tenderproses verkry en dit was volgens spesifikasies wat deur die Verkiesingskommissie gestel is. In ’n poging om die doeltreffendheid van die penne te verhoog, het die Verkiesingskommissie die persentasie silwernitraat van 15% wat in vorige verkiesings gebruik is tot 20% verhoog vir dié verkiesing.

Die inlees en verifikasie van uitslae gaan intussen voort en die OVK het Suid-Afrikaners die versekering gegee dat die uitslae net aangekondig sal word wanneer hy 100% vertroue het in die integriteit en legitimiteit van die uitslae.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

honourable member ·

Met die hoe korrupsie in hierdie land kan ek nie dink dat hierdie verkiesing was 100% regverdig nie. Daar is verseker mense wat nie eers met id’s gestem het nie en meer as een keer.

Hannelie ·

Om skelm te wees en twee keer te stem gaan nie hierdie land red nie. Hoop hul vind uit “watter party” of “partye” dit gedoen het tydens verkiesing, en vir die hele land sê sodat ons kan weet. Jy kan elk geval niemand meer vertrou nie.

Sean ·

Die wie??? OVK ….ononafhanklikke verkiesings kommitee aangestel deur regerende party??? Klink fair teenoor die ander partye Welcome to the democratic replublic of south africa (L.W. klein lekkers vir klein brein regering)

Lou ·

Wie gaan die oudit doen? Die OVK gaan hulle mos nou nie self beskuldig van swak prestasie nie.
Die 7 dae gee hulle genoeg tyd om met slim verskonings te kom en baie mooi beloftes van hoe hulle volgende keer die probleme gaan keer.
Laat my dink aan ons Krieketspanne wat elke keer baie geleer het uit ‘n wedstryd as hulle verloor het.
Swak prestasie met ‘n goeie verskoning is aanvaarbaar in Afrika.

Ag asb tog ·

hoe bepaal julle hoeveel mense het MEER as een stem uitgebring en vir watter party? As hulle nou vasstel Jannie het 4 keer gestem, weet julle watter stemme om uit die stembus te haal? NEEWAT die hele proses was FAKE en die uitslae is ook FAKE. Hoeveel van die bokse wat VERDWYN en opgeskeur is is teruggevind en wie se stemme het hulle ingehad???

Sean ·

Die anc sal nie die verkiesing ongeldig verklaar nie Dit sou beteken dat hulle skuld erken dat hulle konkel Nee wat hulle bestel al der duisende rande se drank teen miljoene rande se pryse No problem

jakes ·

Ek bevraagteken die integriteit van die OVK. Wie is die OVK en wat is die aanstellingsvereistes van die bestuur van die OVK?

Marietjie ·

Om te dink mens doen moeite om te gaan stem en dan is daar steeds korrupsie…what is the use? Kan netsowel nie stem nie, dan bly als maar dieselfde…

Boeremeisie ·

Ek soek asb my besonderhede geskrap van die Kieserslys!!! Ek wil NIE deel wees van hierdie BEDROG & KORRUPSIE nie!!! KLAAR GESTEM IN HIERDIE LAND!!!! AfriForum HELP ASB!!!

Veronica ·

Ek het hoeka vanoggend n video opname gekyk waarin n dame v Baberton beweer dat sy 3x gestem het in Baberton!! Die persoon wat die opname gemaak het,het gaan ondersoek instel en kon daarin slaag om self 2 x te stem! Die 2 de keer kon hy egter nie die ink af kry nie! Sy 2de stembrief het hy egter opsetlik bederf om nie die wet te oortree nie maar ja, hy het sy bewyse gekry!! Hoeveel meer sulke gevalle is daar dus nog??? Tong in die kies: die penne is seker: “Made in China”!!

Sophia ·

By ons lokaal/tent was net een boks, ons moes altwee stembriewe in dieselfde boks plaas. Ek verneem die ander lokale het nog steeds twee bokse gehad?

Ek sê ·

2 keer stem is die punt van korupte en bedrog stemmery wat van die res

Xannie ·

Die vraag het gister onwillekeurig by my opgekom… “Who checks the checkers”? Wat word bv van die stembriewe wat oorgebly het? Dis mos maklik om hulle te stempel en gou ‘n paar kruisies te trek wanneer die proses verby is? Mense in SA is oor die algemeen baie innoverend met hul skelmstreke…

Mariana ·

Ek voel ook nou amper of ek my tyd gemors het deur te gaan stem. In die land was geen verkiesing vanaf 1994 nog ooit regverdig nie. Daar is maar altyd ‘n gepeuter met die of daai. ” Free en fair” se voet.

Izak ·

Die ANC se makkers by die Verenigde Nasies sal die verkiesing as “free and fair” verklaar. Nes hul doen in Zim….

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
It is all about who is counting the votes, not casting the votes.
.
.

Willco ·

Ek het met die vorige verkiesing vir die OVK gewerk. Het ek nou saam met onbevoegde mense gewerk!

Arno ·

Ek was ook in die geval waar my ink merk afgefee kon word, dit was amper of ek het ook weer gaan stem, nadat die IEC op nationale tv erken het dat hulle stelsel slegs plaaslik werk en nie mense keer om by n ander stemlokaal weer te gaan stem nie, hul enigste metode om dit te voorkom is die ink merk op die duim. Patteties!!! Ons lewe in n tegnologiese wêreld, het hulle nog nooit gehoor van n lewindige Netwerk waar jy mense kan identifiseer teenoor n Databasis en aanlyn dit sinkroniseer om te kyk vir duplikate nie?! Belaglik!!!

Hanna Hoekom ·

Die OVK kon nie eens hond haaraf maak met die rassistiese BLF nie. Nice try met hierdie een! Net so niksbeduidend soos die MRK.

Andre ·

Die OVK kon uiters maklik die probleem oorkom. Indien die skandeerder by die ingangspunt van die lokale wat die uitdruk van die kaartjie gedoen het vir elke stemmer, geprogrameer was om LANDWYD net een kaartjie per identiteisnommer/persoon uit te druk dan sou daar absoluut geen probleem gewees het nie. Die hoeveelheid kaartjies moes dan net ook vergelyk word met die hoeveelheid stembriewe. Die feit dat die probleem so maklik aangespreek kon word maar dat die OVK skielik so “dom” was om nie hierdie maatstawwe te implimenteer nie, spreek boekdele.

Helien ·

Hierdie mense kan niks eerliks doen nie. Net n sirkus en mors van geld.

moeks ·

Sal ook glad nie verbaas wees as daar mense met meer as een ID boek is nie.

Bekommered ·

Ek lees dat hulle die ID nommer skandeerders gaan gebruik om te help met die hele proses. By ons stem lokaal is daar glad nie van skandeerder gebruik gemaak nie, en boonop moes ek die vrou 3 keer vra net om my ID te stamp. So hoe akkuraat gaan die ondersoek nie wees nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.