OVK gaan ‘verdagte’ Ezulweni-skikking bekyk

ANC-byeenkoms in Mbombela (Foto: @MYANC/Twitter)

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het aan ActionSA bevestig dat hy die skikking gaan ondersoek wat die ANC met die maatskappy Ezulweni Investments bereik het om die party se R102 miljoen skuld te delg vir verkiesingsbaniere wat hy in 2019 laat maak het.

ActionSA het die OVK op 1 Maart versoek om dié “verdagte ooreenkoms” ingevolge artikel 14 van die Wet op Partyfinansiering te ondersoek.

Die party het ook ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) ingedien om inligting oor die skikking by die ANC te bekom.

Michael Beaumont, ActionSA se nasionale voorsitter, het Dinsdag skriftelike bevestiging van die OVK op die sosialemediaplatform X gedeel dat die kommissie wel die saak sal bekyk.

Die kommissie het nie ʼn tydlyn vir die ondersoek gegee nie, en vir “geduld en vertroue” in die OVK se prosesse gevra om dié saak sowel as soortgelyke sake te ondersoek.

ActionSA het aangedui dat hy sy regsproses sal voortsit totdat daar klarigheid oor die skikkingsooreenkoms is. Die party het ʼn sterk vermoede dat die ANC moontlik die bepalings van die Wet op die Finansiering van Politieke Partye oortree het om die skuld te delg.

“Die ANC was nog ses maande gelede nie in staat om werknemers buite hul kantore te betaal nie en skielik verander hierdie prentjie in Desember na ʼn party wat nege-syfer-skuld kan delg en agt-syfer-stadionbyeenkomste kan aanbied. Suid-Afrikaners ken die ANC beter as om dit op sigwaarde te aanvaar,” het Beaumont vroeër gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Grassie ·

Ek wonder of daar ooit openbaar gaan word wie die werklike skenker van daardie R102 miljoen is en watter voorwaardes daarvoor gestel is.

Heinrich ·

Die eienaars van Ezulweni Investments moes seker swig onder dreigemente…geen ander rede wat ek aan kan dink nie.

Sê maar net ·

Ag tog. A en C sal net groot som omkoopgeld aan OVK betaal en hul monde snoer.

Andre ·

…kyk maar wat het Irán vir die A en C gegee vir die Wereldhof sirkus!

Cassie Carstens ·

Die ANC is deur Iran gefinansier. Hulle sal dit nooit aan die Parlement verklaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.