OVK gereed vir Woensdag

iecDie Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Maandag met die aanvang van die spesiale verkiesing gesê hy is vol vertroue dat Woensdag se algemene verkiesing seepglad gaan verloop.

Pansy Tlakula, die OVK se voorsitter, het gesê hulle is tans besig met spesiale stemme dwarsoor die land en dat huisbesoeke gedoen word. “Die verkiesing het in alle erns begin en ons is gereed vir Woensdag,” het sy aan die media gesê nadat sy haar spesiale stem by Laerskool Orange Grove in Johannesburg uitgebring het.

Tlakula het van die geleentheid gebruik gemaak om misverstande rondom politieke partye se verkiesingsveldtogte vir die volgende twee dae uit te klaar. Sy het gesê partye kan verkiesingsveldtogte tot Dinsdag om middernag hou, maar dat geen politieke geleentheid Woensdag mag plaasvind nie. “Spesiale stemdae word nie as ʼn amptelike stemdag, soos deur die president geproklameer, beskou nie. Verkiesingsveldtogte kan dus tot Dinsdagaand om middernag plaasvind.” – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.