OVK maak gereed vir verkiesing

Foto: isdei.blogspot.com

Foto: isdei.blogspot.com

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Donderdag gesê hy is gereed vir die 2016 plaaslikeregeringsverkiesings, en voorbereidings is reeds in ʼn gevorderde stadium.

“Die logistiek en personeel is maande gelede al beplan,” het Mosotho Moepya, hoof verkiesingsbeampte, tydens die bekendstelling van 2016 plaaslikeregeringsverkiesings in Johannesburg gesê. “Waar munisipaliteite saamgesmelt of verdeel het, het ons ons kantore, logistiek en personeel hersien. Ons is absoluut tevrede.”

Hy het gesê die OVK het 1 000 permanente werknemers, en dit neem ongeveer 2 000 persone om ʼn verkiesing te hou.

“Die goeie nuus is dat die 2016 verkiesing ook van nuwe tegnologie gebruik maak,” het hy bygevoeg. “Politieke partye kan vanjaar hul lys van kandidate elektronies indien. Daar is ook ʼn 24 uur-inbelsentrum vir kiesersnavrae.”

Kommunikasieplatforms vir kiesers word Donderdag bekend gestel deur middel van radio, gedrukte en sosiale media en televisie. Moepya het gesê die OVK sal van sosiale media gebruik maak om jongmense aan te moedig om te registreer en te stem. “Meeste kiesers is jonger as 35. Ons is vol vertroue oor die veldtog en doen ʼn beroep op jongmense om te registreer en te stem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

GES ·

Ek verwag nie hoë stempersentasies nie. Baie van die tradisionele ANC stem gaan eerder wegbly as om ‘n protesstem uit te bring. Die ANC het hulle kiesers menig maal teleurgestel met beloftes wat nie haalbaar of net eenvoudig nie gerealiseer het nie. Die kloof tussen die verskillende rassegroepe is grootter as ooit. Die DA is is ook maar net ‘n libberale opportunistiese party wat geen tuiste bied vir die Afrikaanssprekende kieser nie. Die VF+ sal uit hulle hoek moet kom en meer betrokke moet raak by die Afrikaners se oorlewingstryd. Die EFF is ‘n party wat ‘n tuiste bied vir die radikale swartkieser wat glo dat dienslewering afgedwing kan word deur die infrastruktuur te vernietig. Dit is ‘n party met baie groei moontlikhede. Die ander partye is maar randverskynsels maar kan ‘n rol speel in die magsbalans proses. Die meeste kiesers is reeds so verblind deur die politiek dat hulle nie meer besef dat dit eintlik gaan oor dienslewering.

Henri ·

Nou hoe nou? In die ander berig se David (of Des) vav Rooyen hulle het nog net 37% adresse kon verifieer, Nou se M. Moepya hulle is in ‘n gevordere stadium met voorberydings , dan beskryf hy als wat al gedoen is en hy’s absoluut tevrede? O ja, nou verstaan ek…….Die slaagsyfer is 30%……….. Absoluut tevrede.

Theresa B ·

Wie gaan hierdie keer die “voorreg” hê om korrupsie met die papiere te pleeg?
Wonder maar net………………………………

Trolle ·

Hoekom is daai witgesig van daai vrou nog steeds op plakaat het sy dan nie die oorgegee aan iemand anders nie,is dit net om ons kiesers te mislei of wat?

BoereBikerBaby ·

Is julle reg om weer al die stembordjie advertensies op elke lamp paal te sien? Dit gaan nou weer ook vir jare weer ophang – tot die nuwe verkiesing seker. Ons strate lyk klaar so sleg met elke jan rap en sy maat wat advertensies op lamp pale hang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.