OVK maak munisipale verkiesing se uitslae bekend

vlag suid-afrika

Argieffoto

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Saterdagaand die amptelike uitslae van Woensdag se munisipale verkiesing by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria bekend gemaak.

Mosotho Moepya, hoof verkiesingsbeampte, het pres. Jacob Zuma, adjpres. Cyril Ramaphosa en ander afgevaardigdes by die uitslagsentrum verwelkom voor die finale uitslae bekend gemaak is. “Daar was talle keer die afgelope paar maande wat baie mense gedink het dié dag sal nie kom nie,” het Moepya gesê.

Volgens Moepya was vanjaar se munisipale verkiesing die moeilikste nog sedert die aanvang van die land se demokrasie. Moepya het gesê ʼn bykomende 1,3 miljoen mense is vir dié verkiesing geregistreer en meer as 740 000 aansoeke vir spesiale stemme is ontvang. Volgens Moepya het 58% van geregistreerde kiesers vanjaar hul kruisies getrek.

Glen Mashinini, voorsitter van die OVK, het hierna die amptelike uitslae bekend gemaak. Die uitslae in die Johannesburg-metro was egter nog nie beskikbaar nie aangesien uitslae in sommige wyke nog geverifieer en geoudit word.

Met die bekendmaking van die amptelike uitslae was nagenoeg 99% van die stemmery in die Johannesburg-metro voltooi. Die ANC het op daardie stadium 43,38% van die stemme gehad, die DA 39,66% en die EFF het 10,96%.
Nasionaal:

Die ANC het nasionaal 5 080 setels ontvang, die DA het 1 723 setels ontvang, die EFF het 731 setels ontvang, die IVP het 427 setels ontvang en die VF Plus het 66 setels ontvang. Die totale aantal stemme en persentasies is nie bekend gemaak nie aangesien die Johannesburg-metro se finale uitslae nog nie bekend was nie.

Mashinini het verder bekend gemaak dat die ANC ʼn meerderheid in 161 munisipaliteite landwyd behaal het terwyl die DA ʼn meerderheid in 19 munisipaliteite behaal het en die IVP ses munisipaliteite. In 26 munisipaliteite het geen party ʼn meerderheid gekry nie.

Mashinini het afgesluit deur vanjaar se munisipale verkiesing vry en regverdig te verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Cherokee ·

Hoe op aarde kan daar nou nog getel word aan ‘n dorpie soos Johannesburg se stemme as ‘n stad soos Westonaria s’n al bekend is? Skenk hulle calculators (in Engels sakrekenmasjiene) asseblief!

Arina ·

Die uitslae sluit die Johannesburgse metro uit waarvan nog 14 stempunte se getalle nog uitstaande. Geluk aan DA en IVP met hul groei. Baie spesiale geluk aan die VF + wat met hul 66 setels die 5de grootste party is, en behalwe vir die nuweling die EFF persentasie gewys die grootste gegroei het ten opsigte van setels. Weggegaan VF+ jul doen iets reg

Cherokee ·

Arina, dankie groot dankie vir jou updating en opsigtelik opgewonde gelukwense aan die partye. Ek steun jou woordeliks.

Celia ·

Kan mense hul boodskape oorlees voor hul die send knoppie druk- SPELLING/TIKFOUTE asb.Ons is Afrikaners en trots op ons taal. Dankie.

Eugene ·

Arina ai jy se die VF+ doen iets reg! In 2014 het hulle 165 000 stemme gekry landswyd 0.9%
nou in 2016 slegs 113 000 0. 76% . Hulle is 6de grootste nie 5de nie. Hulle kry 66 setels shame net die ANC het 5080 gekry. Geen faktor nie! Geen hoop party!

Amanda ·

Celia. Ek weet noe veel van boerdery nie, maar wat is boodskape?

Jef ·

Wat gaan nou gebeur as definitief al die stemme getel is, uitraard kom almal weer bymekaar tot orde van die dag en gaan alles weer aan waar hulle opgehou het.

Kobus ·

Julle moet gaan kyk wat daar toe werklik by die sluitings seremonie plaasgevind het, toe Zuma die podium bestyg om die gehoor waarin internasionale hoogeplaasdes was toe te spreek. Zuma se eskapades het hom ingehaal met vier dames wat voor die verhoog met plakkate gaan staan het om Zuma se skandes uit te wys.

Nog ‘n rede vir die ANC om aan sy uittrede te werk.

Cherokee ·

Zuma beter bly waar hy is. Ek het van mening verander en hoop Zuma ignoreer die konstitusie en bly waar hy is. Ek hoop hy aanvaar ‘n derde termyn en wees weer die prez. Daar is bewerings dat malema (wat deur sommiges hier liefderyk as Julius aangehaal word) gesê het dat as Zuma uitgeskop word sal hy terugkeer na die anc. Tel nou die EFF èn die ANC se stemme bymekaar en besluit of jy zuma wil uithê of nie.

jaco ·

Dis soos almal wat in 1989 moeg was vir PW Botha. Toe jaag hulle hom weg en FW de Klerk vat oor. En dis aan sy oorgee-beleid te danke dat ons land vandag in so n gemors is.

Se maar net ·

Malema is geskors uit Anc..Sal nie terug…Hoek staan die kleiner partye nie saam Da….Dink net….of se hoekom dit nie kan werk…Ek isVf+

Lance ·

Hy kan maar bly tot 2019 …werk baie goed om stemme te kry :)

Celia Tjaden ·

Welgedaan VryheidsFrontPlus- gaan van krag tot krag.
Ek het n kommentaar gesien wat se – hoe swak die VFPlus vaar! ons Afrikaners IS min! Hoeveel het nie eers geregistreer nie “want daar is nie n party vir hulle nie of een wat vir hulle iets doen nie!”Die VFPlus DOEN juis alles wat hulle KAN vir ons mense! Hulle veg in parlement met moed en deursettingsvermoe. Dis n skande dat mense sulke dinge kwytraak. Om nie vir hulle te stem nie want hulle is te klein en sal nie wen nie! Hul moet verteenwoordig word in die parlement. Moet hulle ook nie afbreek oor hulle bereid is om in koalisie te gaan met die DA nie- dit gaan daaroor dat ons die ANC moet laat VAL.Daarna kan ons die pettie goed uitsorteer. 2019- Nasionale verkiesing- gaan registreer asb as die tyd kom en gaan stem. As jy wegbly- is dit n stem vir die ANC!
As jy se die VryheidsFrontPlus doen niks vir jou nie, net die feit dat hulle baklei het teen plaasmoorde beteken hulle het iets vir jou gedoen- al is jy nie n plaasboer nie- dis JOU voedselsekerheid, jou land en jou mense.
Die VryheidsFrontPlus doen iets vir Suid Afrika- Die res doen net vir hulleself- gee niks en vat(gryp) net!

Ben Prinsloo ·

Jaco ek is bly jy haal die geval op. Ek het nog altyd gesê hierdie was n staatsgreep in die kleine wat FW en Pik op PW uitgevoer het, ons het dit net nie raakgesien nie. So bly om te sê ek het nooit in my lewe vir die Nasionale Party gestem nie. My oorlede Pa wat destyds in die Ossewa Brandwag en hy was baie kwaad vir my oor my politieke keuse maar het vir my in die middel tagtigs gesê hy kan nie glo die party waarvoor hy sy lewe gegee het het so onder sy blaker gaan uitskuif nie. Nogal hartseer as ek vandag terugkyk.

Eugene ·

Ben en Jaco julle leef nog in die Ossewa tydperk.Dit is geskiedenis. Tye het verander!

Anti DA ·

You can’t argue with a fool because he drags you down to his level and then beat you with experience.

Ben Prinsloo ·

Ja Eugene in daardie tyd kon ek nog veilig buite sit in die aand, n rand was n rand werd, kos en werk was volop en mense het nog omgegee vir mekaar en kerk toe gegaan. Maar as gevolg vansogenaamde vooruitgang sit ons waar ons vandag sit. Dit is hoekom ek dadelik sal opstaan as daar teen my veiligheid, taal en godsdiens gediskrimineer word. Die nadeel is egter as gevolg van jou vooruitgang Eugene regeer die “gelowiges in voorvadergeeste” ons – die enigste volk in die wereld wat toegelaat het dat n ander volk hom regeer terwyl hy deur hulle stelselmatig uitgemoor word en hy dan nog verplig word om hulle te onderhou en jy noem dit vooruitgang Eugene. Jammer ou maat ek gryp liewer die Ossewatydperk soos jy dit noem aan. Net so terloops en ek stel dit sommer reguit aan jou: dit is as gevolg van hierdie slapgat houding van my en jou wat ons wil wegkruip agter die woordjies van tye het verander. Jy weet seker Eugene die geskiedenis is geneig om hom self te herhaal, dan word verandering weer terug verander.

JJ ·

Julle kommentaar bekommer my. Ek dink die oorgrote meerderheid van julle mis die punt omdat julle so oud-Afrikaans is dat julle nie besef dat die wêreld vooruit beweeg nie. Dit klink vir my al te VF+. Word wakker, asb. Die wêreld beweeg vorentoe. Jy’s óf in óf uit

Charl ·

Nee, is reg JJ, die wereld loop aan. Maar wat nooit verander nie, is die mens se natuur. En om nie uit die verlede te leer nie, is dom. En dis waar talle oor die eeue heen die foute maak, keer op keer. Vertrou maar op Oom Paul se woord – leer uit die verlede. Jy sien, eitlik beweeg die wereld nie vorentoe nie – net die deelnemers wat oud word, doodgaan en vergeet word. Elke nuwe geslag dink hulke weet beter, doen beter en is beter – en eindig op deur presies dieselfde menslike foute te maak, net op n effens anderslykende verhoogmet effens anderslykende akteurs.

Dan ·

Ja JJ, in ’92 was dit ook die “in” ding om vir die Nasionale Party, en “ja” te stem. Die gevolge daarvan kan jy elke dag rondom jou sien, en as jy dit nie kan sien nie is jy blind. Dit is tyd dat JY en diegene wie soos jy dink wakker word. Dalk het die wêreld vooruitbeweeg, maar wat is in SA aan die gang? Vooruitgang? Jy het ‘n ernstige wanbegrip oor wat vooruitgang beteken.

Ferdi ·

Die waarheid maak vry. Min mense begryp waarmee ons werklik te doene het. Dit is tyd dat die waarheid uitkom en dat die klem verskuif vanaf rassepolitiek. Rassisme of rasseskeiding is die rookskerm. Die storie agter die storie agter die storie The Truth About South Africa – http://wp.me/p7D18q-L1

tom ·

Wil net weet malema se die eff sal saam met party,e werk as daai party hulle waardes vat soos grond onteining alle ontwikkeling, instand houding binne sogenaamde blanke dorps gebiede sal gestop word want die wit gebiede is bederf, ek wil net se hier kom groot probleme vir julle da span

Marina ·

Het ek iewers nuus gemis? Hoe was die 2016 stemmery regverdig en demokraties na al die berigte oor stembokse wat weggegooi was en die duisende ekstra onwettige ANC stembriewe waaroor berig was? En wat van dorpe waar die VF+ nie as stem-opsie beskikbaar was nie?

Malva ·

Marina in die woorde van ‘n oom: jy praat waar.
Verkiesing nie einde van J Zuma en kie…was net oorgerus.

Wakker akker ·

Ons moet opstaan teen plaasmoorde, en al die ander onregte wat gepleeg word, soos SEB en die uitwissing van ons taal en kultuur. Anders verdien ons die dood en elke ellende wat oor ons kom. Niks het met die verkiesing verander nie, ons moet nou opstaan anders is ons more net ook misdaadstatistiek, met niemand wat omgee of iets daaraan doen nie. Politiekery is vir dwase.

Wakker akker ·

Ons moet opstaan anders moet ons nie kla as ons verder uitgemoor word in ons huise nie. 40% van die parlement is SAKP lede. Waarvoor stem julle nog? Staan op of gaan onder.

Joe Olivier ·

Ek wonder nog steeds hoe daar in Tshwane met slegs 1,5milj geregistreerde kiesers n totaal van 1,7 milj stemme kon wees. Kyk ovk app. En dan het slegs 60%gestem?

Daenerys Targaryen ·

Ek sit en wag in angs en spanning op haar antwoord………

John ·

President Zuma het Saterdagaand gese, demokrasie swaai die septer, en dis so mooi en reg, maar sy gesig vertel ‘n ander storie. Hy is woedend. Nie een van sy vroue het dit eers gewaag om saam met die’ brullende leeu die funksie by te woon nie. Moeilikheid is oppad. Die ou stinkende koeie wat nou uit die slote die een na die ander opstaan, is olie op die vuur. Die ANC loop nog ver voor, maar President Zuma hou skynbaar van alleenheerskappy. Geen woord van kritiek teen Mogabe, ‘n aangetroude familielid, het nog ooit uit sy mond gekom nie. Ons prez kan heel moontlik die beleid van die EFF kaap en hul voorspring in hul planne vir allerhande vergrype ~ onthou, die sg vryheidsmanifes? Die gebeure by die SAUK is nie sonder ‘n basis wat iewers ingebed staan nie. ‘n Derde termyn gaan hy verseker probeer uitkalwe en nog een en…

Sarie ·

Die DA is ook vir Vryheidsmanifes dus sosialisme. Ons beweeg nou net van kommunisme na sosialisme As hulle met die EFF in Johannesburg en Pretoria saamwerk wat dit lyk wel die geval gaan wees sal die poppe dans. Hulle sal hare op hul tande moet hê en dinge soos plaasmoorde en grond gryp sal voortgaan.

marianna ·

Baie dankie Ferdi, joune was die enigste komentaar wat die moeite was om te lees. My oe het oopgegaan.

Ben Prinsloo ·

Sjoe marianna al het dit jou lank geneem wil ek jou darem gelukwens en sê ek is bly jou oë is uieindelik oop, soos jyself nou erken het.

Asb tog ·

Ek kon net lag en kop skud. Die meeste van julle is te besig om terug te kyk en dis hoekom julle nie kan sien wat tans aan die gaan is nie. Enige iemand wat dink die VF+ beteken iets moet gaan koffie gooi en wakker word. Vir afrikaans as kultuur is hulle goed maar in die politiek is hulle die party wat belangrike stemme weg hou va die DA wat wel ñ daadwerklike verskil kan maak. Haal af jou voortrekker kappie en sit neer jou Sanna. Dis 2016. Staan eerder saam as ñ trotse volk en steun saam aan ñ werklikheid as ñ lank verlore droom. Dit is verdeeldheid wat gemaak het dat ons is waar on is en dis verspulde melk. Ek stem saam. Leer uit die verlede om die toekoms te verander. Moenie daar gaan vassit nie. Dis tyd dat ons besef wie ñ verskil kan maak en wie nie en ñ eenheids strategie bewerk waar alle Afrikaners SAAM AS EEN ñ verskil en hoop vir die toekoms kan bevorder.

Ben Prinsloo ·

Nee Asb tog, uit al die skrywes hierbo lei ek af party Afrikaners is net nog nie op dieselfde vlak as die ander nie, met ander woorde as jy mooi gaan ondersoek doen wat is kommunisme sal jy agterkom hulle wil ons eintlik maar net insluk, taal, kerk en volk. Ek wil dit nie so hê nie. Ek het ook n bestaansreg. Watter politieke party staan vir taal, kerk en volk? Jy besluit self. As jy die antwoord daarop het sal jy sien jy sal nie meer lag en kop skud nie en eintlik het niemand meer kappies op nie en gebruik ons lankal nie meer sannas nie. Ek wil ook asb vir jou vra jy moet die stelling wat jy gemaak het rondom “trotse volk” vir ons beskryf, met ander woorde die Afrikanervolk of die sogenaamde reenboognasie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.