OVK maan kiesers

Argieffoto

Argieffoto

Die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) het Woensdag lede van die publiek gemaan om nie die naweek se landwye kieserregistrasie te belemmer nie.

Mosotho Moepya, hoofverkiesingsbeampte, het gesê die kommissie “doen ʼn beroep op die publiek om burgers ongehinderd toe te laat om te registreer en sodoende hul reg om te stem, uit te oefen”. Moepya het bygevoeg die OVK skakel sedert Maart met belanghebbendes in gemeenskappe waar die registrasie proses vroeër ontwrig was, om seker te maak dat dit dié naweek vlot verloop.

Met die vorige registrasie moes OVK beamptes uit sekere gemeenskappe verwyder word, weens kommer oor hul veiligheid weens protesoptrede.

Moepya sê die plekke waar protesoptrede die registrasieproses belemmer het, is Mahikeng en Marikana in Noordwes; Malamulelele, Musina, Mogalakwena en Northhampton in Limpopo; Bosbokrand in Mpumalanga; Khayelitsha in die Wes-Kaap; Denver, George Koch, en Orange Farm in Gauteng; Ethekwini en Jozini in KwaZulu-Natal; Nelson Mandelabaai, Butterworth en OR Tambo in die Oos-Kaap; Pampierstad in die Noord-Kaap en Maluti-a-Phofung in die Vrystaat.

Hy het ook ʼn beroep op alle stemgeregtigdes gedoen om van die finale registrasiegeleentheid gebruik te maak. Hy het gesê die OVK hoop om soveel as moontlik nuwe jong stemmers so ver te kry om by die 25,6 miljoen mense wat reeds geregistreer is, aan te sluit. Tans stem net 75% van stemgeregtigdes.

Nog 8 miljoen mense wat kwalifiseer om te stem het nog nie geregistreer nie en 80% van hulle is jonger as 30, het Moepya gesê. Die OVK doen ook ʼn beroep op kiesers om hul adresse te bevestig en op te dateer dié naweek.

Kiesers wat reeds geregistreer is, kan seker maak bykomende adres-inligting word nie benodig nie, deur hul ID-nommer na 32810 te SMS (smse kos R1). Kiesers kan ook hul kiesstatus bevestig deur *120*432# te bel, die OVK se webtuiste te besoek by www.elections.org.za of die inbelsentrum by 0800 11 8000 te bel tussen 07:00 en 21:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karma ·

Waar de (BLIEP) is MALAMULELELE, PAMPIERSTAD en MALUTI-A-PHOFUNG in SA (ja, ek weet in watter provinsies)? Het dié dorpe dalk voorheen ander name gehad? Eish, boeta, een van die dae is Kaapstad se naam sommer “!//-ka-\\o” (Khoisan). Jozi is mos al lankal Egoli en Pretoria Tshwane en Durban eTthekwini.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.